|
|
|
UIT DIE SKOOLHOOF SE KANTOOR
Nogmaals baie dankie aan elke ouer/voog wat ons verlede naweek tydens ons interskole in Moorreesburg kom ondersteun het. Die twee dae by Dirkie Uys is gekenmerk deur goeie uitslae, goeie sportmanskap en goeie JvR-gees. Ek is ook dankbaar vir elke onderwyser wat die naweek aan diens was en gesorg het dat al ons kultuur- en sportgroepe op hul pos is. Ons sien daarna uit om Dirkie Uys weer volgende jaar hier by ons te verwelkom!
|
U sou dalk ons advertensies raakgelees het waarin talle nuwe poste vir 2024 geadverteer word. Ons is opgewonde oor ’n klomp nuwe verwikkelinge op akademiese en verrykingsgebied en die beplanning vir volgende jaar is nou in alle erns aan die gang. Ons faseer Ontwerp as vak vir ons graad 10's in en beplan om veral ons juniors blootstelling aan derde tale te gee. Die aansoeke sluit volgende Vrydag en ek nooi u graag uit om die advertensie ook aan u netwerk te stuur sodat ons die heel beste moontlike aansoeke kan ontvang.
|
Ons is ook opgewonde dat ons skoolgetalle groei en is trots dat ons volgende jaar ’n hele nuwe graad 8-klas byvoeg. Die getalle in al die ander grade van die skool groei ook sterk en daarom benodig ons in ’n paar departemente nog onderwyserhande om te verseker dat die kwaliteitonderrig voortgesit word. Ons wil ook altyd ons leerdergetalle per klaskamers laag hou.
|
Ons het die hartseer nuus ontvang dat twee van ons personeellede ons binnekort verlaat.
|
Mnr. Geruan Geldenhuys verlaat Jan van Riebeeck aan die einde van 2023 en het ’n pos as vakmusiek-vakhoof by St. Stithians College in Johannesburg aanvaar. Ons is baie dankbaar vir die ongelooflike puik werk wat mnr. Geldenhuys hier by ons gedoen het en ek is doodseker dat sy toekoms in musiek en die onderwys nog tot groot hoogtes gaan lei. Ons wens hom net die mooiste toe vir ’n baie blink toekoms!
|
Me. Ella van Rensburg verlaat ons aan die einde van die kwartaal. As jong onderwyser het me. Van Rensburg die afgelope twee jaar haar merk op soveel fasette van die skoollewe gelaat. Sy is ’n hoogs gerespekteerde en gewaardeerde kollega en onderwyser en die leerders in die Afrikaans- en Engelsklasse sal haar werklik baie mis. Me. Van Rensburg en haar verloofde, Lolo Fick, trou binnekort en gaan hul in die Boland vestig. Die skool wat die dienste van hierdie besondere onderwyseres bekom, kan hul baie gelukkig ag.
|
Ek hou graag die skoolgemeenskap op hoogte van nuwe aanstellings soos dit afgehandel word.
|
|
|
|
|
AKADEMIE
|
|
Graad 12-rekordeksamen: leerdersgids
|
|
|
Assesseringsprogam: Kwartaal 3
|
Kliek hier vir die assesseringsprogram vir kwartaal 3.
|
|
|
Intervensie: Kwartaal 3
|
|
|
Kliek hier vir die intervensieprogram vir kwartaal 3. Alle Jan van Riebeeckers word aangemoedig om die intervensieklasse getrou by te woon!
|
|
|
|
|
Gr. 12-aansoeke vir merietetoekennings
|
Alle graad 12's wat aansoek wil doen om meriete-toekennings tydens die prysuitdeling vir aktiwiteite buite skoolverband te ontvang, moet asseblief die onderstaande skakel teen Vrydag, 1 September invul. Slegs aansoeke wat op die onderstaande vorm ingedien is, sal oorweeg word. Toekennings sal gemaak word in lyn met die Hoërskool Jan van Riebeeck se opgedateerde merietebeleid.
|
|
|
|
|
Fisiese Wetenskap: Graad 11
|
Let asseblief daarop dat die Graad 11 FW-prakties geskuif word na Maandag, 28 Augustus 2023.
|
|
|
Engels Huistaal: Grade 10 en 11
|
Let asseblief daarop dat die in-klas-assessering, die sogenaamde 'Literature Project', vir Engels Huistaal, Grade 10 en 11 na Woensdag, 30 Augustus geskuif word.
|
|
|
|
|
Graad 9-Ouerinligting
|
Kliek hier vir die brief wat alle gr.9-ouers / voogde moet lees rakende die vakkeuse-inligtingsessie op Woensdag, 30 Augustus 2023, asook die psigometriese toetse wat deur alle graad 9-leerders afgelê moet word.
|
|
|
|
|
Tutorklasse - Kry hulp met jou vakverwante probleme!
|
Benodig jy ekstra akademiese ondersteuning? Is jy bekommerd oor verlede kwartaal se uitslae? Moenie bekommer nie! Ons het ʼn oplossing vir jou. Jan van Riebeeck se tutor-klasse is hier om jou te help. Ons bekwame tutors is beskikbaar om jou by te staan met enige vrae of uitdagings wat jy mag ervaar. Kry individuele hulp en aandag om te verseker dat jy die kurrikulum beter verstaan.
|
|
|
|
|
Ons presteer in die UK-Wiskundekompetisie
|
Ons is geweldig trots op Johann Jordaan en Gerard Snijders wat as wiskundepaar uitgenooi is na die prysuitdeling van die UK-Wiskundekompetisie. Alle Goudpryswenners sal op 21 September by die Universiteit van Kaapstad hul toekennings ontvang. Baie geluk, Jan van Riebeeckers!
|
|
|
|
|
Cambridge A2-Wiskunde en IGCSE-Wiskunde: Puik Junie 2023-uitslae
|
Die Cambridge Wiskunde-eksamens word internasionaal erken. In Junie 2023 het ons vyfde groep hul Wiskunde A2-eksamens en Wiskunde IGCSE-eksamens afgelê.
|
Die groep se harde werk is beloon met puik resultate! Ons spog graag met Hein Muller en Zaheer Marney in graad 10 wat beide 87% behaal het vir die IGCSE-Wiskunde- eksamens. Gerard Snijders en Johann Jordaan het beide die A2-Wiskunde-eksamen geskryf en het hul baie goed van hul taak gekwyt deur twee A's te verwerf - dit ook nadat hierdie leerders gedurende 2022 A+-simbole vir die AS-eksamens, wat in Junie 2022 afgelê is, behaal het.
|
Baie geluk aan elkeen van hierdie leerders. Ons is baie trots op julle!
|
|
|
|
|
KULTUUR
|
|
Kooroefening
|
Die koor oefen Maandagmiddag vanaf 14:15 tot 16:00. Dis baie belangrik dat almal die oefening bywoon. Nuwe musiek word aangeleer met die oog op ons toer aan die einde van die kwartaal.
|
|
|
Tienertoneel tree in ATKV-kompetisie op!
|
Ons is baie opgewonde om hierdie naweek in die ATKV-Tienertoneelkompetisie met twee van ons drie tienertoneelproduksies in die Baxter Teater te spog!
|
Sien hieronder die volledige program van Jan van Riebeeck se produksies:
|
- Praat gou weer - 15:30
- Die Dowwe Digters Klub - 20:00
|
|
|
|
Interskoledebat- 18 Augustus 2023
|
Die Jan van Riebeeck-debatspanne het in 'n tawwe stryd gelykop geëindig met die spanne van Dirkie Uys. Die juniors moes die knie buig, maar ons seniors het Dirkie Uys gewys waar Dawid die wortels gegrawe het. Die onderwerpe was uitdagend en het gefokus op oormatige huiswerk en tweetalige onderwys. Mooi so!
|
|
|
|
|
|
Rotaryspan-debatspan presteer!
|
Die Rotary-debatspan het hul wenrekord vandeesweek voortgesit toe hul die 2022 kampioene, Bishops, in die kwarteindronde van die Western Cape Debating Champioships geklop het. Die onderwerp was This house believes the US should withdraw from East Asia and seed regional hegemony to China en die span het hul ekonomiese kennis uitgehaal en behoorlik hul staal gewys. Ons wens hul sterkte toe vir die semi-finaal wat op Maandag, 28 Augustus by UK plaasvind.
|
|
|
|
|
|
SPORT
|
|
Atletiek: Khasi High Performance-span aangekondig!
|
Baie geluk aan die onderstaande leerders wat ingesluit is in die Khasi High Performance-span. Oefeninge begin volgende week Maandag, 28 Augustus 2023, om 14:30 by die rekke-gim (Jubileumsaal). Alle atlete is egter welkom om aan die nuwe byeenkomste in September deel te neem. Ons vra dat almal daar sal wees vir 'n kort vergadering met die hoof van atletiek, dr. Sors Joubert.
|
Ons bied ook gedurende Septembermaand nuwe byeenkomste teen Hoërskool Stellenberg aan. Hierdie byeenkomste word as voorbereiding- en oefenbyeenkomste beskou. Skandeer asseblief die QR-kode op die plakkaat om in te skryf.
|
- Erica Marais
- Helene Greeff
- Catharina Mouton
- Nayla Walker
- Thay Matjan
- Francois Joubert
- Altus van Niekerk
- Sebastian Senekal
- Albert Griesel
- Jean Petrie
- Mia van den Berg
- Clarize Strydom
- Fredrich Erasmus
- Scarlette van der Merwe
- Mari Swanepoel
- Carla van den Berg
- Catherine Shaw
- Nehemia Rosen
- Cohin Rossouw
- Stephan Griesel
- Christian Viljoen
- Layla Erasmus
- Charlton Humphreys
- Kian Eksteen
|
|
|
|
|
Marius Schoeman 7's en 5's-toernooi om die draai
|
Teken asseblief die naweek van 8 en 9 September in u dagboeke aan, want ons sportspanne neem dan teen van die beste skoolspanne in die land deel.
|
Ons Hokkie o.17-seuns en -dogters; netbal o.15 en o.17; rugby o.15 en o.17-spanne is almal teenwoordig by dié toernooi. Dis die eerste jaar dat ons gaan deelneem en dit sal beslis ’n goeie ervaring vir ons spelers wees. Ons sluit ook ons wintersportseisoen met hierdie toernooi af. Kom ondersteun gerus al ons JvR-spanne! Wedstrydbepalings sal volgende week beskikbaar wees.
|
|
|
|
|
|
ALGEMEEN
|
|
|
|
Spaarmark, 1 September 2023
|
Die spaarmark moes ongelukkig uitgestel word as gevolg van die Winterbal wat op 11 Augustus tydens die twee pouses plaasgevind het. #JanGroen se jaarlikse spaarmark gaan egter volgende Vrydag voort en ons wil weer oulike tweedehandse kledingstukke teen goedkoop pryse verkoop en sommer die las op Moeder Aarde verlig deur nie te vermors nie.
|
Bring alle kledingstukke wat jy nie meer dra nie skool toe sodat ons dit kan verkoop. Alle fondse wat ons insamel, sal vir ons herwinningsprojek aangewend word. Ondersteun ons asseblief, want dit is vir 'n goeie saak!
|
DATUM: Vrydag, 1 September 2023 TYD: 2de pouse PLEK: Die Gat
|
Kledingstukke moet skoon, heel en in 'n goeie toestand wees en kan van Maandag tot Donderdag in me. Nimmo se klas afgelewer word.
|
|
|
Loslitdag, 1 September 2023
|
Jy kan jou Loslitdag-plakker op Karri koop teen R20 per plakker en dan op Vrydag, 1 September in gewone klere skool toe kom. Alle fondse wat ingesamel word, is vir persone met gestremdhede en 20% van die fondse word aan ons skool geskenk.
|
Vanjaar is die tema: SAVE A SMILE! Sit jou mooiste glimlag op en ondersteun asseblief hierdie belangrike inisiatief om 'n verskil in die lewe van 'n gestremde persoon te maak.
|
|
|
|
Ons thrift...
|
Maak skoon, maak leeg en skenk als vir ons eie Jan van Riebeeck Plezier Markt wat vir 23 September beplan word!
|
Ons versoek dat ouers enige van die onderstaande produkte wat in 'n goeie toestand is, vir die skool sal skenk. Produkte wat ons ontvang, sal gedurende die mark ten bate van die skool by ons Thrifting-stalletjie verkoop word.
|
- meubels
- juweliersware
- handsakke / sakke
- klere (volwassenes en kinders)
- boeke
- legkaarte
- lap
- wol
Enige produkte wat ons nie verkoop nie, sal aan ander liefdadigheidsorganisasies geskenk word. Alle skenkings kan na me. Sanette van Loggerenberg by die skool gestuur word. Indien enige items by u opgelaai moet word, kontak asseblief vir Jana Rademeyer (navonjane@gmail.com of 083 459 9965) om reëlings te tref. Dankie by voorbaat vir u ondersteuning!
|
|
|
|
Mentorpiekniek op ’n hoogtepunt afgesluit
|
Die laaste graad 8&12-mentorpiekniek het Woensdag in Huis Jordaan plaasgevind. Die graad 8 en ons matrieks het hierdie jaar werklik goeie bande gebou: dis hartseer om te dink dat dit die laaste pouse-saamkuier was. Die graad 8' s wens die matrieks net die beste wense toe vir hulle rekordeksamen wat Woensdag afskop.
|
|
|
|
Welgemeend Maand van Kuns: 2 tot 31 Augustus 2023
|
Die Welgemeend Maand van Kuns staan nou einde se kant toe en ons is dankbaar vir die wonderlike ondersteuning wat ons van die skoolgemeenskap ontvang. Vanjaar se tema, Kaapse oomblikke, beloof om besoekers nog tot aan die einde van volgende week te beïndruk en te bederf met die ongelooflike kunswerk en heerlike kuiergeleenthede. Indien u nog nie ’n draai gemaak het nie, moet u nie hierdie besondere belewenis misloop nie.
|
Kliek gerus hier om na die algemene advertensie te kyk en hier om die volledige program af te laai. By voorbaat dankie vir almal se ondersteuning!
|
|
|
|
|
ATKV-Strepiestak: Vrouemaand-uitreik
|
Die ATKV-Strepiestak het op Vrouedag die damespersoneel van Hoërskool Jan van Riebeeck bederf met die gedig "Sproeireën" deur D.J. Opperman. Met heerlike koffie is hierdie wonderlike dames bedank vir die waardige rolmodelle en voorbeeld wat hulle vir ons dogters is.
|
Dit was ook vir ons baie spesiaal om met ons " Doekies en deodorant vir dames"-projek te kon uitreik na die gemeenskap. Elke dame van die SA-KINDERHUIS Tuine is gister bederf met 'n geskenkpakkie, koffie en kolwyntjie.
|
Baie dankie aan al die Jan van Riebeeckers vir die skenkings en donasies. Ons kon daarmee "pienk" geure en vreugde versprei.
|
|
|
|
Welgemeend Concert Series and Welgemeend Art Month, hosted by Strauss & Co, are excited to welcome the husband-and-wife pianist duo, Best of Both. They will perform a dazzling selection of duets, arrangements, and transcriptions on Wednesday the 30th of August. Their program consists of some of the greatest duets from the piano repertoire, as well as other beloved, beautiful, and exciting pieces reimagined by talented arrangers, such as Greg Anderson. This concert will be an experience of an intimate communication of chamber music combined with the excitement and virtuosic flare of the piano solo recital.
|
Yohan Chun and Francois Botha are both past winners of the Fine Music Radio Bursary competition and have been collaborating for more than a decade. They regularly perform together in festivals such as National Arts Festival and Woordfees in addition to their appearances as soloists and with groups such as the Cape Town Philharmonic Orchestra and Cape Town Opera. They are also active in the jazz and popular music industry, and they love to inject their diverse experience and interests from their gigs in show businesses into their more artistic endeavors.
|
The concert takes place at 19:30 and tickets are R200, which include drinks on arrival and a lovely reception after the concert.
|
|
Advertensies
|
|
|
|
|
|
|
|