Wapen (VrydagFiltse)
21 Julie 2023
facebook instagram custom 
Goeiedag Ouers/Voogde

Baie welkom terug aan al ons Jan van Riebeeckers! Ons hoop dat u die wintervakansie geniet het en reg is vir ’n opwindende derde kwartaal.

Ons is verheug dat me. Elize von Versen na vier maande se kraamverlof weer terug is by JvR - baie welkom en sterkte vir die nuwe kwartaal. Me. Von Versen hervat haar taak as graad 11-graadhoof asook vakhoof van die Handelsvakke. Ons is net so baie bly om me. Sonet Meyer na haar langverlof verlede kwartaal, terug te verwelkom. Die Rekeningkunde-leerders is weer terug in haar knap hande en vir seker opgewonde om haar weer in die klas te hê.

Mnr. Wilbur Kastoor gaan steeds tot die einde van die jaar voort as graad 9-graadhoof en me. Ella van Rensburg staan hom vanaf die kwartaal by as assistent-graadhoof. Mnr. Hans-Peter Klink skuif dan vanaf die graad 9's na die graad 8-groep en tree tot aan die einde van die jaar as assistent vir me. Nimmo op. Baie sterkte aan dié kollegas in hierdie belangrike pastorale rol.

Ons het ook die wonderlike nuus ontvang dat mnr. Jan Henning en me. Nino van der Merwe die afgelope vakansie verloof geraak het! Ons is saam met hul baie opgewonde en wens hul als wat mooi is toe vir hul huweliksreis wat binnekort afskop!

Die matrieks se mondelingmoderering vir Engels (Huistaal en Eerste Addisionele Taal) het reeds die week plaasgevind en ons Jan van Riebeeckers het die vakadviseurs beïndruk met uitstekende mondelinge werk. Baie geluk en dankie aan mnr. Claassen en me. Parker vir hul goeie voorbereiding - beide groepe spog vanjaar met puik graadgemiddeldes vir hul mondelingwerk!

Baie dankie aan al die ouers wat Woensdag die ouerbesoeke bygewoon het om u kind se akademiese vordering met die onderwysers te bespreek. Indien u nie die betrokke onderwyser tydens dié sessie kon spreek nie, is u altyd welkom om kontak te maak en ’n afspraak te reël - die onderwysers se deure staan oop vir ons ouers/voogde om enige bekommernisse te bespreek.
Ek wil u ook aanmoedig om te verseker dat u kind(ers) gebruik maak van die talle intervensieklasse wat ons soggens voor skool aanbied indien hul verdere akademiese hulp benodig.

Die sport en kultuur teen Hoërskool DF Malan skop vanmiddag af. Baie sterkte aan al ons leerders wat betrokke is - ons sien uit na ’n baie opwindende naweek!
Die volledige program is reeds op die JvR-WhatsApp-groep gedeel, maar kliek gerus hier om dit weer af te laai.

Ons bied weer ’n propvol kwartaalprogram aan al ons Jan van Riebeeckers en ek hoop werklik dat almal ywerig en met groot entoesiasme sal deelneem. Geniet dit!
***************************************************************************************************AKADEMIE
Kwartaal 2-uitslae
Ons is werklik trots op uitstaande uitslae van die tweede kwartaal! Die Top 20-akademiese presteerders per graad sal Maandag tydens die saalbyeenkoms aangekondig word.

Winterskool: Graad 12-Rekeningkunde
’n Herinnnering aan die graad 12-Rekeningkundeleerders van hul Winterskooldatums: Maandag, 24 Julie en Maandag, 31 Julie vanaf 14:15 tot 16h00 in me. Meyer se klas.

Fisiese Wetenskappe: intervensietye vir Kwartaal 3
Let asseblief daarop dat die intervensietye vir graad 10 en 11 verander het.
Die graad 11's het vanaf hierdie kwartaal verpligte intervensie vanaf 7:10 op ’n Donderdagoggend.

Turkstra, L

Dinsdag
Woensdag
Donderdag
7:10 – 8:00
7:00 – 7:40
7:10 – 8:00
Gr 12 FW VERPLIG
Gr 10 FW
Gr 11 FW VERPLIG
Kontak gerus
met Taljaard
vir enige navrae
Wetenskapolimpiades
Baie sterkte aan al ons leerders wat volgende week aan verskeie Wetenskapolimpiades deelneem. Die volledige lys van inskrywings volg hieronder.

Lewenswetenskappe: Dinsdag, 25 Julie 2023 (14:00-17:00)
1
Aidan
du Plessis
11
2
Carla
Bezuidenhout
11
3
Toby
De Ruiter
11
4
Layla
Erasmus
11
5
Sofia
Goosen
11
6
ElzaJess
Henderson
11
7
Charlton
Humphreys
11
8
Anne
Liebenberg
11
9
Teneasha
Oncke
11
10
Isabel
Mascher
11
11
Amber
Roberts
11
12
Liezel
Snijders
11
13
Mari
Swanepoel
11
14
Jacomina
Van Rooyen
11
15
Alexander
De Jongh
10
Natuurwetenskappe: Woensdag 26, Julie 2023 (14:00-17:00)
1
Abigail
Els
9
2
Albert
Griesel
8
3
Altus
Van Niekerk
8
4
Amelie
Botha
8
5
Anna
Dawes
8
6
Bea
Orffer
9
7
Cara
Swanepoel
8
8
Carla
Snijders
9
9
Cuthanzario
Winter
9
10
Daniel
Welgemoed
8
11
Daniel
Wasserman
9
12
Dewald
Buitendag
8
13
Dewald
Pretorius
8
14
Elle
Nortje
9
15
Emke
Van Wyk
8
16
Famke
Schwartz
9
17
Francois
Joubert
8
18
Fredrich
Erasmus
9
19
Helene
Greeff
8
20
Jacoba
Scholtz
8
21
Katarina
Oosthuizen
8
22
Keena
Humphreys
9
23
Lara
Warren
8
24
Lara
Basson
8
25
Lene
Van der Walt
8
26
Logan
McChallaghan
8
27
Logan
Hoogbaard
9
28
Lola
Henderson
8
29
Luca
Zulch
9
30
Lumarié
Fourie
9
31
Mia
Boshoff
8
32
Mia
Cruywagen
8
33
Mia
Symington
9
34
Milla
Joubert
8
35
Nayla
Walker
9
36
Nicolaas
Grutter
8
37
Owen
Wiese
8
38
Steffan
De Kock
9
39
Susan
Burger
8
40
Thay
Matjan
8
41
Werner
Seraphim
8
42
Xena
Du Toit
9
43
Thomas
Boshoff
8
Fisiese Wetenskappe: Donderdag, 27 Julie 2023 (14:00-17:00)
1
Alexander
de Jong
10
2
Andries
Becker
11
3
Layla
Erasmus
11
4
ElzaJess
Henderson
11
5
Peet
Karsten
11
6
Amber
Roberts
11
7
Liezel
Snijders
11
8
Mari
Swanepoel
11
9
Pierre
Becker
10
10
Hein
Muller
10
11
Cohin
Rossouw
10
SPORT
Sportprogram: Kwartaal 3 en uitslae die afgelope kwartaal
Kliek gerus hier om die volledige sportprogram vir Kwartaal 3 af te laai asook die opsomming te sien van al ons uitslae die tweede kwartaal.

KULTUUR
Koor
Die koor repeteer eerskomende Maandagmiddag vanaf 14:15 tot 16:00 - maak asseblief seker almal is teenwoordig. Ons optredes by ons eie Tafelberg Koorfees is om die draai en ons moet begin met nuwe musiek-aanleer met die oog op ons toer aan die einde van die kwartaal.

Tienertoneel
Ons het vanjaar nie minder nie as drie tienertoneelproduksies wat aan verskeie kompetisies gaan deelneem.

Ons bied vanjaar met trots aan:
As die donker my roep - deur Darren Cloete (teks en regie)
Die Dowwe Digtersklub - deur Linda van der Walt (teks en regie)
praat gou weer - deur Kanya Viljoen, met regie deur Melissa Myburgh

Ons nooi almal uit om ons drie spogproduksies te ondersteun met hul eerste optrede volgende Donderdag, 27 Julie om 18:00 in die skoolsaal. Kaartjies is teen slegs R50 op Quicket beskikbaar: https://qkt.io/dEyq8R. Kaartjies sal ook by die deure beskikbaar wees en heerlike pannekoek word by die snoepie verkoop. Moenie dit misloop nie!

VERRYKINGSPROGRAM
JvR-Kunstefees 2023
Ons bied vanaf 1-4 Augustus ons tweede kunstefees aan en alle Jan van Riebeeckers is baie welkom om deel te neem. Kliek gerus hier vir al die inligting en skryf volgende week by die spesifieke kontakonderwysers in:
Musiek (instrumentaal en sang) - Me. Du Toit
Toneel en Voordrag - Me. Taljaard
Kuns en Fotografie - Me. Vrey
Spelathon, Talethon, Kreatiewe skryfwerk en Lees - Me. Van Rensburg

Welgemeend Maand van Kuns
Ons sien uit na ’n besondere kunsmaand vanaf 2 tot 31 Augustus!
Vanjaar se tema, Kaapse oomblikke, beloof om besoekers te beïndruk en te bederf met ongelooflike kunswerk en heerlike kuiergeleenthede.
Kliek gerus hier om na die algemene advertensie te kyk en hier om die volledige program af te laai. By voorbaat dankie vir almal se ondersteuning!

ALGEMEEN
Drieankerbaai Gemeente-veiling
Ondersteun gerus Drieankerbaai Gemeente se jaarlikse veilingpoging om 18:00 op 8 Augustus. Kliek hier vir al die inligting!

Geniet die naweek - ons sien mekaar langs die sportveld by DF Malan!

Pieter Rademeyer
Skoolhoof
Email Marketing Powered by MailPoet