Wapen (VrydagFiltse)
19 Mei 2023
facebook instagram custom 
Goeiedag Ouers/Voogde

Nog ’n bedrywige week by Hoërskool Jan van Riebeeck is verby en ons leerders en personeel is volstoom aan die voorberei vir die belangrike eksamen wat volgende Donderdag begin. Baie sterkte aan almal - jul harde werk sal beloon word!

Ek doen weer ’n beroep op u om te verseker dat u kind getrou skool bywoon tot volgende Woensdag - belangrike konsolidering en hersiening vind nou in die klasse plaas. Geen leerder kan bekostig om nie by die skool te wees nie.

Ons is opgewonde dat ons volgende bouprojek ook vandeesweek afgeskop het. Ons sal oor sowat 12 weke spog met ’n splinternuwe amfiteater as finale fase van die studentepleinprojek. Baie dankie aan mnr. Jean Lombaard (voorsitter van ons grond-en-geboue-komitee op die beheerliggaam) en sy span wat baie hard agter die skerms werk om hierdie spesiale projek te bestuur. Ons sien baie uit na die eindresultaat!

Ons is ook tans besig met opknappingswerk in ons seunskoshuis en hier speel mnr. Lomaard ook ’n sleutelrol as projekbestuurder. Hy word bygestaan deur me. Riana Viljoen en mnr. Jacques Steyn wat gaan sorg dat ons badkamers en koshuiskamers binnekort ’n vars nuwe baadjie sal dra. Ons het groot waardering vir jul kundigheid en tyd om ons te help om die skool se fasiliteite verder uit te bou.

Daar volg binnekort nog heerlike vernuwing op vele terreine by ons skool en opwindende inisiatiewe word deurentyd beplan - ons is waarlik opgewonde oor die veranderinge wat beslis bydra tot ons strewe na uitnemendheid hier by Jan van Riebeeck.
**************************************************************************************************
ONZE JAN-BORGVORMS: KWARTAAL 2
Die tweede uitgawe van ons skoolkoerant verskyn aan die einde van die kwartaal en u/u onderneming word weer uitgenooi om ’n advertensie in dié tydskrif te bespreek.
Kliek gerus hier om na al die opsies te kyk. By voorbaat dankie vir u ondersteuning.

EMMA SADLEIR BY HOUT BAY INTERNATIONAL SCHOOL
Die bekende prokureur Emma Sadleir, bied eersdaags ’n ouerskappraatie by Hout Bay International School aan om ouers oor die verantwoordelike gebruik van sosiale media en aanlyn praktyke deur kinders in te lig. Kliek gerus hier vir meer inligting: https://fb.watch/kpziqirdrn/?mibextid=Nif5oz

AKADEMIE
Junie-eksamen: Graad 8-12
Die eksamen vir alle graad 8- tot 12-leerders skop volgende Donderdag, 25 Mei af.

Neem asseblief kennis dat die skryftye vir graad 10-Besigheidstudies en graad 11-RTT verander het. Neem ook kennis dat die leerders op 19 Junie vraestelle kontroleer en dat die graad 12's se Winterskool op 20 Junie begin soos aangedui op die eksamenrooster. Die eksamenrooster is weer hier aangeheg.

Daar sal eksamenhulpklasse aangebied word vir graad 8 tot 12 Wiskunde, graad 10 tot 12 Wiskundige Geletterdheid, graad 8 tot 12 Afrikaans en in sommige grade vir English FAL en English HL. Alle leerders word aangemoedig om van hierdie wonderlike afronding- en leergeleentheid gebruik te maak!
Kliek gerus hier om die rooster af te laai.

Ouers word daaraan herinner dat hul die akademiese hoof, me. Serrao, dadelik moet kontak by liza.serrao@janvanriebeeck.co.za indien u kind die dag nie ’n eksamen kan aflê nie. Ouers moet dan ook so gou as moontlik ’n mediese sertifikaat by me. Sterrenberg indien.

Rig asseblief enige verdere navrae in verband met die eksamen aan me. Serrao, die eksamenhoof, by liza.serrao@janvanriebeeck.co.za.

SPORTOEFENINGE EN BUSTYE
Gedurende die eksamen gaan ons steeds voort met sportoefeninge en leerders verklee gedurende tweede pouse. Op die dae waarop sportoefeninge plaasvind, verdaag die skool eers om 14:00. Leerders wat nie aan sport deelneem nie, gaan voort met studie of kan eksamenhulpklasse bywoon. Leerders moet sorg dat hul die nodige boeke en/of werk inpak skool toe om dit te kan doen.

Die rugby-, hokkie- en landloopleerders word met bussies na die velde vervoer en kan weer om 14:00 by die onderskeie velde (Boshoff / Buys / St Micheal's) opgetel word. Die busse sal ook later vertrek op hierdie dae.

  • Donderdag, 25 Mei 2023: SKOOL VERDAAG OM 12:15 (Bus vertrek 12:25)
  • Vrydag, 26 Mei 2023: SKOOL VERDAAG OM 12:15 (Bus vertrek 12:25)
  • Maandag, 29 Mei 2023: Rugby, netbal, hokkie, tafeltennis en landloop SKOOL VERDAAG OM 14:00 (Bus vertrek 14:10)
  • Dinsdag, 30 Mei 2023: SKOOL VERDAAG OM 12:15 (Bus vertrek 12:25)
  • Woendag, 31 Mei 2023: Rugby, netbal, hokkie, tafeltennis en landloop SKOOL VERDAAG OM 14:00 (Bus vertrek 14:10)
  • Donderdag, 1 Junie 2023: SKOOL VERDAAG OM 12:15 (Bus vertrek 12:25)
  • Vrydag, 2 Junie 2023: SKOOL VERDAAG OM 12:15 (Bus vertrek 12:25)
  • Maandag, 5 Junie 2023: Rugby, netbal, hokkie, tafeltennis en landloop SKOOL VERDAAG OM 14:00 (Bus vertrek 14:10)
  • Dinsdag, 6 Junie 2023: SKOOL VERDAAG OM 12:15 (Bus vertrek 12:25)
  • Woendag, 7 June 2023: Rugby, netbal, hokkie, tafeltennis en landloop SKOOL VERDAAG OM 14:00 (Bus vertrek 14:10)
  • Donderdag, 8 Junie 2023: SKOOL VERDAAG OM 12:15 (Bus vertrek 12:25)
  • Vrydag, 9 Junie 2023: SKOOL VERDAAG OM 12:15 (Bus vertrek 12:25)
  • Maandag, 12 Junie 2023: Rugby, netbal, hokkie, tafeltennis en landloop SKOOL VERDAAG OM 14:00 (Bus vertrek 14:10)
  • Dinsdag, 13 Junie 2023: SKOOL VERDAAG OM 12:15 (Bus vertrek 12:25)
  • Woendag, 14 June 2023: Rugby, netbal, hokkie, tafeltennis en landloop SKOOL VERDAAG OM 14:00 (Bus vertrek 14:10)
  • Donderdag, 15 Junie 2023: SKOOL VERDAAG OM 12:15 (Bus vertrek 12:25)

    Rig asseblief enige navrae in verband met die sportprogram aan mnr. Abré van Heerden by abre.vanheerden@janvanriebeeck.co.za.

    By voorbaat dankie vir u samewerking!

    Cambridge-program
    Neem asseblief kennis dat me. Roosmaryn Schwartz die Cambridge-program vir die volgende jaar sal bestuur. Ouers/Voogde is welkom om haar te kontak vir enige navrae: roosmaryn.schwartz@janvanriebeeck.co.za.

    Graad 12-Engels Eerste Addisionele Taal-uitstappie
    Alle graad 12-leerders word uitgenooi om Woensdag, 24 Mei om 14:00 die vertoning van “My Children! My Africa!” by Artscape by te woon. Kaartjies kos R100 en belangstellende leerders moet voor Dinsdag hul kaartjies op Karri betaal. Busvervoer vanaf die skool is ook beskikbaar. Kontak gerus me. Parker vir enige verdere navrae: ruby.parker@janvanriebeeck.co.za.

    Geskiedenis-olimpiade
    Alle graad 10 tot 12 leerders word uitgenooi om aan die HOZA senior Geskiedenis- olimpiade deel te neem. Dit vind op Dinsdag, 23 Mei direk na skool aanlyn plaas en die koste is R50.
    Betalings moet teen 18 Mei op Karri of by die finansieskantoor gemaak word.
    Kom toets jou algemene kennis en geskiedenisvaardighede!

    Afrikaans Junior ATKV-Olimpiade
    Alle graad 8- en 9-leerders word genooi om in te skryf vir vanjaar se olimpiade. Die koste beloop R50 per leerder. Die sluitingsdatum is Maandag, 22 Mei om 14:05.

    UP-Wiskundekompetisie
    Hierdie kompetisie vind op 14 Augustus vanaf 14:00-16:00 plaas en alle graad 8- tot 11-Wiskundeleerders kan deelneem.

    Ons wil vanjaar graag alle ouers/voogde vra om u kind aan te moedig om aan die Wiskundeolimpiade deel te neem. Hierdie olimpiade fokus op Wiskunde en die waarde van probleemoplossing en ontdekking. Dit bied ook vir u kind blootstelling aan alternatiewe Wiskundeprobleme.

    Die inskrywingsfooi is betaalbaar op Karri. Die koste per inskrywing is R30 per leerder en die sluitingsdatum is 20 Mei. Daar is weer vanjaar ‘n opsie om ‘n donasie te maak.

    GRAADSAKE
    Graad 9
    Neem asseblief kennis dat me. Sonet Meyer vanaf volgende week met verlof is en aan die begin van Kwartaal 3 terugkeer skool toe. Mnr. Wilbur Kastoor neem vanaf eerskomende Maandag, 22 Mei die graadhoofskap vir ons graad 9-groep oor.
    Hierdie reëling sal vir die res van die jaar geld. U is welkom om met hom kontak te maak by wilbur.kastoor@janvanriebeeck.co.za vir enige graad 9-sake.

    SPORT
    Sportprogram: 22 tot 27 Mei
    Kliek gerus hier om volgende week se sportprogram af te laai. Sterkte aan al ons spelers!

    KULTUUR
    Drama-eisteddfod
    Die drama-afdeling van die Kaapse Afrikaanse Eisteddfod is uitgestel tot Saterdag, 3 Junie. Alle leerders wat ingeskryf het, moet eerskomende Woensdag, 14 Mei, direk na skool in me. Taljaard se klaskamer bymekaarkom vir ’n belangrike repetisie.

    VERRYKINGSPROGRAM
    Wolraad Woltemade-gedenklesing
    Dit is vanjaar 250 jaar gelede toe een van die grootste heldedade in Suid-Afrikaanse geskiedenis ‎afgespeel het op ’n stormagtige, donker nag in Tafelbaaihawe op 1 Junie 1773.

    Die Duitsgebore ‎Wolraad Woltemade het met sy perd die lewens van 14 mense gered vanaf ’n sinkende skip voor ‎hy en sy perd daardie nag in die see verdrink het.‎

    Die FAK in die Wes-Kaap nooi alle Jan van Riebeeckers uit na ’n Wolraad Woltemade-gedenklesing deur die ‎bekende geskiedskrywer en VOC-kenner, dr. Dan Sleigh.
    Die lesing word aangebied in ‎samewerking met Stigting VOC. Kom hoor die ware feite oor hierdie groot, maar vergete ‎heldedaad soos dit nagevors is uit dokumentasie in die Kaapse argief. ‎

    Datum: Saterdag, 3 Junie
    Tyd: 10:30
    ‎Plek:‎ SASNEV, Central Square 4, Pinelands ‎
    Voorafinskrywing teen Dinsdag 30 Mei word vereis vir logistieke doeleindes. ‎

    Skryf in by die skakel https://forms.gle/d2WYgh66xcS6ZDSk6

    Kuns- en fotografiekompetisies
    Alle Jan van Riebeeckers word uitgenooi om vir die volgende kreatiewe kompetisiegeleenthede in te skryf:
    Kaapse Afrikaanse Eisteddfod vir Kuns en Fotografie (Gr. 8-12) – die sluitingsdatum vir inskrywings is 23 Junie.
    Die FAK Internasionale Afrikaans-Ekspo vir Kuns en Fotografie (Gr. 8-12) – sluitingsdatum is 18 Julie.
    Die Tygerberg Kunssentrum Portretkompetisie vir Gr. 8-10-leerders (Kuns) - sluitingsdatum is 31 Augustus.
    Alle inligting is by Me. Vrey beskikbaar.

    MUSIEK
    Skoolkoor
    Ons skoolkoor het 'n bedrywige paar weke wat voorlê en ons verstaan dat daar menige ander aktiwiteit ook gebeur, maar na so 'n suksesvolle uitvoering by Hugo Lambrechts in Maart, beloof 2023 om 'n groot jaar vir ons te wees.

    Hier volg die reëlings rondom repetisies en optredes vir die res van Meimaand:

    Vrydag, 19 Mei: Repetisie, 14:30 tot 18:30 (koshuis verskaf aandete om 17:00 - betaal asseblief R50 op Karri.)
    Maandag, 22 Mei: Repetisie, 14:15 tot 16:00
    Dinsdag, 23 Mei: Geen repetisie - leerders by sportoefeninge betrokke
    Woensdag, 24 Mei: Repetisie, 14:15 tot 16:00
    Donderdag, 25 Mei: Repetisie, 14:15 tot 16:00
    Optrede by Laerskool Gene Louw as deel van die ATKV-Applous Nasionale Koorkompetisie se streeksfees om 19:00. Die bus sal om 16:30 vanaf die skool vertrek. Ons optrede is 20 minute en dan gaan die leerders weer terug huis/skool toe.

    SKOOLWINKEL
    Die skoolwinkel is op Maandae en Woensdae vanaf 13:30 tot 14:30 oop.

    Geniet die naweek - sterkte aan ons leerders wat die skool die naweek op die sportveld verteenwoordig!

    Pieter Rademeyer
    Skoolhoof
    Email Marketing Powered by MailPoet