Nuusbrief-header
15 Mei 2020

Belangrike Sake

  • Minister Angie Motshekga gaan hopelik eerskomende Maandag die nuutste verwikkeling oor skole aan ons deurgee. Ons sal u natuurlik so gou doenlik van enige belangrike sake in kennis stel.

    Intussen is dit wel nodig vir u om te weet dat die skoolbestuur en skoolhoof vanaf Maandag weer terug is by die skool. U kan me Lizette Visser dus telefonies daar bereik. Let wel, die onderwysers en meeste personeel is steeds slegs op e-pos besikbaar.
  • Die jaarlikse Jan Styl-kompetisie vir senior leerders is 'n groot hoogtepunt op die skoolkalender. Dit was egter vir 6 Mei geskeduleer. Ons wil nie graag die leerders van hierdie pret-aktiwiteit ontneem nie, daarom gaan ons hierdie jaar die eerste virtuele Jan Styl aanbied! Alle deelnemers sal Maandag 'n uitnodiging via Google Classroom ontvang.
  • Daar is twee Wiskunde Kompetisies waaraan leerders aanlyn kan deelneem - die Netwerk24-kompetisie en die Brics-kompetisie. Gaan kliek gerus op die skakels en kry meer inligting daar.
  • Die Welgemeend verskaf tans heerlike maaltye en bied ook ander produkte te koop aan. Geen loer gerus op die skool se FB-bladsy vir die nuutste spyskaart.
facebook instagram custom 
MailPoet