|
|
|
|
UIT DIE SKOOLHOOF SE KANTOOR
Baie welkom terug aan al ons Jan van Riebeeckers - ek hoop jul is goed uitgerus en gereed vir die pylvak van die 2023-skooljaar.
|
Ons het gisteraand tydens ’n baie mooi graad 12-prysuitdeling erkenning gegee aan ons toppresteerders van die afgelope jaar. Baie geluk aan elke matrikulant wat vir sy/haar harde werk beloon is.
|
Dit was ook ’n groot voorreg om ’n paar spesiale toekennings aan besondere matrikulante toe te ken:
|
Veelsydigste leerder – graad 12-seun: Gerard Snijders
|
Veelsydigste leerder – graad 12-dogter: Cara Beyer
|
JvR-Trots (deelname aan ’n wye verskeidenheid skoolaktiwiteite)
|
Gerard Snijders – hoogste punt van alle graad 12-leerders
|
3de klasposisie: Stefan Turkstra
|
2de Klasposisie: Adrian Huysamen
|
MR (Hoofdogter) – Jamneck-wisseltrofee: Jenna Kohler
|
MR (Hoofseun) Old Mutual-wisseltrofee: Adrian Huysamen
|
JvR-Hoofleier & VRL Voorsitter: Pieter Rademeyer-wisseltrofee: Timoné Joubert
|
Sportnuusmaker van die jaar – Hammies van Niekerk-trofee: Eerste Netbalspan
|
Veelsydigste kultuurprestasie: Guilia Nel
|
Kultuurnuusmaker van die jaar – Pani Theron-trofee: Hanli Theron
|
Kultuurpersoon van die jaar: Clifton Wagenstroom
|
Grethe Ehlers-wisseltrofee vir deursettingsvermoë: Ethan Pieterse
|
JvR-Toekenning: Leierskap, karaktersterkte, integriteit en dienslewering: Cara Beyer
|
Jan van Riebeecker van die jaar: Gerard Snijders
|
Dux-leerder - Philip Voges Gedenktrofee: Jenna Kohler
|
Ons het vandag afskeid geneem van ons matrieks tydens die spesiale Witrokdag-seremonie.Ons sal hierdie besondere groep leerders baie mis!
|
Ons wens hul sterkte toe met die matriekeksamen wat op Maandag, 30 Oktober afskop. Verskeie praktiese eksamens word egter reeds volgende week afgelê.
|
Ons sien weer uit na spoguitslae!
|
Volledige somerdrag word vanaf eerskomende Maandag, 16 Oktober, gedra. Verseker asseblief dat u kind(ers) netjies geklee is en die voorkomsverwagtinge, soos in die skool se gedragskode uiteengesit, getrou nakom.
|
Mooi wense vir die vierde kwartaal, Jan van Riebeeckers!
|
|
|
AKADEMIE
|
|
|
|
Graad 9-vakkeuse
|
Let asseblief daarop dat Musiek nou in groep 2 en 3 is en nie in groep 1 en 3 nie. Indien u kind sy/haar vakkeuse wil verander, sal die jongste terugvoering gebruik word. Hierdie vorm moet voor/op 31 Oktober 2023 voltooi word. Raadpleeg asseblief die graadhoof, mnr. Wilbur Kastoor (wilbur.kastoor@janvanriebeeck.co.za) vir enige navrae.
|
|
|
|
|
Mayor Science and Innovation Fair
|
Owen van der Linde het deurgedring na die Top-20 finaliste van hierdie kompetisie. Veels geluk!
|
Die uitstalling vind op Saterdag, 14 Oktober by die Cape Town Science Centre plaas . Alle Jan van Riebeeckers is welkom om dit by te woon. Die prysuitdeling, aangebied deur die burgemeester, vind vanaf 14:00 tot 15:30 plaas. Ons hou styf duimvas, Owen.
|
|
|
|
|
HOZA Junior Geskiedenis-olimpiade
|
Alle graad 8- en 9-leerders wat op Karri vir die HOZA Junior Geskiedenis-olimpiade ingeskryf het, word daaraan herinner dat die olimpiade eerskomende Dinsdag, 17 Oktober, aanlyn geskryf word. Almal moet om 14:15 by die RTT-lokaal aanmeld om die olimpiade aanlyn af te lê. Enige navraevrae kan aan mev. Nimmo (annelie.nimmo@janvanriebeeck.co.za) gerig word.
|
|
|
|
|
Kooroefening
|
Die skoolkoor oefen Maandagmiddag om 14:15 tot 16:00. Hierdie is 'n baie belangrike repetisie vir alle leerders aangesien dit die finale voorbereiding vir ons ExtravaJANza is.
|
|
|
|
|
|
Dis ExtravaJANza volgende week!
|
Hoërskool Jan van Riebeeck is opgewonde om weer ons jaarlikse ExtravaJANza aan te bied, waar die skool se voorste kultuurleerders saam te sien is op een verhoog, in een onvergeetlike vertoning!
|
Kom ervaar ons skool se dansers, sangers, "rock band", skoolkoor, orkes, en nog vele meer. Ons is ook besonders opgewonde om die Cape Philharmonic Youth Wind Ensemble, onder leiding van Reghardt Kühn, te verwelkom as ons gaskunstenaars en om die aand op 'n hoogtepunt af te sluit!
|
Moenie hierdie besondere geleentheid misloop nie! Sien jou daar!
|
|
|
|
|
|
Debatwerkswinkel: Datum verander
|
Daar was ʼn botsing in die kalender, daarom word die Debatwerkswinkel vir deelnemers en beoordelaars nou op Saterdag, 21 Oktober (steeds by Hoërskool Bellville) aangebied. Betaal die inskrywingsfooi op Karri om jou plek te verseker!
|
Die werkswinkel het ten doel om voornemende debatteerders en spanne te bemagtig om, sélfs sonder intensiewe afrigting deur ’n onderwyser, ’n goeie debat te voer. Leerlinge, afrigters, onderwysers en ouers is almal welkom. Dit is nie nodig dat ’n span volledig moet wees nie.
|
DATUM: Saterdag, 21 Oktober 2023 TYD: 09:00 tot 11:00 FOOI: R100 per persoon
|
|
|
|
|
SPORT
|
|
|
Atlus van Niekerk presteer in Parkour
|
Altus van Niekerk het tydens die September-vakansie aan die SA-parkourkompetisie in Rivonia, Johannesburg, deelgeneem. Altus behaal die eerste plek in sy afdeling: Vlak 6:13 tot 14 jaar.
|
Sy uitslae is as volg: Freestyle: 27 sekondes (1ste plek) Speed: 25.05 sekondes (1ste plek)
|
Ons wens hom baie geluk met hierdie mooi prestasie!
|
|
|
|
|
|
Baie geluk aan Peet Karsten wat gedurende die vakansie in die mansafdeling van die Cape Town Grand Prix Tennis SA-toernooi deelgeneem én as wenner uit die stryd getree het. Dis 'n puik prestasie, Peet! Welgedaan!
|
|
|
|
|
Atletiekprogram vir kwartaal 4
|
|
|
Tennisprogram vir kwartaal 4
|
|
|
Krieketprogram vir kwartaal 4
|
|
|
Swemprogram vir kwartaal 4
|
|
|
|
|
Sportafrigters vir 2024 benodig
|
Na 'n suksesvolle 2023 kan ons net nog groter hoogtes in 2024 behaal. Ons sportkodes se getalle klim jaarliks en ons is op soek na dinamiese afrigters om by ons span van gespesialiseerde afrigters te kom aansluit.
|
Raak deel van 'n wenspan in 2024. Stuur 'n kort sport-cv na abre.vanheerden@janvanriebeeck.co.za.
|
|
|
|
|
|
ALGEMEEN
|
|
|
|
Klerewinkel TYDELIK gesluit
|
Die klerewinkel sal Maandag,16 Oktober, nog soos normaal oop wees en daarna is dit tot en met 31 Oktober gesluit. Ons is gedurende hierdie paar dae besig om alle voorraad gereed te kry vir die nuwe graad 8-inname.
|
|
|
|
|
Noodhulpvergadering
|
Alle noodhulpleerders moet asseblief Maandag, 16 Oktober, eerste pouse in me. Turkstra se klas bymekaarkom. Ons gaan ’n nuwe noodhulpsisteem begin waar jul jul eie graadverteenwoordigers gaan verkies.
|
|
|
|
|
AkwaJANika
|
Almal is welkom om volgende Donderdagoggend, 19 Oktober om 7:00 na die sisteem te kom. Ernst van Real IPM, wat natuurlike plaagdoders verskaf, gaan saam met ons deur die sisteem loop. Hy gaan ons help om plae te identifiseer en raad te gee oor wat ’n mens daaraan kan doen, sonder om alles rondom die plae dood te maak.
|
|
|
|
|
Bloedskenk: Maandag, 23 Oktober 2023
|
Om te gee, is in ons bloed!
|
Almal wat ouer as 16 jaar is (ouers ingesluit), is welkom om die grootste geskenk te kom gee. Op Maandag, 23 Oktober vanaf 10:30 tot 14:30 kan almal in die skoolsaal kom bloedskenk. Onthou om ’n groot ontbyt te eet die oggend, pousekos in te pak en baie water te drink voor jy kom skenk.
|
Dankie vir al die gereelde skenkers, julle maak ’n reuseverskil. Nuwe skenkers kan die POPIA-vorm reeds hierdie komende week by mev. Turkstra kom afhaal sodat jul ouers dit betyds kan teken.
|
|
|
|
|
Huis Jordaan hou kersete
|
Wat ’n voorreg om vir oulaas as Huis Jordaan-familie saam te kuier in die Welgemeend en dié ongelooflike jaar af te sluit voor ons matrieks met eksamen begin. Die verrigtinge was eg tradisioneel, stylvol en een om te onthou. Huis Jordaan is dankbaar vir ‘n ongelooflike span dogters en personeel en kyk met dankbaarheid terug na 2023 . Dit was inderdaad ’n voortreflike jaar met baie mooi herinneringe.
|
|
|
|
|
|
Koshuis: Uitnaweek - 4de kwartaal
|
Koshuis-uitnaweek: 20 - 21 Oktober 2023
|
|
|
|
|
Hulpbronne vir Gr 10 tot 12
|
Elke afdeling is kernagtig en hanteerbaar opgesom om maklik te leer, te onthou en weer te gee. Dit bevat voorbeeldsomme met stap vir stap verduidelikings.
|
|
|
|
|
|