Nuusbrief-header
3 April 2020

Belangrike Datums



>> Besoek die volledige kalender op die webtuiste <<

Boodskap van ons waarnemende hoof

Geagte ouer / voog

Aan die begin van week 2 van inperking het ons steeds nie duidelikheid oor die skoolkwartale vir die res van 2020 nie. Sodra ons enige kommunikasie van die DBE ontvang, sal ons dit dadelik vir u deurstuur.

Intussen berei ons as skool voor om op 14 April met Google Classroom te begin. Ons het die afgelope week baie ure spandeer aan beplanning en onderwysers werk tans hard om die sillabus vir afstandsonderrig aan te pas. Hulle is ook besig met die bemeestering van Google Classroom self.

Ons sal in volgende week vir u, sowel as u kind, touwys maak in die gebruik van hierdie handige App. Gelukkig is baie van ons jonger leerders reeds hiermee vertroud.

Ons moedig ouers aan wat probleme het met die aflaai van werk, om hul kind se graadvoog so spoedig moontlik te kontak. Hier is 'n volledige lys van ons personeel se e-pos-adresse.

Baie dankie vir u ondersteuning met die vakansiewerk wat u kinders ontvang het. Onderwysers het reeds heelwat navrae beantwoord. Ons stuur komende Maandag weer vir u 'n skakel met werk vir die week. Moedig u kind aan om daagliks tyd te maak vir akademie.

Me Mauermann is oorkoepelend in beheer van akademie. Kontak haar gerus indien u enige navrae het.

Daar is ook baie ekstra gratis hulpbronne beskikbaar. Sien gerus onder. Ons dateer die bladsy op wanneer ons belangrike inligting of skakels ontvang. (Kyk gerus bv na Vodacom se e-skool waar u verniet handboeke kan aflaai.)

Ten slotte, versorg uself en u gesin deur die voorskrifte te volg. Sien ook om na u gesin se emosionele welstand en gebruik die geleentheid om tyd met u tienerkind te spandeer.

Kontak my gerus indien nodig.

Lizette Visser
Waarnemende hoof

Ekstra hulpbronne tydens inperking

Ekstra hulpbronne tydens inperking
30 Maart 2020

1. Vorige NSS-vraestelle en -memorandums: https://bit.ly/2WTbUAT
2. RSG-uitsendings gemik op matrieks: https://bit.ly/2QSjOqk
3. Die wolkskool is gratis vir alle leerders tot 30 Junie. Vir alle grade en verskeie vakke in Afrikaans. (Registreer hier: https://bit.ly/33V0JZX)
4. https://wcedeportal.co.za/
5.https://www.education.gov.za/
6. Advies vir diegene wat nou by die huis studeer: https://bit.ly/3awmCB8.
7.Inligting en ekstra skakels van minister Debbie Schäfer https://wcedonline.westerncape.gov.za/news/schools-are-closed-learning-open-part-1

31 Maart 2020

Indien u weet van enigiemand wat dringend kospakkies tydens inperking benodig, kontak gerus 08004288364. Die staat versprei voedsel aan mense in nood.

3 April 2020

1. Hulpbronne vir graad 12's.
2. WKOD se gratis lys van hulpbronne.
3. Vodacom se gratis e-skool (indien u by die netwerk geregistreer is) waar u ook handboeke verniet kan aflaai.



Lees verder
facebook instagram custom 
MailPoet