>> Besoek die volledige kalender op die webtuiste <<

UIT DIE SKOOLHOOF SE KANTOOR

Baie dankie aan al ons Jan van Riebeeckers vir ’n aangename en baie suksesvolle kwartaal hier by ons skool.

Ons het groot rede om baie trots te wees op uitstekende akademiese-, kultuur- en sportprestasies gelewer die afgelope drie maande. Dit verg baie harde werk, toewyding en dikwels ekstra deursettingsvermoë en daarom is ons trots op ons leerders wat wil deelneem en te alle tye hul bes doen. Hartlik geluk ook aan ons matriekklas met baie goeie uitslae na afloop van hul rekordeksamen. Ons weet dat jul ons gaan trots maak aan die einde van die jaar!

’n Groot dankie aan ons personeel vir hul baie harde werk die kwartaal. Die verwagtinge in die onderwys en in ’n skool soos Jan van Riebeeck bly ongelooflik hoog en ek is dankbaar vir puik kollegas wat bereid is om baie ekstra myle vir ons leerders te stap. ’n Spesiale dankie aan die leierspan en ons waarnemende adjunkhoof, me. Huibrecht Steyn, vir jul ondersteuning, saamwerk en die uitstekende bestuur van jul protefeuljes. Baie dankie ook aan die beheerliggaam en die vele komitees wat hard gewerk het aan opwindende nuwe projekte en inisiatiewe!

Ons kultuur- en sportleerders verteenwoordig ons volgende week in Gauteng by nasionale kompetisies en ons hou duimvas dat als vlot sal verloop en ek hoop almal geniet die ervaring baie. Ons tienertoneelleerders neem deel aan die ATKV se nasionale finale ronde en ons o.17-netbalspan speel in die nasionale Fast 5-skolekompetisie by Hoërskool Florida. Baie sterkte, Jan van Riebeeckers – jul maak ons baie trots!

Ons groet vandag vir eers me. Janet Lotriet wat tot die einde van Februarie 2024 met kraamverlof sal wees. Me. Lotriet en haar man, Adriaan, word binnekort ouers van hul eersteling en ons wens hul als wat mooi is toe vir die nuwe hoofstuk wat binnekort aanbreek!

Mag almal ’n heerlike vakansieweek geniet - en wanneer ons mekaar weer op 10 Oktober sien, gaan ons met groot entoesiasme voort om op die vele terreine van ons skoollewe geleenthede te skep vir ons leerders om te leer en tot gebalanseerde jongmense te ontwikkel.

Geniet die vakansie!

Pieter Rademeyer
Skoolhoof

AKADEMIE

Derde kwartaal-rapporte

Leerders se rapporte is vroeër vandag aan elke ouer of voog via e-pos gestuur. Baie geluk met die leerders se puik prestasies. Ons is werklik trots op uitstaande uitslae die afgelope kwartaal!

Dit is tog belangrik dat u as ouer/voog kennis dra van die volgende:
  • Indien ’n leerder afwesig was vir ’n assessering, maar met ’n geldige rede, verwerk die WKOD die leerder se ander punte tot ’n finale kwartaalpunt sonder dat die leerder benadeel word.
  • Indien ’n leerder egter sonder ’n geldige rede ’n assessering misloop, ken die WKOD ’n punt van nul toe en word die res van die punte verwerk tot die leerder se finale kwartaalpunt.
  • Let asb. daarop dat die graad 8V's se Wiskunde-punt van kwartaal 2 opgedateer is.
Dit was ook nie ’n eksamenkwartaal vir graad 8–11 leerders nie; die toetspunte is egter van groot belang as aanduiding waar ’n leerder staan met betrekking tot akademiese verwagtinge en vordering. Dit was egter ’n eksamenkwartaal vir die graad 12-leerders en die uitslae is ’n goeie aanduiding van ’n leerder se akademiese vordering.

Volg gerus die skakel vir die graad 12 NSS-eksamenrooster.

Indien u enige verdere navrae rondom u kind se uitslae het, is u welkom om die graadhoof te kontak of u kan met ons akademiese hoof, me. Liza Serrao, gesels. Stuur gerus ’n e-pos na liza.serrao@janvanriebeeck.co.za.

Graad 9-vakkeuses

Volg asseblief die skakel om graad 9-vakkeuses vir 2024 aan te dui: https://forms.office.com/r/YyUCPutw0d.

Let asseblief. daarop dat Musiek nou in groep 2 en 3 is en nie in groep 1 en 3 nie. Indien u kind sy/haar vakkeuse wil verander, sal die jongste terugvoering gebruik word. Hierdie vorm moet voor/op 31 Oktober 2023 voltooi word. Raadpleeg asseblief die graadhoof, mnr. Wilbur Kastoor (wilbur.kastoor@janvanriebeeck.co.za) vir enige navrae.

Proverto-Olimpiade: Ronde twee

Baie geluk aan die volgende leerders wat deelgeneem het aan die tweede ronde van die Proverto-Olimpiade op 2 Augustus 2023:
  • Graad 10 - Anja Liebenberg in Besigheidstudies
  • Graad 11 - Toby de Ruiter, Layla Eramus en Mia Nortje in Rekeningkunde; Marianne Nel in Rekeningkunde en Besigheidstudies
  • Graad 12 - Ethan Stevens vir Rekeningkunde
Ons wens vir Layla Erasmus, Marianne Nel en Ethan Stevens geluk wat 70%+ behaal het. 'n Besonderse geluk aan Layla wat die beste presteerder van hierdie groep leerders is met 'n punt van 83% vir Rekeningkunde.

KULTUUR

Debatwerkswinkel: Datum verander

Daar was ʼn botsing in die kalender, daarom word die Debatwerkswinkel vir deelnemers en beoordelaars nou op Saterdag, 21 Oktober (steeds by Hoërskool Bellville) aangebied. Betaal die inskrywingsfooi op Karri om jou plek te verseker!

DEELNEMERS

Die werkswinkel het ten doel om voornemende debatteerders en spanne te bemagtig om, sélfs sonder intensiewe afrigting deur ’n onderwyser, ’n goeie debat te voer. Leerlinge, afrigters, onderwysers en ouers is almal welkom. Dit is nie nodig dat ’n span volledig moet wees nie.

DATUM: Saterdag, 21 Oktober 2023
TYD: 09:00 tot 11:00
FOOI: R100 per persoon
Belangstellendes moet voor of op Vrydag 6 Oktober plek bespreek deur R100 op Karri te betaal.

SPORT

Atletiekprogram vir kwartaal 4

Tennisprogram vir kwartaal 4

Krieketprogram vir kwartaal 4

Swemprogram vir kwartaal 4

Skaak: Wes-Kaapse kampioene

Cuthanzario Winter was onlangs lid van die WP-span in die Western Cape u16 Rapid Champions wat op 23 September 2023 plaasgevind het. Die span het uit 10 lede bestaan en het gewen - die WP-span is dus nou die Western Cape u.16 Rapid Champions vir 2023. Die ander federasies wat deelgeneem het was Cape Winelands Chess, Overberg Chess, Eden Chess, West Coast Chess en Central Karoo Chess. Elke federasie het een span van 10 spelers gehad wat hul verteenwoordig het. Baie geluk, Cuthan!

Atletiekuitslae: 23 September 2023

Verskeie atlete het op Saterdag, 23 Septemer, aan die Fairmont/UWC Top 15- atletiekbyeenkoms deelgeneem. Hier volg hul uitslae:

Dogters o.14
  • Helene Greeff
    • 200m: 15de uit 21
    • 400m: 11de uit 16
  • Erica Marais
    • Gewigstoot: 7de uit 22
    • Skyfwerp: 5de uit 16
Dogters o.15
  • Mia van den Berg
    • 100m: 11de uit 32
    • Verspring: 7de uit 12
Dogters o.17
  • Catherine Shaw
    • Gewigstoot, 18de uit 26
Seuns o.14
  • Francois Joubert
    • 100m: 23ste uit 26
    • 300mH: 7de uit 8
  • Sebastian Senekal
    • Spiesgooi: 5de uit 11
  • Altus van Niekerk
    • o.15 3000m 13de uit 15
Seuns o.19
  • Damian Bosch
    • 400m: 1ste uit 7
    • 800m: 1ste uit 12

Bergfietsry-pret!

Ons maak gewoonlik die uitslae van kompetisies waaraan deelgeneem word bekend, maar bergfietsry is veel meer as net die kompetisies, dis amper 'n lewenstyl by Hoërskool Jan van Riebeeck. Elke Dinsdagmiddag en sommige Donderdae geniet ons die Kaap soos min ander sporte kan. Die foto's vertel die storie! Ons wens Migael Smuts spoedige beterskap toe. Hy het ongelukkig Dinsdag op ons avontuur sy arm gebreek.

Sportafrigters vir 2024 benodig

Na 'n suksesvolle 2023 kan ons net nog groter hoogtes in 2024 behaal. Ons sportkodes se getalle klim jaarliks en ons is op soek na dinamiese afrigters om by ons span van gespesialiseerde afrigters te kom aansluit.

Raak deel van 'n wenspan in 2024. Stuur 'n kort sport-cv na abre.vanheerden@janvanriebeeck.co.za.

ALGEMEEN

Fotodag: 11 Oktober 2023

Die Fotodag vind op Woensdag 11 Oktober plaas. Leerders moet in winterdrag geklee wees, hare moet netjies wees en seuns moet geskeer wees.

Koshuis: Uitnaweek - 4de kwartaal

Koshuis-uitnaweek: 20 - 21 Oktober 2023

Huis van der Merwe Braai

Die manne van Huis Van der Merwe het Woensdagmiddag die perfekte aand gekies om bietjie raakrugby te speel terwyl daar ook gebraai is - 'n heerlike manier om die kwartaal af te sluit! Die Roggies het self voorgevat, als gereël, vure aangesteek en lekker gebraai. Die fietsryresies is deur Jean le Roux gewen met 'n tyd van 53s, mnr. Henning was tweede en Altus van Niekerk derde. Als was heerlik!

Advertensies

Besoek gerus hul webtuiste vir meer inligting. https://wenwetenskap.co.za/
facebook instagram 
Email Marketing Powered by MailPoet