Nuusbrief-header
19 Junie 2020

'n Brief uit die hoof se kantoor

Geagte ouer / voog

Ons graad 12's is reeds drie weke terug op die skoolbanke en dit gaan goed met hulle. Skoolbywoning is goed en hulle werk hard saam met die onderwysers om te verseker dat hulle goeie uitslae aan die einde van die jaar behaal .

Ouers en leerders word daaraan herinner dat die reëlings ten opsigte van afwesigheid vir toetse en eksamens onveranderd bly. Indien 'n leerder vir 'n toets afwesig is, moet hulle 'n mediese sertifikaat indien of 'n ander wettige rede verskaf. Leerders wat nié in die skool is nie, word volgens die voorskrifte van die WKOD afwesig gemerk. Vanaf komende Maandag sal die skool se SMS-stelsel ook weer 'n aanvang neem om ouers in te lig indien hul kind nie in die skool is nie.

Op 6 Julie sluit die graad 10's en 11's ook by ons aan. Ons beplan om die week voor hul amptelike terugkeer reeds hul oriëntering af te handel. Kommunikasie oor watter dag hul moet aanmeld, regte kleredrag en aanmeldtye sal volgende week aan u gekommunikeer word.

Reëlings vir die terugkeer van die graad 10's en 11's na die koshuis sal ook volgende week getref word. Ons vra dat leerders wat nié beplan om vir die res van die jaar na die koshuis terug te keer nie, so gou as moontlik die skool in kennis sal stel om ons te help met ons beplanning.

Enige ouers wat steeds 'n afspraak wil maak om handboeke of toerusting by die skool te kom haal, moet hierdie skakel volg. Mev Milandre Bezuidenhout is in beheer van die administrasie van dié taak.

Ons hoop u is nog almal gesond en veilig. Mag u 'n rustige naweek hê.

Vriendelike groete
Lizette Visser

facebook instagram custom 
MailPoet