|
|
|
|
UIT DIE SKOOLHOOF SE KANTOOR
Ons matrieks het vandeesweek hul NSS-praktiese eksamens voortgesit en ons leerders het die RTT- en IT-eksamens baie positief ervaar. Ons hou duimvas dat dit goed sal gaan met al ons leerders wanneer hul eerskomende Maandag om 9:00 met die eerste vraestel van Engels dan nou amptelik hul eksamen afskop. Vasbyt en hard werk, Jan van Riebeeckers – ons glo in jul!
|
Ons is besonder trots op ons atlete wat verlede naweek vir die eerste keer aan die Outeniqua Kwagga-Top 10-byeenkoms deelgeneem het – en omtrent hul merk gemaak het! Ons wen die afdeling vir kleiner skole (skole met minder as 600 leerders) en ons B-span eindig ook agste. Baie dankie aan ons atletiekhoof, dr. Sors Joubert en sporthoof, mnr. Abré van Heerden vir hul puik werk in hierdie afdeling van die sportprogram. Ons atlete neem vandag in die Paarl by die Curro-Podiumbyeenkoms deel en van ons top atlete is ook môre in Bredasdorp in aksie te sien. Baie sterkte!
|
Dit was heerlik om gister die graad 6-groep van Laerskool Jan van Riebeeck hier op ons kampus te verwelkom. Ons personeel en leerders het hul aan ’n paar akademiese uitdagings laat deelneem en die pretmiddag is met ’n opwindende kaskarresies afgesluit. Dit was ook aangenaam dat die graad 6-ouers op Welgemeend se stoep kom saamkuier het. Ons sien uit dat hierdie oulike Jannies in 2025 by ons sal aansluit.
|
Gisteraand se lentesokkie was ook ’n treffer – en soos ons hoofdogter, Liezel Snijders, vanoggend vir my sê:” Vir seker die beste dans nog!” Baie dankie aan die graad 10’s wat die dans aangebied het. Die Gat is omskep in ’n besondere see-atmosfeer en ons leerders het die samesyn en gees baie geniet. ’n Spesiale dankie aan mee. Emmy Stoltz en Riana Viljoen wat saam met die graadhoof, mnr. Geldenhuys, baie moeite gedoen het om die aand vir ons leerders spesiaal te maak.
|
Ons bied vandag ons gholfdag by Atlantic Links aan en die gholfers sal nie toelaat dat die weer hul entoesiasme demp nie. Ons is dankbaar teenoor al ons borge en spelers wat die dag moontlik maak en ons in hierdie fondsinsamelingspoging ook ondersteun.
|
OP- EN AFLAAI VAN LEERDERS SOGGENS EN SMIDDAE
|
Ek versoek vriendelik dat ouers asseblief u kind(ers) vining sal op- en aflaai by die hoofingang en nie hier binne vir lank stop of parkeer nie. Ongelukkig is ons spasie baie beperk en dit veroorsaak frustrasie wanneer daar nie genoeg parkeerplek of toegang vir ander ouers en personeel is wanneer hul arriveer nie. Baie dankie vir u samewerking in die verband!
|
Ons leerders het die Bok-Vrydag vandag baie geniet en selfs na afloop van ons brandontruimingsoefening vroeër vandag die gees- en volkslied uit volle bors gesing. Ons graad 11’s het gesorg dat die hele skool met groot entoesiasme deelneem – ons almal hier by Jan van Riebeeck sien uit na die eindstryd en weet dat die Bokke die beker huis toe bring!
|
Mag dit vir almal ’n opwindende naweek wees wat voorlê.
|
|
|
AKADEMIE
|
|
|
|
Assesseringsprogram: Kwartaal 4
|
|
|
|
|
Graad 9-vakkeuse
|
Indien u enige verdere navrae het, kontak asb. die graadhoof, mnr.Kastoor (wilbur.kastoor@janvanriebeeck.co.za)
|
|
|
|
|
Handboeke 2024: Snapplify-inligting
|
Ons is opgewonde om aan te kondig dat ons voortaan saamwerk met Snapplify om die aankoop van handboeke vir u as ouer te vergemaklik.
|
Snapplify kan fisiese handboeke sowel as e-handboeke (indien dit beskikbaar is) verskaf. Let asseblief daarop dat hulle nie die direkte verskaffer van die handboeke is nie; hulle werk deur Van Schaik. U bestel die boeke deur u kind(ers) se Google Classroom e-posadres en wagwoord te gebruik. Alle boeke wat u per graad moet aankoop, is reeds op die platform gelaai. U is dus verantwoordelik vir die koste van die boeke wanneer u dit bestel.
|
Let asseblief daarop dat die boekestoor steeds ten volle operasioneel is. In sommige vakke moet boeke ongelukkig aangekoop word – dit is juis waar Snapplify in die prentjie kom.
|
Belangrik: Die handboeke vir die tale moet nog gefinaliseer word. Sodra daardie boeke se titels beskikbaar is, sal ons dit aan u kommunikeer.
|
U is geensins verplig om van hierdie diens gebruik te maak nie. Dit is bloot daar om dinge hier aan die einde van die jaar effe makliker te maak.
|
Volg asseblief die stappe soos hieronder uiteengesit deur Snapplify oor hoe u te werk moet gaan om boeke te bestel. Indien u enige probleme ondervind, kontak asseblief direk vir Snapplify by help@snapplify.com. Hulle het ’n span wat spoedig alle navrae sal beantwoord.
|
Die sperdatum vir bestellings sal binnekort bevestig word.
|
Once you receive your child's Jan van Riebeeck Google email address and password from the school you can navigate to the following link:
|
Once you have navigated to the above mentioned link, select "Sign in with Google" and use your child's Jan van Riebeeck email address and password provided by the school. Once completed to purchase the books please follow the steps and guide in the link below:
|
Please note that all hardcopy books will be delivered to the address of the learners' address. If you have any questions, please contact help@snapplify.com with your order reference number. Any eBooks purchased can be accessed in the Snapplify App which can be downloaded from the App store or the direct link below:
|
Get the App- https://getsnapplify.com/ ,once there select the relevant device (operating system, for example: iOS/Android/Windows) Once done, please be sure to "Sign in with Google" and use your child's Jan van Riebeeck email address and password provided by the school. Once signed in, download the books for easy access.
|
|
|
|
|
KULTUUR
|
|
|
|
|
Alma Nel Drama-Atljee
|
Kom klink gerus 'n glasie op uitmuntende werk van ons buite-drama-leerders! Geniet hul talent of kom kyk as jy dalk betrokke wil raak by buite-drama volgende jaar. Wanneer: Woensdag, 1 November 2023 Waar: Hoërskool Jan van Riebeeck-klubhuis Tyd: 18:00 Koste: R30
|
|
|
|
|
|
Atletiekprogram vir kwartaal 4
|
|
|
|
|
Atletiek: Outeniqua uitslae
|
Hoërskool Jan van Riebeeck het die afgelope naweek aan die Kwagga Top 10-byeenkoms deelgeneem. Die byeenkoms sou plaasvind by Hoërskool Outeniqua, maar weens die reën moes die organiseerders vinnig plan maak en die byeenkoms na Oudtshoorn skuif. Ons atlete lewer fantastiese prestasies met heelwat nuwe persoonlike-beste-tye en afstande. 'n Totaal van 12 atlete eindig onder die Top 10 in hul items. Hoërskool Jan van Riebeeck neem ook die beker huis toe vir die afdeling van kleiner skole (minder as 600 leerders in skool) en ons B-span eindig ook onder die top 10! Baie dankie aan Hoërskool Outeniqua vir jul puik byeenkoms en gasvryheid. Dankie ook aan dr. Sors Joubert wat aan die stuur staan van ons atletiekprogram, sowel as elke ouer wat die toer moontlik gemaak het.
|
TOP 8-skole in die kleinerskole-afdeling:
|
- Hoërskool Jan van Riebeeck A
- Hs Bredasdorp
- Glenwood House
- Curro Mosselbaai
- Hs Langenhoven
- Hs Dirkie Uys
- Hs Charlie Hofmeyr
- Hoërskool Jan van Riebeeck B
|
|
|
Tennisprogram vir kwartaal 4
|
|
|
Krieketprogram vir kwartaal 4
|
|
|
Swemprogram vir kwartaal 4
|
|
|
|
|
|
Klerewinkel TYDELIK gesluit
|
Die klerewinkel sal tot en met 31 Oktober gesluit wees. Ons is gedurende hierdie paar dae besig om alle voorraad gereed te kry vir die nuwe graad 8-inname.
|
|
|
|
|
|
Hulpbronne vir Gr 10 tot 12
|
Elke afdeling is kernagtig en hanteerbaar opgesom om maklik te leer, te onthou en weer te gee. Dit bevat voorbeeldsomme met stap vir stap verduidelikings.
|
|
|
|
|
|