|
|
|
UIT DIE SKOOLHOOF SE KANTOOR
Week 2 van die matriekeksamen is agter die rug - en dit klink of alles klopdisselboom gaan. Die graad 12's het vandag die eerste Wiskunde-vraestel geskryf en Maandag volg Vraestel 2. Ons hoop dat jul enduit hard sal werk, Matrieks!
|
Die res van die skool begin eerskomende Maandag met hul finale assesserings vir die jaar, met die graad 8- en 9-leerders wat ook addisionele hersieningklasse vir Afrikaans en Wiskunde sal bywoon.
|
Ons wens al ons Jan van Riebeeckers groot sukses toe met die finale eksamen - jul harde werk sal beloon word! Die eksamentye is gister op die ouer-WhatsApp-groepe gedeel.
|
Ek wil graag baie dankie sê aan ons skoolgemeenskap wat verlede Saterdagaand se langtafel- en veilingfunksie bygewoon of ondersteun het. Ons bly werklik dankbaar vir almal se entoesiastiese meelewing en samewerking om ons skool tot hoër hoogtes te bly voer.
|
Ons verwelkom môre al ons nuwe graad 8's vir 2025 hier by die skool vir ’n spesiale verwelkomingsoggend. Die nuwe Jan van Riebeeckers sal deelneem aan sport- en kultuuraktiwiteite en hul ouers/voogde sal 11:30 by ons aansluit vir ’n belangrike inligtingsessie. Ons is dankbaar dat ons skoolgetalle bly groei en kan nie wag dat dié 113 nuwe leerders volgende jaar by ons aansluit nie. Daar is ook heelwat nuwe leerders wat volgende jaar in die ander grade by ons sal aansluit.
|
Die skoolbeplanning vir 2025 is goed op dreef en die meeste nuwe personeelaanstellings is ook nou gefinaliseer. Loer gerus na ons Facebook-blad om die profiele van hierdie knap nuwe personeellede te lees. Die kalender is reeds op ons webblad beskikbaar en word bygewerk soos datums gefinaliseer word.
|
|
|
AKADEMIE
|
|
|
|
Eksamentye - November 2024
|
- 13:00 Skool verdaag
- 13:15 Bus 1 vertrek
- 15:00 Bus 2 vertrek na rekke gym (13:30- 15:00)
- Graad 11 verdaag om 14:10.
- 13:00 Skool verdaag
- 13:15 Bus 1 vertrek
- 15:00 Bus 2 vertrek na Somersport / Netbalvaardigheid (13:30 - 15:00)
- Graad 10 verdaag om 14:10
- 13:00 Skool verdaag
- 13:15 Bus 1 vertrek
- 15:00 Bus 2 vertrek na - Somersport (13:30 - 15:00)
- 13:00 Skool verdaag
- 13:15 Bus 1 vertrek
- 15:00 Bus 2 vertrek na Summer festival spanne se oefening (13:30 - 15:00)
- Graad 10 verdaag om 14:10
- 12:00 Skool verdaag
- 12:15 Bus vertrek
- 12:00 Skool verdaag
- 12:15 Bus 1 vertrek
- 14:15 Bus 2 vertrek na Rekke gym (12:30- 14:00)
- 12:00 Skool verdaag
- 12:15 Bus 1 vertrek
- 14:15 Bus 2 vertrek na Somersport / Netbalvaardigheid (12:30 - 14:00)
- 12:00 Skool verdaag
- 12:15 Bus 1 vertrek
- 14:15 Bus 2 vertrek na Somersport (12:30 - 14:00)
- GEEN oefeninge 20 Nov
- 12:00 Skool verdaag
- 12:15 Bus 1 vertrek
- 14:15 Bus 2 vertrek na Summer festival spanne se oefening (12:30 - 14:00)
- Graad 10 GVS verdaag om 15:10.
- 12:00 Skool verdaag
- 12:15 Bus vertrek
25 November- Puntekontrole vir alle gr. 8 - 11 leerders 27 & 28 November: Interhuisatletiek (07:30 - 14:30) by die Boshoffveld
|
|
|
|
|
Graad 11 FW Werkswinkel: Vrydag, 22 November 2024
|
Ouers en leerders moet asseblief daarop let dat daar 'n verpligte FW-werkswinkel sal wees op Vrydag, 22 November 2024 vanaf 08:00-12:00. Nuwe Graad 12-werk sal behandel word.
|
Die Graad 12 kurrikulum vir FW is baie vol en veeleisend. Daarom is dit tot leerders se voordeel as ons reeds 'n goeie wegspring aan die einde van Graad 11 het. Leerders moet asseblief aanmeld by mev. Turkstra se klas met hul Organiese Chemie Graad 12 werksboeke. U samewerking word opreg waardeer.
|
|
|
|
|
|
|
2025-IGO-werkboeke: Graad 10, 11,12
|
Die IGO-werkboeke se voorraadgetalle is baie beperk en ons wil voorkom dat leerders nie werkboeke het nie. Ons wil graag vir ouers die geleentheid gee om dit reeds hierdie jaar op die Karri-toep te betaal sodat 'n bestelling geplaas kan word in November en die boeke dus in 2024 hier afgelewer kan word. Ons herinner ouers om voor Maandag, 4 November, die handboeke op die Karri-toep te betaal. Die Karri-lys is opMaandag, 21 Oktober, gelaai.
|
|
|
|
|
2025-Rekeningkunde-werkboeke: Graad 9, 10, 11,12
|
Die Rekeningkunde-werkboeke se voorraadgetalle is baie beperk en ons wil voorkom dat leerders nie werkboeke het nie. Ons wil graag vir ouers die geleentheid gee om dit reeds hierdie jaar op die Karri-toep te betaal sodat 'n bestelling geplaas kan word in November en die boeke dus in 2024 hier afgelewer kan word. Ons herinner ouers om voor 4 November die handboeke op die Karri-toep te betaal. Die Karri-lys word Maandag gelaai met die uitsondering van die graad 9-leerders wie se vakkeuses nog gefinaliseer word.
|
|
|
|
|
Graad 12: NSS-eksamenrooster
|
|
|
Die Departement van Basiese Onderwys (DBO) het die finale Nasionale Senior Sertifikaat- (NSS-) eksamenrooster bevestig. Hiermee die finale rooster met alle amptelike vakke asook ‘n opgesomde rooster met die vakke wat die skool aanbied. Let asseblief op die volgende op:
|
|
|
|
- Die NSS-eksamen sal op Maandag, 21 Oktober begin en op Donderdag, 28 November eindig.
- Alhoewel die eksamen op Donderdag, 28 November eindig moet kandidate tot die laaste dag van die skoolkwartaal (13 Desember) beskikbaar wees ingeval dit om enige rede nodig sou wees om ‘n spesifieke vak/vraestel te herskeduleer.
Alle ander inligting m.b.t. die NSS-eksamen sal mettertyd deur me. Steyn gekommunikeer word.
|
|
|
|
|
Redenaars 2025
|
Beste RaakpratersDie temas vir die 2025 ATKV-Redenaars is bekend! Kom neem jou standpunt in deur NOU al te begin dink, bronne bymekaar te maak en aan jou oorredende toespraak te skryf! Volg gerus die skakel na 2024 se deelnemersgids om te sien hoe só 'n toespraak moet lyk. Die datums vir die interne-redenaars, die ATKV-uitdunne en die opgedateerde gids sal binnekort gedeel word.
|
- Klatergoud
- Vergelyk
- Mengelmoes
- Debakel
- Agenda
- Wentelbaan
|
|
|
|
|
|
ALGEMEEN
|
|
|
|
|
Ons skoolfoto's is gereed om aanlyn bestel te word.
|
Bestellings sluit Dinsdag, 5 November. Kyk gerus na die aangehegte foto vir 'n stap-vir-stap verduideliking hoe om bestellings te plaas.
|
|
|
|
|
Vakansiewerk
|
HS Jan van Riebeeck wil graag, as deel van die verykkingsprogram, vir skoliere die geleentheid gun om betrokke te raak by die gemeenskap in die vorm van vakansiewerk. Vir baie leerders is dit hulle enigste kans om ondervinding op te doen om beroepskeuses te maak en om ook sakgeld vir die vakansie te verdien.
|
Indien daar geleentheid in u besigheid is vir ‘n leerder om gedurende die Desember skoolvakansie te kom werk, stuur ‘n e-pos aan Leande van Heerden (leande.vanheerden@janvanriebeeck.co.za) met die volgende inligting:
|
- Naam van die besigheid
- Posbeskrywing
- Vereistes aan leerder
- Kontakbesonderhede vir die pos
- Datums wat die pos beskikbaar is
- Vergoeding / geen vergoeding
|
|
|
|
|
|
Verandering in skoolwinkel tye
|
Die skoolwinkel se besigheidsure het verander na slegs Woensdae 07:00 - 07:30. Indien u enige ander tyd aankope wil doen, moet u asb. 'n afspraak met me. Sanette van Loggerenberg maak: sannette.loggerenberg@janvanriebeeck.co.za.
|
|
|
|
|
BORGE
|
|
|
|
|
|
|
|
Carina Stander boekbekendstelling
|
|
|
Hiermee word julle uitgenooi om die einde van die gewilde Bergengel-boekreeks saam met die skrywer Carina Stander te vier by Welgemeend, Saterdag 16 November. Hierdie is soveel meer as 'n boektoer, dis die afskeid van 'n era. Wink gerus julle vriende saam. Die pianis, Lisa Joubert, gaan vir ons 'n paar musiekstukke speel op die vleuelklavier en Carina sal in boekgesprek wees met Jonathan Amid.
|
|
|
|
Sy sal ook 'n aantal van haar inksketse saambring. Beperkte aantal plekke, bespreking via Plankton sluit 4 dae voor die tyd op Dinsdag,12 November.
|
|
|
|
|
|
|
Snapplify
|
Met Snapplify het leerders toegang tot hul voorgeskrewe digitale handboeke. Dié digitale leeroplossings kan die opvoedkundige ervaring vir die leerder verbeter. Hul Engage-platform bied waardevolle gereedskap, soos hul digitale biblioteek wat studentebetrokkenheid aansienlik kan verbeter.
|
Snapplify is nou in vennootskap met YourSchoolBox, wat hulle Engage-platform sal verbeter om die aankoop van skryfbehoeftes en handboeke vir ouers in die toekoms te vergemaklik. As 'n gewaardeerde Snapplify-kliënt/ouer, kan jy nou moeiteloos voordeel trek uit hierdie samewerking deur skryfbehoeftes teen kosprys aan te koop, wat reg deur die jaar tot 30% bespaar wat later die jaar beskikbaar sal wees op hul platform.
|
- Maak die kennisartikelskakel oop.
- Volg asb. die stappe noukeurig.
- Belangrike herinnering: Wanneer "Stap 3" in die artikel bereik word, moet die ouers op "TEKEN AAN MET GOOGLE" klik en niks anders nie. Hul hoërskoolprofiel moet dan verskyn, met hul e-posadres wat deur die skool uitgereik is. As dit nie die geval is nie, moet hulle 'gebruik 'n ander rekening' kies en dan hul e-posadres en ooreenstemmende wagwoord wat deur die hoërskool uitgereik is. Dit behoort hulle suksesvol te laat aanmeld.
|
|
|
|
MySchool-program gaan papierloos
|
|
|
Die MySchool-program gee om vir die omgewing en het besluit om vanaf 1 Julie 2024, nie meer enige papieraansoeke te aanvaar nie. In samewerking met die skool wil ons die gemeenskap aanmoedig om op enige van die volgende manier by die program aan te sluit en ook so die skool te ondersteun:
|
- Besoek hul webtuiste: www.myschool.co.za
|
|
|
2. Laai die MySchool- toep af.
|
3. Indien daar ouer is wat steeds die papieropsie verkies kan hulle die fisiese kaart by hul naaste Woolworths kry en die verkose begunstige (ons - Hoërskool Jan van Riebeeck) se naam SMS na 31231. Een van hul vriendelike konsultante sal u dan skakel om die aktiveringsproses vir die kaart te voltooi.
|
4. Ondersteuners wat die digitale roete wil volg, kan die skakel volg. Hoërskool Jan van Riebeeck is dan reeds gelaai as die verkose begunstigde.
|
|
|
|
|
|
|
NETwerf!
|
|
Teken in en help ons wen! Klik op hierdie skakel om op Netwerk24 in te teken teen ‘n spesiale prys en help ons skool geld maak wat ons weer kan terugploeg. Wie nie werf nie, wen nie!
|
|
|
|
|
|