Nuusbrief-header
9 April 2020

Inligting oor die week wat volg

Geagte ouer / voog

Ek hoop u en u geliefdes is veilig en gesond hier op die vooraand van Paasnaweek. Ek hoop u kinders het fluks gewerk en die huiswerk wat hul ontvang het voltooi.

Ons begin Dinsdag 14 April met Google Classroom, 'n aanlyn leerplatform. Meeste skole neem 'n jaar om hierdie platform te begin gebruik. Ons doen dit binne 'n week.

Ons aanvaar dus dat daar 'n paar groeipyne gaan wees aan die begin. Kontak daarom asseblief dadelik die hulplyn (Help@janvanriebeeck.co.za) indien u enige tegniese probleme ondervind. Mnr Gericke sal u so gou as moontlik help om die probleem op te los.

Indien u enige navrae het oor die skoolwerk, kontak asseblief die vakonderwyser direk. Hulle is elke skooldag tussen 8 en 2 beskikbaar om u navrae te beantwoord. Stuur asseblief 'n e-pos waarin die probleem verduidelik word. Ons onderneem om so gou as moontlik u navraag te beantwoord. Vind 'n lys van die personeel se e-pos-adresse hier.

Ter voorbereiding vir Google Classroom, vra ons dat u kind 'n Gmail e-pos-adres skep, indien hy/sy nog nie een het nie. Leerders sal dit nodig hê om by die klaskamers aan te teken.

Ons stuur Dinsdagoggend vir u die virtuele klaskamerkodes, sowel as 'n stap-vir-stap verduideliking oor hoe om aan te teken en die klaskamers te gebruik. Intussen, net die volgende vir u aandag:
  • Astandsonderrig kan nie die klaskamersituasie 100% naboots of vervang nie.
  • Omdat u kind in die hoërskool is, verwag onderwysers dat hulle onafhanklik kan werk. Hulle moet die opdragte deeglik bestudeer en na die beste van hul vermoë voltooi.
  • Alle werk, tensy anders gespesifieer, moet in hul werkboeke voltooi word.
  • Sou u so verkies, kan u u kind help om 'n roetine vas te stel wat vir u en u gesin werkbaar is.
  • U kan gerus solank kyk na maniere hoe om data te bespaar en tien nuttige wenke vir u kind om die aanlyn leerproses te vergemaklik.
  • Ons het 'n bladsy (genaamd "Afstandsonderrig") op ons webwerf geskep waar al die inligting oor die inperking en Google Classroom ens vervat word. Soos wat ons dit aan u stuur, word dit ook daar gelaai vir verwysing. Vorige nuusbriewe kan hier gelees word.
Veral graad 11- en 12-ouers en -leerders is in hierdie tyd baie bekommerd oor die impak wat inperking op hul akademiese prestasies mag hê. Die personeel is ervare en bekwaam en, waar nodig, sal ons ekstra intervensies en programme in plek stel sodra die skole weer begin. Intussen moet hierdie leerders die werk voltooi wat aan hulle gestuur word.

Benut die ekstra programme wat deur buite intansies aangebied word indien u dit sinvol vind, maar dis nie nodig dat u kind by al hierdie programme aansluit nie. Graad 12's kan wel deur middel van Netwerk 24 aanlyn leer. Dis gratis vir almal. Besonderhede is by hierdie skakel beskikbaar.

Ons al u op hoogte hou met aktiwiteite en byeenkomste wat gekanselleer word. Ons sal ook die kwartaalprogram aanpas en uitstuur sodra ons sekerheid het oor die skoolkwartale.

Baie sterkte met die tyd wat voorlë. Ek hoop om julle sommer gou weer in die gange van ons pragtige skool te sien. Moenie huiwer om vir jou kind se onderwyser 'n e-pos te stuur indien jy hulp of ondersteuning benodig nie.

Ek hoop dat u almal hierdie langnaweek sal rus en die tyd saam met u kinders geniet.

Vriendelike groete
Lizette Visser

'n Boodskap van me Lizette Visser

'n Boodskap van me Lizette Visser
https://youtu.be/xHkYcMQq3Pk

Lees verder

Ekstra hulpbronne tydens inperking

Ekstra hulpbronne tydens inperking
30 Maart 2020

1. Vorige NSS-vraestelle en -memorandums:  https://bit.ly/2WTbUAT
2. RSG-uitsendings gemik op matrieks:  https://bit.ly/2QSjOqk
3. Die wolkskool is gratis vir alle leerders tot 30 Junie. Vir alle grade en verskeie vakke in Afrikaans. (Registreer hier:  https://bit.ly/33V0JZX)
4. https://wcedeportal.co.za/
5.https://www.education.gov.za/
6. Advies vir diegene wat nou by die huis studeer:  https://bit.ly/3awmCB8.
7.Inligting en ekstra skakels van minister Debbie Schäfer https://wcedonline.westerncape.gov.za/news/schools-are-closed-learning-open-part-1

31 Maart 2020

Indien u weet van enigiemand wat dringend kospakkies tydens inperking benodig, kontak gerus 08004288364. Die staat versprei voedsel aan mense in nood.

3 April 2020

1. Hulpbronne vir graad 12's
2. WKOD se gratis lys van hulpbronne
3. Vodacom se gratis e-skool (indien u by die netwerk geregistreer is) waar u ook handboeke verniet kan aflaai.
4. Telkom se gratis hulpbronne.

6 April 2020
1. Hoe om data te spaar tydens inperking. Lees hier.

7 April 2020
1. Gratis televisiekanale en die skedules vir klasse.

9 April 2020
1. Vind hier wenke vir databesparing.
2. Vind hier wenke vir aanlyn leer.

Lees verder
facebook instagram custom 
MailPoet