Nuusbrief-header
29 April 202
Geagte Ouers

Almal is steeds baie deurmekaar oor die heropening van die skole, maar dit blyk op die stadium dat dit moontlik nié volgende week gaan wees nie. Ons het nog geen amptelike kommunikasie van die WKOD ontvang nie, maar wees asseblief verseker dat ons u so gou as moontlik sal inlig oor die stand van sake en oor die protokol wat by die skool gevolg sal word wanneer leerders weer terugkeer.

Intussen gaan als voort op Google Classroom soos normaal.

Baie dankie vir u geduld in die opsig. Ons hoop om binnekort die korrekte nuus met u te kan deel!

Vriendelike groete
Lizette Visser
facebook instagram custom 
MailPoet