|
|
|
|
Voorlopige datums vir heropening van skole
|
|
|
|
Daar is tans nog baie onsekerheid en vrae rondom die heropening van skole, maar Hoërskool Jan van Riebeeck is reeds hard aan die werk om voor te berei vir die terugkeer van leerders.
|
Die skoolbestuur en steunpersoneel keer Maandag 11 Mei terug skool toe en die onderwyspersoneel op 18 Mei.
|
Op hierdie stadium is die aanduiding dat graad 12's op Maandag 1 Junie terugkeer skool toe. Daar is nog geen tentatiewe datums vir die ander grade nie. Ons het ook nog geen aanduiding van skoolkwartale nie.
|
Die graad 12-sillabus bly onveranderd en leerders skryf hul NSS-eksamen oor die hele jaar se werk. Die hoeveelheid assesserings word egter wel verminder sodat daar meer onderrigtyd is. Die skool behoort op 15 Mei groter duidelikheid hieroor te ontvang.
|
Die sillabus vir alle ander grade gaan wel aangepas word om die ontwrigte skooljaar in ag te neem. Weereens sal ons op 15 Mei vir u meer inligting kan verskaf.
|
Intussen is die skoolterrein steeds buite perke vir alle besoekers om aan die voorskrifte van die WKOD te voldoen.
|
Moet asseblief nie huiwer om my te kontak indien nodig nie.
|
|
|
|
|
Netwerk24 Wiskundekompetisie 2020
|
|
|
Die inskrywings vir vanjaar se Wiskundekompetisie is oop en sal ook later sluit! Weens die COVID-19 pandemie sal die kompetisie vanjaar tuis afgelê kan word. Spesiale verifiëringsmeganismes is ingebou om steeds die standaard en geloofwaardigheid van die kompetisie te behou. En daar is steeds hope prysgeld op die spel.
|
Wiskundeleerders in Graad 6 & 7, sowel as Graad 10 - 12 word genooi om voor Woensdag 20 Mei in te skryf by: www.cumlaudemedia.com
|
Vir volledige reëls en regulasies besoek ook cumlaudemedia.com se web of Facebook-bladsy.
|
|
|
|
|
Help vandag 'n Jan van Riebeecker!
|
|
|
https://youtu.be/yhm6yMTQ2NA
|
In die tyd van inperking is daar van ons leerders en hulle gesinne wat sukkel. Van ons bekendste oudleerders span hier saam om 'n beroep op ons gemeenskap te doen om 'n finansiële bydrae te lewer. Gaan kliek op Payfast en help vandag 'n Jan van Riebeecker in nood.
|
Baie dankie aan Lea Viviers, Viljé Maritz, Pietie Beyers, Luna Paige, Laurika Rauch en Johan Stemmet vir hulle hulp en tyd met die maak van die video.
|
|
|
|
|
|