|
|
|
|
|
UIT DIE SKOOLHOOF SE KANTOOR
INTERSKOLE-ATLETIEK 2024: REËLINGS
|
Ons sien baie uit na die interskole volgende week en is vol vertroue dat ons Jan van Riebeeckers op die paviljoen en op die baan ons naam hoog gaan hou!
|
Hier volg die reëlings rondom die interskole-atletiekbyeenkoms vir eerskomende Woensdag, 21 Februarie 2024:
|
Vervoer na die byeenkoms:
|
|
· Leerders wat daagliks die busroete (Noordelik, Suidelik, Table View en Melkbos) gebruik, neem steeds hul gewone busse en word weer na die byeenkoms by hul onderskeie punte afgelaai.
|
· Leerders meld om 6:15 by hul die rye by die skool aan sodat register geneem kan word.
|
· Leerders wat nie saam met die skool na Coetzenburg ry nie, moet stiptelik om 8:15 by die stadion aanmeld.
|
· Atlete en leerders ontvang elk 'n bandjie om toegang tot die stadion te kry.
|
|
|
· R30 ingang (Yoco en Snapscan beskikbaar, geen kontant nie)
|
· Daar is nie enige parkering binne Coetzenburg beskikbaar nie; dis slegs gereserveer vir beamptes en BBP-gaste.
|
· Ons wag steeds op die finale program vanaf die organiseerders en sal dit op die WhatsApp-groepe deel sodra ons dit ontvang.
|
|
|
· Ouers/Voogde moet asseblief verseker dat die atlete genoeg kos en drinkgoed saambring vir die hele dag se program.
|
· Daar is verskeie stalletjie beskikbaar.
|
· Onthou om ’n gemerkte waterbottel en sonbrandolie saam te bring.
|
|
|
· Leerders dra amptelike skooluniform - geen juweliersware nie. Baadjies is verpligtend. Geen leerder sal in die stadion toegelaat word wat nie korrek geklee is nie.
|
· Atlete moet geklee wees in ons amptelike skoolsportdrag (JvR-atletiekhempie, vlootblou (nie swart nie) tights, JvR-kortbroek en tekkies).
|
· Atlete wat nie korrek geklee is nie, sal nie toegelaat word om deel te neem nie.
|
|
|
· Atlete moet 15 minute voor die aanvang van ‘n velditem by hul item rapporteer.
|
· Atlete moet 20 minute voor die aanvang van ‘n baanitem by hul item rapporteer.
|
· Atlete wat aan velditems deelneem, sal slegs twee geleenthede gegun word om ’n topposisie te beklee.
|
|
|
· Hou die JvR-Algemene WhatsApp-groep deur die dag dop vir meer inligting. Ons sal u ook op dié groep laat weet wanneer die busse veilig in Stellenbosch gearriveer het en wanneer ons na afloop van die byeenkoms vertrek (ongeveer 20:30 Woensdagaand).
|
|
Leerders wat nie Woensdag aan die atletiek of die sang deelneem nie, meld soos gewoonlik om 7:35 by die skool (rye) aan en sal onder toesig besig wees met akademiese werk.
|
Die skool verdaag vir hierdie leerders om 14:15.
|
Ons maak staat op elke leerder en ouer/voog se samewerking om te verseker dat ons ’n suksesvolle dag kan geniet.
|
|
|
|
|
Assesseringsprogram en intervensie vir Kwartaal 1
|
Volg die skakel vir die volledige program vir hierdie kwartaal.
|
|
|
|
|
Vakveranderings 2024
|
U as ouer/voog voltooi die eerste gedeelte van die vorm en daarna moet u kind asb. sorg dat die huidige vakonderwyser, die beoogde vakonderwyser, asook sy/haar graadhoof die vorm teken. Daarna kan u kind die vorm by die akademiese hoof indien. Die akademiese hoof sal vir u kind 'n toestemmingsbrief gee sodra die WKOD die aansoek goedkeur het en eers daarna mag u kind van vak verander. Kontak me. Liza Serrao (liza.serrao@janvanriebeeck.co.za) indien u nog enige vrae het.
|
- Graad 11 – Aansoek deur ouer/voog/primêre versorger. Twee veranderinge toegelaat. Sperdatum is 29 Februarie 2024
- Graad 10 – Aansoek deur ouer/voog/primêre versorger. Twee veranderinge toegelaat. Sperdatum is 7 Junie 2024
|
|
|
|
SAMF-Wiskundeolimpiade 2024
|
Ronde een van vanjaar se Wiskundeolimpiade vind op 14 Maart plaas en alle graad 8 tot 12 Wiskunde -eerders kan deelneem.
|
Ons wil vanjaar weer graag alle ouers/voogde vra om u kind aan te moedig om aan die Wiskundeolimpiade deel te neem. Verlede jaar het 123 leerders deelgeneem! Hierdie olimpiade fokus op Wiskunde en die waarde van probleemoplossing en ontdekking. Dit bied ook vir u kind blootstelling aan alternatiewe Wiskundeprobleme.
|
Die inskrywingsfooi is op Karri betaalbaar. Die koste per inskrywing is R45 per leerder en die sluitingsdatum is 16 Februarie 2024. Daar is weer vanjaar ’n opsie om ’n donasie te maak. Die skool benodig R9000 om vir alle Wiskundeleerders die wonderlike geleentheid te bied - ondersteun ons om dit vir alle leerders moontlik te maak!
|
|
|
|
|
POORT-Skryfkompetisie
|
Jan van Riebeeck nooi vanjaar weer sy leerders uit om deel te neem aan die POORT-skryfkompetisie.
|
Hierdie kompetisie is ’n inisiatief van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. Die kompetisie wil skeppende talent onder hoërskoolleerders ontdek, aanmoedig, waardeer en aan ’n groter gehoor blootstel. Alle leerders wat in 2024 in graad 10, 11 of 12 is, word uitgenooi om deel te neem. Skryf ’n storie of ’n gedig, en jy mag dalk met die eerste prys van R10 000 wegstap!
|
Leerders wie se vingers juk om te begin skryf, kan solank met me. Raath oor die kompetisie gaan gesels. Die kompetisie sluit reeds 28 Februarie, so trek solank jou notaboek of skootrekenaar nader!
|
|
|
|
|
|
ATKV-Debat: Deelnemerskursus
|
Die ATKV bied op Saterdag 24 Februarie ʼn deelnemerskursus vir debatdeelnemers en ouers aan. Alle graad 8's en 9's wat vanjaar aan ATKV-debat gaan deelneem en nog nie die kursus bygewoon het nie, word sterk aangeraai om hierdie geleentheid te gebruik. Die kursus sal virtueel aangebied word van 08:30 tot 12:00 en die koste beloop R150 per persoon. Voltooi die inskrywingsvorm by die onderstaande skakel en stuur die bewys van jou betaling om die skakel vir die kursus te ontvang.
|
|
|
|
|
JvR-REDENAARSKOMPETISIE 2024
|
Op jou merke, gereed…PRAAT!
|
Die jaarlikse interne redenaarskompetisie is om die draai en ons wil vanjaar ons leerders met woorde laat woeker. Kom sê jou sê op 5 Maart om 18:00. Ons nooi alle belangstellendes en bekkiges wat deel van die kompetisie wil wees om hulle name so gou moontlik by me. Bosch te gaan inskryf.
|
- Juniors voorbereid (graad 8-9), 5 – 7 minute
- Juniors onvoorbereid (graad 8 -9), 4 – 6 minute
- Seniors voorbereid (graad 10-12), 5 – 7 minute
- Seniors onvoorbereid (graad 10-12), 4 – 6 minute
Temas vir voorbereide toesprake: Juniors (graad 8 - 9):
|
- Kantlyn
- Meulsteen
- Boekmerk
Temas vir voorbereide toesprake: Seniors (graad 10-12):
|
Ons top leerders sal genooi word om aan die ATKV se eerste uitdunronde deel te neem wat tydens die 15-18 April plaasvind. Alle toesprake moet beredenerend van aard wees. Besoek gerus die ATKV se webwerf vir meer inligting oor die toespraakvereistes en die Deelnemersgids: Redenaars | ATKV
|
So, doen solank jou diafragma-oefeninge, warm jou lippe op en kom praat jou hart uit!
|
|
|
|
|
Volg die skakel vir Kwartaal 1 se sportprogram. PROGRAM
|
|
|
|
|
Tennis: Spelers vir Cape Town (WP)-spanne gekies!
|
Baie geluk aan Stella Lamprecht (o.15A) en Mia Symington (o.19B) wat vir die onderskeie WP-tennisspanne gekies is om in die Synergy Cup deel te neem. Die interprovinsiale toernooi vind tussen Cape Town (WP), Cavaliers (Boland), Eden (SWD), Noord-Kaap en Oos-Kaap plaas. Die toernooi vind vanaf 15-16 Maart in die Tuinroete plaas.
|
Baie geluk en sterkte, Jan van Riebeeckers!
|
|
|
|
|
Aangepaste swemgroepe en -tye
|
Die swemtye word vanaf volgende week as volg aangepas om die groot getal swemmers vanjaar te akkommodeer.
|
- Altus van Niekerk
- Amy-Lee Kotzee
- Benjamin Shaw
- Cara Swanepoel
- Carel van Heerden
- Carmen Barnard
- Chaneal van Heerden
- Emma Liebenberg
- Jayden Erasmus
- Katie Heyns
- Keira Heyns
- Lukas Goosen
- Lumarie Fourie
- Mieke Bremer
- Mira Walker
- Neil Heyns
- Nicolaas Grutter
- Robert Kotzee
- Owen Wiese
- Zuletha Ferreira
- Kolya Paschke-Bos
- Anja Wentzel
- Emma Jonker
- Emma van Biljon
- Johan Guelpa
- Robert Kotzee
- Mieke Huysamen
- Mieke Nel
- Mieke Stydom
- Pierre de Villiers
- Sophia Fourie
- Stephan Malan
- Zazi Henderson
- Mathilda Loubser
Woensdae 14: 30 swem almal
|
Donderdae 14:30- 15:15 swem almal wat nie daardie betrokke week gekies is vir die skolegala nie.
|
Leerders kan ekstra lesse op Vrydae by me. Corlette Heyns bespreek teen eie koste. Ouers en ander belangstellendes kan ook vir hulself bespreek vir die volwasse groep.
|
|
|
|
|
Swemuitslae: Fish Hoek High School-gala
|
Die swemspan het Donderdag, 15 Februarie, in Vishoek deelgeneem. Skole wat teenwoordig was, was die Deutsch Schule Kaapstad, Settlers, Fish Hoek, Springfield, Bishops, Reddam Constansia, Grootte Schuur en Pinelands.
|
Ons kon daarin slaag om vyf derde plekke en vyf tweede plekke te behaal. Kianna-Gro Liversage het die 50m-vryslag gewen.
|
Volgende Donderdag neem ons 'n kleiner span na Bishops toe - ons hoop die swemmers sal nie te moeg wees na interskole nie. Op 29 Februarie bied ons die skolegala by Hoërskool Jan van Riebeeck aan en op 7 Maart sluit ons die swem vir die eerste kwartaal met die groot finaal weer by Fish Hoek High af.
|
|
|
|
|
Interskole-swem teen Dirkie Uys ’n groot sukses
|
Die eerste interskole-swembyeenkoms het Maandag, 12 Februarie, tussen Hoërskool Dirkie Uys en Hoërskool Jan van Riebeeck plaasgevind. Daar is voor die gala besluit dat items waar een skool geen inskrywings het nie, nie sal tel nie.
|
Dit was ook 'n goeie geleentheid vir ons top swemmers om teen mekaar in kompetisie-omstandighede te swem omdat elke skool drie swemmers per item kon inskryf. Slegs die eerste vier plekke het egter punte getel met 'n eerste plek wat 6 punte verdien het, 'n tweede plek 4, derde plek 2 en 'n vierde plek 1 punt.
|
Jan van Riebeeck kon daarin slaag om voor te swem met 138 punte teenoor die 102 punte van Dirkie Uys.
|
'n Woord van dank aan mnr. van Heerden en sy span wat die swembad so mooi voorberei het vir die dag.
|
|
|
|
|
ALGEMEEN
|
|
Foto-bestellings
|
Individuele foto's asook prysuitdeling-foto's (graad 8-11 van 2023) kan vanaf Maandag, 12 Februarie, op Karri bestel word. Volg die skakel vir 'n voorbeeld van die verskillende fotopakkette wat beskikbaar is.
|
- A4-pakkette kos R60.00 elk
- A5-foto's (Pakket F) kos R40.00 elk.
Karri-betalings sluit op Vrydag, 1 Maart 2024 om 14:00. Rig enige navrae in hierdie verband aan me. Vrey by magda.vrey@janvanriebeeck.co.za.
|
|
|
|
|
|
|
|
Kreetoefentye
|
NEEM KENNIS dat daar addisionele oefendae bygevoeg is.
|
Die skool is hard aan die werk ter voorbereiding vir die Super 6-atletiekdag wat op Woensdag, 21 Februarie 2024, by Coetzenburg, Stellenbosch, plaasvind.
|
Die kreetoefening vind sekere dae van die week plaas. Op die dae wat die kreetoefening plaasvind, vertrek die busse 14:45 vanaf die skool. Hierdie reëling is geldig tot 20 Februarie 2024.
|
|
|
|
|
Omgeebroodjies: Matriekraad- en VRL-projek
|
Ons vra graag vrywilligers in elke graadgroep om ons in ons omgeetoebroodjieprojek te ondersteun.
|
Dié broodjieprojek behels dat ons vir behoeftige leerders voorsien van ’n dubbelsny toebroodjie met ’n gesonde vulsel soos kaas/kaassmeer, ham of grondboontjiebotter. Die toebroodjie word met 'gladwrap' toegedraai.
|
Hierdie omgeebroodjies word dan elke dag (Maandag tot Vrydag) saam met u seun/dogter gestuur en tussen 7:00–7:40 in die houer in die admin-gang geplaas. Elke graadgroep het ‘n spesifieke dag gekry om broodjies te bring; dus bring ‘n leerder net op een dag van die week sy/haar broodjie. Leerders wat betrokke wil raak kan hulle name by me. Steyn ingee.
|
- Graad 12: Maandag
- Graad 11: Dinsdag
- Graad 10: Woensdag
- Graad 9: Donderdag
- Graad 8: Vrydag
Elke graadhoof is bewus van hoeveel leerders in hul graad iets te ete benodig en sal dit baie sensitief versprei. U kan ook vir aflewering reël indien vrywilligers weens werksomstandighede of welke ander rede nie die broodjies vroegoggend kan aflewer nie. Vrywilligers wat met dié baie nodige projek verder wil help, kan ook me. Steyn per e-pos in kennis stel: huibrecht.steyn@janvanriebeeck.co.za
|
Indien u eerder ’n finansiële bydrae tot hierdie projek wil maak, kan u dit via Karri doen.
|
U ondersteuning word hoog op prys gestel.
|
|
|
|
|
|
ATKV-Strepiestak & Toby de Ruiter-projek
|
Die ATKV-strepiestak wil graag Toby de Ruiter se stadsraadprojek ondersteun en sodoende teruggee aan die gemeenskap. The Helping Hand-projek fokus daarop om 'n verskil by Toby se kleuterskool, Jessie Kreet, te maak.Hul het 'n groot behoefte aan die volgende: opvoedkundige speelgoed, babaprodukte en nie-bederfbare kos.
|
Indien u graag 'n bydrae tot hierdie projek wil/kan maak, kan die items skool toe gestuur word en dit sal dan aan die skooltjie oorhandig word.
|
|
|
|
|
GRAADDAGKAMPE OM DIE DRAAI
|
In ons poging om ’n holistiese en gebalanseerde skoolervaring aan ons leerders te bied, probeer ons voortdurend nuwe verrykingsgeleenthede skep waarin leerders meer omtrent hulself, hul maats en die wêreld waarin hul leef, kan leer.
|
Na ‘n baie suksesvolle ervaring met ons heel eerste graadkampe in 2023, wil ons voorgaan in 2024 om in Hoërskool Jan van Riebeeck op skooleenheid, skooltrots, skoolgees en ons waardes te fokus – iets waaraan ons voordurend moet aandag gee. Een inisiatief wat ons in 2024 weer wil aanpak wat hierdie skoolaspek aanspreek, is graaddagkampe vir al ons leerders en personeel. Die doel van die graaddagkampe is veelvoudig: die tema van elke graad se dagkamp en die aanbieding daarvan, is spesifiek gekies om sekere doelwitte in daardie spesifieke graad te bereik. Verder kry leerders ook tydens dié dag die geleentheid om aktiwiteite aan te pak en kan so op ’n informele wyse ook hul klasmaats beter leerken. Ons het geluister na al die insette en terugvoering en het die nodige aanpassings gemaak.
|
Die hele skool (graad 8 tot 12) sal op Dinsdag, 19 Maart 2024 om 7:30 die oggend aanmeld vir hulle dagkamp. Leerders sal weer om 16:30 verdaag en terugkeer huis toe. Leerders sal op Woensdag, 20 Maart om 7:30 aanmeld en die program word daardie Woensdagoggend om 10:00 afgesluit.
|
Vervoerreëlings indien nodig sal nader aan die tyd gekommunikeer word.
|
Die koste per leerder beloop R300 en verskeie betaalopsies word op Karri gelaai. U kan ’n eenmalige betaling maak of nou reeds begin om kleiner betalings te doen soos dit u pas. Alle betalings moet asseblief teen einde Februarie 2024 gefinaliseer wees.
|
Ons sien baie uit na hierdie verrykingsgeleentheid vir ons leerders! Na verlede jaar se kamp is dit beslis ‘n nuwe jaarlikse instelling wat sy plek verdien op die JvR-kalender .
|
By voorbaat dankie vir u ondersteuning van hierdie inisiatief.
|
|
|
|
|
|
Bybelvasvrae 2024
|
Ons nooi graag alle belangstellende graad 8 -10 leerders uit om in te skryf vir 2024 se Rapportryers Bybelvasvra.
|
Kom toets jou kennis van die Bybel in hierdie landswye kompetisie. Leerders neem in spanne van 4 deel; dus kry jy ook die geleentheid om spanwerk te oefen.
|
Kontantpryse is as volg: R7 000, R5 000 en R4 000 onderskeidelik vir die eerste, tweede en derde plekke. Die ander sewe spanne wat aan die finaal deelneem, ontvang elkeen R 1 000. Inskrywings kan op Karri gedoen word en beloop R100 per leerder. Die inskrywings sluit op 16 Junie 2024. Verdere inligting en voorbeeldvraestelle is by me. Nimmo beskikbaar wees. Jy kan reeds die Bybeltekste begin navors.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Gevorderde swemlesse
|
Daar is op Vrydae14:30 tot 15:15 ekstra lesse vir gevorderde swemmers. Kostes beloop R150 per persoon – 48 uur kansellasieperiode.
|
Ouers moet per e-pos bevestig en registreer by cheyns@live.co.za.
|
Beginners kan ook vir Corlette Heyns direk kontak vir ander opsies in die klein swembad.
|
|
|
|
|
|
|