|
|
|
|
|
UIT DIE SKOOLHOOF SE KANTOOR
Nog ’n bedrywige en suksesvolle week hier by Jan van Riebeeck is verby en ’n mens kan amper nie glo dat die eerste kwartaal einde se kant toe staan nie.
|
Ons is baie trots op dit was Woensdag op Coetzenburg in Stellenbosch gebeur het: ons leerders het hul puik van hul taak gekwyt op die atletiekbaan én op die paviljoene. Die gees, dissipline, hul voorkoms en sportmanskap was besonders. Ons rasieleiers het ook beïndruk met ’n uitstaande vertoning!
|
Baie dankie aan elkeen wat die JvR-waardes en -gees met groot entoesiame uitgeleef het. Baie dankie ook aan die baie ouers wat ons kom ondersteun het.
|
Dit is werklik merkwaardig om te sien wat mnr. Abré van Heerden en dr. Sors Joubert die afgelope bietjie-meer-as-’n-jaar met ons atletiekprogram vermag het - die ander deelnemende skole kon nie die vordering en prestasievlak van ons atlete glo nie!
|
Ons is dankbaar en trots op elke Jan van Riebeecker wat inkoop in die hoë standaard en verwagtinge ten opsigte van oefeninge en deelname - dit maak ’n reuseverskil. Dankie ook aan mnr. Hans-Peter Klink wat die administratiewe kant van die program knap bestuur. Ons spog met al ons atlete!
|
Ek glo dat u al op sosiale media ons kreetvideo gesien het. Dit het die afgelope maand ook harde werk geverg en hier wil ek ook dankie sê vir ons leerders se inkoop in die nuwe kultuur wat ons met ons geespogings wil vestig. Dit was ure en ure se oefen, maar ons is almal trots op die eindproduk en elkeen betrokke.
|
Dankie aan me. Elize von Versen, hoof van ons verrykingsportefeulje, wat aan die stuur van sake gestaan het en alles deeglik beplan en bestuur het. Johan de Wet verdien ook groot lof vir sy afrigting en kreatiewe idees om ons Jan van Riebeeckers in hierdie poging suksesvol te lei. Jul werk is beloon met ’n puik vertoning en ek glo ons gaan nou voortbou op hierdie nuwe aanslag om in die toekoms nog treffervertonings te lewer.
|
Sterkte ook aan al ons atlete wat die naweek aan die Tafelbaai-sonebyeenkoms deelneem. Ons hou duimvas vir mooi vertonings en goeie uitslae.
|
|
|
|
|
2023-Toekennings
|
2023-TOEKENNINGS Alle graad 9 tot 12 leerders wat tydens die prysuitdeling toekennings ontvang het, moet hul gelukwensingsbrief en afskrifte van hul sertifikate voor of op Woensdag, 28 Februarie by me. Sanette van Loggerenberg inhandig vir die bestel en aankoop van baadjies, dasse en balkies. Geen laat aansoeke sal aanvaar word nie.
|
2023-MERIETE-TOEKENNINGS Alle graad 9 tot 12 leerders, wat in 2023 gekwalifiseer het vir meriete toekennings, se sertifikate sal op Maandag, 26 Februarie tydens die saalbyeenkoms aan hul oorhandig word. Leerders wat sertifikate ontvang, moet asseblief netjies geklee wees soos vir 'n saalbyeenkoms (baadjie en 'n das).
|
|
|
|
|
Assesseringsprogram en intervensie
|
Neem asseblief kennis dat die assesseringsdatums vir graad 10-Wiskunde en -Wiskundige Geletterdheid en graad 11-IT, -RTT en -Geografie verander het. Veranderinge word in geel aangetoon.
|
|
|
|
|
SAASTA-Wetenskapolimpiades 2024
|
Alle leerders wat belangstel om vanjaar die nasionale Wetenskapolimpiades te skryf, kan nou op Karri inskryf. Die koste beloop R35 per leerder en die lyste sluit op 20 Maart 2024. Die olimpiades word aan die einde van die skooldag afgelê en is in die vorm van meervoudige keusevrae. Leerders is welkom om meer inligitng asook ou vraestelle by mev. Turkstra te kry.
|
- Lewenswetenskappe Graad 10-11 Dinsdag , 23 Julie 2024 (14:15-16:15)
- Natuurwetenskappe Graad 8-9 Woensdag. 24 Julie 2024 (14:15-16:15)
- Fisiese Wetenskappe Graad 10-11 Donderdag, 25 Julie 2024 (14:15-16:15)
|
|
|
|
Graad 12-Rekeningkunde
|
Daar vind op 26 Februarie en 18 Maart Rekeningkundelesse in die namiddag vanaf 14:30 tot 16:30 plaas . Alle graad 12-Rekeningkundeleerders moet teenwoordig wees. Die klas word aangebied om leerders voor te berei om ten beste in die vak te presteer. Gesels met me. Meyer indien u enige navrae het.
|
|
|
|
|
Graad 12-Akademie
|
Kliek hier vir die samestelling van elke graad 12-vak se SBA-punt. Die graad 12 SBA-samestelling vanaf die WKOD is by die skakel beskikbaar.
|
Hieronder kan u toegang kry tot die eksamenriglyne vir elke vak. Dit is belangrik dat u kind deurlopend die dokument raadpleeg.
|
|
|
|
|
Vakveranderings 2024
|
U as ouer/voog voltooi die eerste gedeelte van die vorm en daarna moet u kind asb. sorg dat die huidige vakonderwyser, die beoogde vakonderwyser, asook sy/haar graadhoof die vorm teken. Daarna kan u kind die vorm by die akademiese hoof indien. Die akademiese hoof sal vir u kind 'n toestemmingsbrief gee sodra die WKOD die aansoek goedkeur het en eers daarna mag u kind van vak verander. Kontak me. Liza Serrao (liza.serrao@janvanriebeeck.co.za) indien u nog enige vrae het.
|
- Graad 11 – Aansoek deur ouer/voog/primêre versorger. Twee veranderinge toegelaat. Sperdatum is 29 Februarie 2024
- Graad 10 – Aansoek deur ouer/voog/primêre versorger. Twee veranderinge toegelaat. Sperdatum is 7 Junie 2024
|
|
|
|
POORT-Skryfkompetisie
|
Jan van Riebeeck nooi vanjaar weer sy leerders uit om deel te neem aan die POORT-skryfkompetisie.
|
Hierdie kompetisie is ’n inisiatief van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. Die kompetisie wil skeppende talent onder hoërskoolleerders ontdek, aanmoedig, waardeer en aan ’n groter gehoor blootstel. Alle leerders wat in 2024 in graad 10, 11 of 12 is, word uitgenooi om deel te neem. Skryf ’n storie of ’n gedig, en jy mag dalk met die eerste prys van R10 000 wegstap!
|
Leerders wie se vingers juk om te begin skryf, kan solank met me. Raath oor die kompetisie gaan gesels. Die kompetisie sluit reeds 28 Februarie, so trek solank jou notaboek of skootrekenaar nader!
|
|
|
|
|
|
ATKV-Debat: deelnemerskursus
|
Die ATKV bied op Saterdag, 24 Februarie ʼn deelnemerskursus vir debatdeelnemers en ouers aan. Alle graad 8's en 9's wat vanjaar aan ATKV-debat gaan deelneem en nog nie die kursus bygewoon het nie, word sterk aangeraai om hierdie geleentheid te gebruik. Die kursus sal virtueel aangebied word van 08:30 tot 12:00 en die koste beloop R150 per persoon. Voltooi die inskrywingsvorm by die onderstaande skakel en stuur die bewys van jou betaling om die skakel vir die kursus te ontvang.
|
|
|
|
|
JvR-REDENAARSKOMPETISIE 2024
|
Op jou merke, gereed…PRAAT!
|
Die jaarlikse interne redenaarskompetisie is om die draai en ons wil vanjaar ons leerders met woorde laat woeker. Kom sê jou sê op 5 Maart om 18:00. Ons nooi alle belangstellendes en bekkiges wat deel van die kompetisie wil wees om hulle name so gou moontlik by me. Bosch te gaan inskryf.
|
- Juniors voorbereid (graad 8-9), 5 – 7 minute
- Juniors onvoorbereid (graad 8 -9), 4 – 6 minute
- Seniors voorbereid (graad 10-12), 5 – 7 minute
- Seniors onvoorbereid (graad 10-12), 4 – 6 minute
Temas vir voorbereide toesprake: Juniors (graad 8 - 9):
|
- Kantlyn
- Meulsteen
- Boekmerk
Temas vir voorbereide toesprake: Seniors (graad 10-12):
|
Ons top leerders sal genooi word om aan die ATKV se eerste uitdunronde deel te neem wat tydens die 15-18 April plaasvind. Alle toesprake moet beredenerend van aard wees. Besoek gerus die ATKV se webwerf vir meer inligting oor die toespraakvereistes en die Deelnemersgids: Redenaars | ATKV
|
So, doen solank jou diafragma-oefeninge, warm jou lippe op en kom praat jou hart uit!
|
|
|
|
|
Nuwe dansskool by JvR!
|
Ons is baie opgewonde om vanaf die tweede kwartaal, in samewerking met Byron Bure Academy of Theatre Arts, aan al ons Jan van Riebeeckers die geleentheid te bied om hier by die skool opleiding in verskeie dansvorme te geniet!
|
Die volgende dansdissiplines sal afgerig word: Ballet, Klopdans (Tap), Hip Hop, Kontemporêr, Moderne danse en Jazz.
|
Ons bied vanaf 5 tot 7 Maart opeklasse vir alle leerders aan om te kom kyk of hul in een of meer van hierdie dansklasse belangstel. Dié klasse is gratis, maar sodra leerders aansluit vir die res van die jaar, sal daar ’n maandelikse fooi per dansdissipline gehef word.
|
Kom sluit gerus aan – hier is nog ’n heerlike nuwe geleentheid vir al ons kultuurliefhebbers… en ouers is ook baie welkom om in te skryf!
|
#JanDans sal ook binnekort met weeklikse baldans- (ballroom) afrigting begin.
|
|
|
|
|
Splinternuut: Jan van Riebeeck Hokkie-, Netbal- en Rugby-premierliga
|
Ons kondig die Suzuki-winterseisoen met ‘n splinternuwe konsep aan!
|
Ons nuwe premierliga is ’n geleentheid vir ons wintersportspanne om bymekaar te kom in goeie gees en teen mekaar te kompeteer. Dis ook die aankondiging van die wintersporte wat weer gaan begin.
|
Ons sien uit na baie tuissportdae vanjaar met goeie koffie en warmnye van SOSO, ons nuwe Jan Café-span, af. Ons wag steeds op die WP vir ons finale wedstrydbepalings vir Kwartaal 2 en 3 en sal dit so spoedig moontlik deurgee.
|
Ons winterspanne gaan ons vanjaar reg oor die land, vanaf Pretoria tot die Paarl, in die beste toernooie in Suid-Afrika vir hokkie, netbal en rugby verteenwoordig.
|
Die premierliga se doel is dat ons senior spelers saam met ons juniors in spanne speel en hul by mekaar leer. Die dag is daar om te geniet en JvR-wintersporte te vier. Dit skep ook geleentheid om die roes af te skud van die tydperk wat daar nie gespeel is nie.
|
HOKKIE St Michaels-veld Saterdag, 2 Maart 2024 09:00 – 14:00
|
SENIOR RUGBY - o.16 & o.19 Boshoffvelde Vrydag, 1 Maart 2024 15:00 – 17:30
|
JUNIOR RUGBY- o.14 & o.15 Rugbykamp Saterdag, 2 Maart 2024 09:00 - 14:00
|
NETBAL Hoërskool Jan van Riebeeck: Baan 1 & 2 Saterdag, 2 Maart 2024 09:00 – 14:00 o.14 Saterdag, 2 Maart 2024 09:00 – 12:00 Oefenkamp
|
Spelroosters sal volgende week aan kapteine gegee word. Baie sterkte, Jan van Riebeeckers en mag die beste spanne wen in die heel eerste premierliga vir wintersporte.
|
|
|
Winterprogram 2024
|
|
|
Ons sal vanaf 4 Maart oorslaan na die winterprogram en die oefenroosters volg in volgende week se Vrydagflitse.
|
Volg die skakel vir Kwartaal 1 se sportprogram. PROGRAM
|
|
|
|
|
Skaak: 17 & 18 Februarie
|
Aiden Kruger in graad 8 het deelgeneem aan die Cape of Good Hope Skaaktoernooi wat op 17 en 18 Februarie 2024, by Sid.G.Rule Primary in Grassy Park aangebied is. Hy het 'n goeie 3/6 behaal in die gevorderde afdeling wat oop is vir enige hoërskoolleerling.
|
|
|
|
|
Boogskiet
|
Tiaan Joubert het die afgelope naweek aan die interskole boogskietkompetisie by Laerskool Paul Greyling deelgeneem. Uit die 31 deelnemers, eindig Tiaan 8ste met 'n nuwe persoonlike beste telling. Mooi so!
|
|
|
|
|
|
Aangepaste swemgroepe en -tye
|
Die swemtye word vanaf volgende week as volg aangepas om die groot getal swemmers vanjaar te akkommodeer.
|
- Altus van Niekerk
- Amy-Lee Kotzee
- Benjamin Shaw
- Cara Swanepoel
- Carel van Heerden
- Carmen Barnard
- Chaneal van Heerden
- Emma Liebenberg
- Jayden Erasmus
- Katie Heyns
- Keira Heyns
- Lukas Goosen
- Lumarie Fourie
- Mieke Bremer
- Mira Walker
- Neil Heyns
- Nicolaas Grutter
- Robert Kotzee
- Owen Wiese
- Zuletha Ferreira
- Kolya Paschke-Bos
- Anja Wentzel
- Emma Jonker
- Emma van Biljon
- Johan Guelpa
- Robert Kotzee
- Mieke Huysamen
- Mieke Nel
- Mieke Stydom
- Pierre de Villiers
- Sophia Fourie
- Stephan Malan
- Zazi Henderson
- Mathilda Loubser
Woensdae 14: 30 swem almal
|
Donderdae 14:30- 15:15 swem almal wat nie daardie betrokke week gekies is vir die skolegala nie.
|
Leerders kan ekstra lesse op Vrydae by me. Corlette Heyns bespreek teen eie koste. Ouers en ander belangstellendes kan ook vir hulself bespreek vir die volwasse groep.
|
|
|
|
|
ALGEMEEN
|
|
Foto-bestellings
|
Individuele foto's asook prysuitdeling-foto's (graad 8-11 van 2023) kan vanaf Maandag, 12 Februarie, op Karri bestel word. Volg die skakel vir 'n voorbeeld van die verskillende fotopakkette wat beskikbaar is.
|
- A4-pakkette kos R60.00 elk
- A5-foto's (Pakket F) kos R40.00 elk.
Karri-betalings sluit op Vrydag, 1 Maart 2024 om 14:00. Rig enige navrae in hierdie verband aan me. Vrey by magda.vrey@janvanriebeeck.co.za.
|
|
|
|
|
|
Omgeebroodjies: Matriekraad- en VRL-projek
|
Ons vra graag vrywilligers in elke graadgroep om ons in ons omgeetoebroodjieprojek te ondersteun.
|
Dié broodjieprojek behels dat ons vir behoeftige leerders voorsien van ’n dubbelsny toebroodjie met ’n gesonde vulsel soos kaas/kaassmeer, ham of grondboontjiebotter. Die toebroodjie word met 'gladwrap' toegedraai.
|
Hierdie omgeebroodjies word dan elke dag (Maandag tot Vrydag) saam met u seun/dogter gestuur en tussen 7:00–7:40 in die houer in die admin-gang geplaas. Elke graadgroep het ‘n spesifieke dag gekry om broodjies te bring; dus bring ‘n leerder net op een dag van die week sy/haar broodjie. Leerders wat betrokke wil raak kan hulle name by me. Steyn ingee.
|
- Graad 12: Maandag
- Graad 11: Dinsdag
- Graad 10: Woensdag
- Graad 9: Donderdag
- Graad 8: Vrydag
Elke graadhoof is bewus van hoeveel leerders in hul graad iets te ete benodig en sal dit baie sensitief versprei. U kan ook vir aflewering reël indien vrywilligers weens werksomstandighede of welke ander rede nie die broodjies vroegoggend kan aflewer nie. Vrywilligers wat met dié baie nodige projek verder wil help, kan ook me. Steyn per e-pos in kennis stel: huibrecht.steyn@janvanriebeeck.co.za
|
Indien u eerder ’n finansiële bydrae tot hierdie projek wil maak, kan u dit via Karri doen.
|
U ondersteuning word hoog op prys gestel.
|
|
|
|
|
GRAADDAGKAMPE OM DIE DRAAI
|
In ons poging om ’n holistiese en gebalanseerde skoolervaring aan ons leerders te bied, probeer ons voortdurend nuwe verrykingsgeleenthede skep waarin leerders meer omtrent hulself, hul maats en die wêreld waarin hul leef, kan leer.
|
Na ‘n baie suksesvolle ervaring met ons heel eerste graadkampe in 2023, wil ons voorgaan in 2024 om in Hoërskool Jan van Riebeeck op skooleenheid, skooltrots, skoolgees en ons waardes te fokus – iets waaraan ons voordurend moet aandag gee. Een inisiatief wat ons in 2024 weer wil aanpak wat hierdie skoolaspek aanspreek, is graaddagkampe vir al ons leerders en personeel. Die doel van die graaddagkampe is veelvoudig: die tema van elke graad se dagkamp en die aanbieding daarvan, is spesifiek gekies om sekere doelwitte in daardie spesifieke graad te bereik. Verder kry leerders ook tydens dié dag die geleentheid om aktiwiteite aan te pak en kan so op ’n informele wyse ook hul klasmaats beter leerken. Ons het geluister na al die insette en terugvoering en het die nodige aanpassings gemaak.
|
Die hele skool (graad 8 tot 12) sal op Dinsdag, 19 Maart 2024 om 7:30 die oggend aanmeld vir hulle dagkamp. Leerders sal weer om 16:30 verdaag en terugkeer huis toe. Leerders sal op Woensdag, 20 Maart om 7:30 aanmeld en die program word daardie Woensdagoggend om 10:00 afgesluit.
|
Vervoerreëlings indien nodig sal nader aan die tyd gekommunikeer word.
|
Die koste per leerder beloop R300 en verskeie betaalopsies word op Karri gelaai. U kan ’n eenmalige betaling maak of nou reeds begin om kleiner betalings te doen soos dit u pas. Alle betalings moet asseblief teen einde Februarie 2024 gefinaliseer wees.
|
Ons sien baie uit na hierdie verrykingsgeleentheid vir ons leerders! Na verlede jaar se kamp is dit beslis ‘n nuwe jaarlikse instelling wat sy plek verdien op die JvR-kalender .
|
By voorbaat dankie vir u ondersteuning van hierdie inisiatief.
|
|
|
|
|
|
Bybelvasvrae 2024
|
Ons nooi graag alle belangstellende graad 8 -10 leerders uit om in te skryf vir 2024 se Rapportryers Bybelvasvra.
|
Kom toets jou kennis van die Bybel in hierdie landswye kompetisie. Leerders neem in spanne van 4 deel; dus kry jy ook die geleentheid om spanwerk te oefen.
|
Kontantpryse is as volg: R7 000, R5 000 en R4 000 onderskeidelik vir die eerste, tweede en derde plekke. Die ander sewe spanne wat aan die finaal deelneem, ontvang elkeen R 1 000. Inskrywings kan op Karri gedoen word en beloop R100 per leerder. Die inskrywings sluit op 16 Junie 2024. Verdere inligting en voorbeeldvraestelle is by me. Nimmo beskikbaar wees. Jy kan reeds die Bybeltekste begin navors.
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Gevorderde swemlesse
|
Daar is op Vrydae14:30 tot 15:15 ekstra lesse vir gevorderde swemmers. Kostes beloop R150 per persoon – 48 uur kansellasieperiode.
|
Ouers moet per e-pos bevestig en registreer by cheyns@live.co.za.
|
Beginners kan ook vir Corlette Heyns direk kontak vir ander opsies in die klein swembad.
|
|
|
|
|
|
|