|
|
|
|
|
|
UIT DIE SKOOLHOOF SE KANTOOR
Ons kyk terug op ’n uitstekende week hier by die skool.
|
Ons het die voorreg gehad om Woensdagoggend die toppresteerders van 2023 by ons prysuitdelingseremonie vir hul harde werk en prestasies te vereer. Baie geluk aan al die leerders en hul trotse ouers met puik prestasies gelewer!
|
Ek lys graag die spesiale toekennings hier:
|
Sportman van die jaar – Peet Karsten
|
Sportvrou van die jaar – Scarlett van der Merwe
|
JvR-Trots (hoogste punte in elke graad vir deelname aan skoolaktiwiteite)
|
Graad 11 – Toby de Ruiter
|
Leerder met die hoogste totaal in die skool – Toby de Ruiter
|
Akademie (Top 3-presteerders in elke graad)
|
Brons – Lara-Lisa Senekal
|
Veelsydigheid (Akademie, Sport, Kultuur, Verryking, Leierskap - deelname en vlak van prestasie)
|
Dogter – Carla Snijders en Luca Zulch
|
Dogter – Lara-Lisa Senekal
|
Dan het ons verdere PUIK NUUS ontvang!
|
Hoërskool Jan van Riebeeck is vandeesweek weer uitgenooi na die nasionale merietetoekennings van SOS op 9 Februarie in Pretoria waartydens die Top 20-Afrikaanse skole na afloop van die 2023-matriekeksamen vereer word.
|
Nie nét haal ons vir die tweede agtereenvolgende jaar dié gesogte lys nie, maar VIER van ons vakke haal ook die Top 20-lys van alle skole in die land!
|
13de in SA (en 2de van Afrikaanse skole!)
|
* INGENIEURSGRAFIKA EN ONTWERP
|
13de in SA (en 6de van Afrikaanse skole!)
|
17de in SA (en 4de van Afrikaanse skole!)
|
Ons bars (wéér!) van die trots oor dié uitsonderlike akademiese prestasie. Baie geluk aan ons 2023-matriekklas en ons knap onderwysspan - dit wil gedoen wees!
|
|
|
|
|
AKADEMIE
|
|
|
|
GRAAD 9 tot 12-PRYSWENNERS
|
Alle graad 9-12 leerders wat kleure, erekleure of spesiale erekleure by die 2023 graad 8-11 prysuitdeling ontvang het en hul dasse en baadjies by die klerewinkel wil bestel, kan vanaf Maandag, 5 Februarie 'n brief by mev. Nimmo kom afhaal. Hierdie brief word as bewys by die klerewinkel ingehandig om die baadjie of das te bestel. Ons herinner dat die erekleurebaadjie eers vanaf die derde kwartaal in ’n leerder se graad 10-jaar gedra mag word. Leerders wat voor hierdie datum vir erekleure kwalifiseer, mag solank die kleure-das by hul streepbaadjie dra.
|
|
|
|
|
Cambridge-program 2024
|
Alle graad 9- en 10-ouers het gister 'n brief rondom die skool se Cambridge-program ontvang. Indien u kind belangstel om van die skool se aanbod gebruik te maak, word u uitgenooi om die inligtingsaand op Woensdag, 7 Februarie 2024, by te woon.
|
Tyd: 18:00 – 19:00 Plek: Hs Jan van Riebeeck - me. Van Heerden se klaskamer
|
Indien u beplan om die inligtingsaand by te woon, vul asseblief die Google-vorm teen Maandag, 5 Februarie 2024 in. Kontak gerus me. Meyer (sonet.meyer@janvanriebeeck.co.za) met enige navrae.
|
|
|
|
|
SAMF-Wiskundeolimpiade 2024
|
Ronde een van vanjaar se Wiskundeolimpiade vind op 14 Maart plaas en alle graad 8 tot 12 Wiskunde -eerders kan deelneem.
|
Ons wil vanjaar weer graag alle ouers/voogde vra om u kind aan te moedig om aan die Wiskundeolimpiade deel te neem. Verlede jaar het 123 leerders deelgeneem! Hierdie olimpiade fokus op Wiskunde en die waarde van probleemoplossing en ontdekking. Dit bied ook vir u kind blootstelling aan alternatiewe Wiskundeprobleme.
|
Die inskrywingsfooi is op Karri betaalbaar. Die koste per inskrywing is R45 per leerder en die sluitingsdatum is 16 Februarie 2024. Daar is weer vanjaar ’n opsie om ’n donasie te maak. Die skool benodig R9000 om vir alle Wiskundeleerders die wonderlike geleentheid te bied - ondersteun ons om dit vir alle leerders moontlik te maak!
|
|
|
|
|
POORT-Skryfkompetisie
|
Jan van Riebeeck nooi vanjaar weer sy leerders uit om deel te neem aan die POORT-skryfkompetisie.
|
Hierdie kompetisie is ’n inisiatief van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. Die kompetisie wil skeppende talent onder hoërskoolleerders ontdek, aanmoedig, waardeer en aan ’n groter gehoor blootstel. Alle leerders wat in 2024 in graad 10, 11 of 12 is, word uitgenooi om deel te neem. Skryf ’n storie of ’n gedig, en jy mag dalk met die eerste prys van R10 000 wegstap!
|
Leerders wie se vingers juk om te begin skryf, kan solank met me. Raath oor die kompetisie gaan gesels. Die kompetisie sluit reeds 28 Februarie, so trek solank jou notaboek of skootrekenaar nader!
|
|
|
|
|
|
Koorkamp: 9 tot 11 Februarie
|
Ons is opgewonde om by die pragtige Apostles Battery-kampterrein bo Llandudno ons 2024-kamp te hou. Dit duur vanaf Vrydag, 9 Februarie, tot Sondagoggend, 11 Februarie. Dit gaan 'n verrykende en genotvolle ervaring vir almal betrokke wees, met 'n perfekte mengsel van oefensessies, ontspanningsaktiwiteite, en spanbou-aktiwiteite.
|
Voltooi asseblief die google vorm teen Sondag, 4 Februarie 2024 om 18:00. Die koste van die kamp beloop R940 per leerder en sluit die vervoer, alle etes, en versnaperings in. Daar is ook 'n snoepie op die kampterrein waar koorlede basiese eetgoed en koeldrank sal kan koop.
|
|
|
|
|
Monoloog-en Toneelskryfkursus 2024
|
Die monoloog- en toneelskryfkursus vind op 17 Februarie plaas. Indien jy belangstel om 'n monoloog vir die Digi-Toneelkompetisie te skryf of in die proses is om 'n leerderproduksie te skryf, teken solank hierdie datum aan. Meer inligting sal later verskaf word.
|
|
|
|
|
Volg die skakel vir kwartaal 1 se sportprogram. PROGRAM
|
|
|
|
|
Krieket: Interhuis
|
Die drie huise het mekaar op 30 & 31 Januarie in die interhuis-kriekettoernooi uitgedaag. Na goeie spel, sal De Goede Hoop en Reijger mekaar die stryd aansê in die finaal wat Woensdag,7 Februarie om 14:45 op die Buysveld plaasvind. Sterkte!
|
|
|
|
|
ALGEMEEN
|
|
|
|
|
|
|
Kreetoefentye
|
Die skool is hard aan die werk ter voorbereiding vir die Super 6-atletiekdag wat op Woensdag, 21 Februarie 2024, by Coetzenburg, Stellenbosch, plaasvind.
|
Die kreetoefening vind sekere dae van die week plaas. Op die dae wat die kreetoefening plaasvind, vertrek die busse 14:45 vanaf die skool. Hierdie reëling is geldig tot die 20ste Februarie 2024.
|
|
|
|
|
Bloedskenk: 6 Februarie
|
Ouers en leerders (16 jaar en ouer) word hartlik uitgenooi om ook saam te kom bloed skenk.
|
Datum: Dinsdag, 6 Februarie 2024
|
Leerders wat EERSTE skenkers is, moet asb. ’n vorm by mev. Turkstra afhaal wat deur hul ouers onderteken moet word.
|
|
|
|
|
#JanTEGNIES-opleiding
|
Op Vrydag, 9 Februarie, en Saterdag,10 Februarie, is alle bestaande en nuwe lede welkom om die #JanTegniesopleiding by te woon. Alle belangstellende lede moet hul name vir mnr. Jacques van der Westhuizen (jacques.vanderwesthuizen@janvanriebeeck.co.za) deurgee of stuur.
|
Vrydag, 9 Februarie Tyd: 14:15 tot 17:00 Plek: Skoolsaal
|
Saterdag, 10 Februarie Tyd: 09:00 tot 12:00 Plek: Skoolsaal
|
Ons versoek dat leerders beide dae sal bywoon. Die opleiding word gratis aangebied, so ons moedig almal aan om hierdie geleentheid by te woon.
|
|
|
Karri Toep
|
Die skool gebruik Karri om betalings in te vorder vir die meeste aktiwiteite en uitstappies. Ouers word gevra om asseblief die toep af te laai en te gebruik. Alle leerders is nou op Karri ingetrek. Sien die skakel vir meer inligting oor Karri. https://karripay.com/about-karri/
|
|
|
|
|
GRAADDAGKAMPE OM DIE DRAAI
|
In ons poging om ’n holistiese en gebalanseerde skoolervaring aan ons leerders te bied, probeer ons voortdurend nuwe verrykingsgeleenthede skep waarin leerders meer omtrent hulself, hul maats en die wêreld waarin hul leef, kan leer.
|
Na ‘n baie suksesvolle ervaring met ons heel eerste graadkampe in 2023, wil ons voorgaan in 2024 om in Hoërskool Jan van Riebeeck op skooleenheid, skooltrots, skoolgees en ons waardes te fokus – iets waaraan ons voordurend moet aandag gee. Een inisiatief wat ons in 2024 weer wil aanpak wat hierdie skoolaspek aanspreek, is graaddagkampe vir al ons leerders en personeel. Die doel van die graaddagkampe is veelvoudig: die tema van elke graad se dagkamp en die aanbieding daarvan, is spesifiek gekies om sekere doelwitte in daardie spesifieke graad te bereik. Verder kry leerders ook tydens dié dag die geleentheid om aktiwiteite aan te pak en kan so op ’n informele wyse ook hul klasmaats beter leerken. Ons het geluister na al die insette en terugvoering en het die nodige aanpassings gemaak.
|
Die hele skool (graad 8 tot 12) sal op Dinsdag, 19 Maart 2024 om 7:30 die oggend aanmeld vir hulle dagkamp. Leerders sal weer om 16:30 verdaag en terugkeer huis toe. Leerders sal op Woensdag, 20 Maart om 7:30 aanmeld en die program word daardie Woensdagoggend om 10:00 afgesluit.
|
Vervoerreëlings indien nodig sal nader aan die tyd gekommunikeer word.
|
Die koste per leerder beloop R300 en verskeie betaalopsies word op Karri gelaai. U kan ’n eenmalige betaling maak of nou reeds begin om kleiner betalings te doen soos dit u pas. Alle betalings moet asseblief teen einde Februarie 2024 gefinaliseer wees.
|
Ons sien baie uit na hierdie verrykingsgeleentheid vir ons leerders! Na verlede jaar se kamp is dit beslis ‘n nuwe jaarlikse instelling wat sy plek verdien op die JvR-kalender .
|
By voorbaat dankie vir u ondersteuning van hierdie inisiatief.
|
|
|
|
|
|
Bybelvasvrae 2024
|
Ons nooi graag alle belangstellende graad 8 -10 leerders uit om in te skryf vir 2024 se Rapportryers Bybelvasvra.
|
Kom toets jou kennis van die Bybel in hierdie landswye kompetisie. Leerders neem in spanne van 4 deel; dus kry jy ook die geleentheid om spanwerk te oefen.
|
Kontantpryse is as volg: R7 000, R5 000 en R4 000 onderskeidelik vir die eerste, tweede en derde plekke. Die ander sewe spanne wat aan die finaal deelneem, ontvang elkeen R 1 000. Inskrywings kan op Karri gedoen word en beloop R100 per leerder. Die inskrywings sluit op 16 Junie 2024. Verdere inligting en voorbeeldvraestelle is by me. Nimmo beskikbaar wees. Jy kan reeds die Bybeltekste begin navors.
|
|
|
ADVERTENSIES
|
|
|
|
|
|
|
|