Nuusbrief-header
5 Junie 2020

Uit die hoof se kantoor

  • Dit was heerlik om Maandag die matrieks terug te verwelkom en om weer jongmense op die skoolterrein te sien! Ons wil hulle graag bedank vir hulle uitstekende samewerking en dat hulle sonder enige huiwering al die nuwe regulasies en COVID-19 protokols onmiddellik nagekom het en steeds doen. Hulle stel 'n uitstekende voorbeeld vir ons almal.
  • Ons herinner al die graad 8-11's dat die week se blaaskans ongelukkig nou weer op 'n einde is en dat die aanlyn leer weer Maandag volstoom afskop. Onthou om Maandagoggend by Google Classroom in te skakel om al jou nuwe werk te kry.
  • Leerders met komorbiditeite moet asseblief onthou om aansoek te doen voordat hulle bloot by die huis mag bly. Die aansoek moet ook eers deur die skool goedgekeur word. Leerders wat nié skool bywoon nie se ouers moet asseblief bewus wees daarvan dat hulle die verantwoordelikheid vir hulle kind se huiswerk en studies moet aanvaar.
  • Alle verpligte asseserings en toetse se datum sal binnekort aan u gestuur word. Juf Lin Olivier se graad 12-klas kan gerus reeds van die volgende datums kennis neem:

    - 8 Junie: Praktiese voorbereiding vir GVS word ingehandig.
    - 9 en 10 Junie: Praktiese assesering vir GVS.
    - 11 Junie: Klastoets
  • Ons herinner al ons ouers om asseblief GLAD nie u voertuig te verlaat wanneer u op die skoolgronde parkeer nie. U moet ook 'n masker dra om ons leerders en ons personeel se veiligheid en gesondheid te help verseker.

    Ons leerders gee 100% gehoor aan al die protokols en ons verwag van ons ouers om asseblief dieselfde te doen. Indien daar nie gehoor gegee word aan die versoek nie, sal ons ongelukkig nie meer motors op die skoolterrein toelaat nie.

    Baie dankie vir u samewerking in die verband.
facebook instagram custom 
MailPoet