Nuusbrief-header
17 Julie 2020
Geagte ouer / voog

Ons sien uit daarna om groep 1 van graad 8, 9 en 10 eerskomende Maandag by ons te verwelkom. Ons vra dat leerders nie later as 07:20 by die skool aanmeld nie om genoeg tyd toe te laat vir die siftingsproses. Sien asseblief vorige nuusbriewe vir spesifieke reëlings oor kleredrag en ander COVID-verwante reëlings.

Vir u gerief word die groepe vir graad 8, graad 9 en graad 10 weer hier ingesluit.

Koshuisleerders word daaraan herinner dat hulle Sondagaand slegs tussen 17:00 en 18:00 by die koshuis kan aanmeld.

Ons volg dieselfde rooster as wat ons in kwartaal 1 gevolg het. Ons begin stiptelik om 07:40 soggens en die klok lui om 14:05 vir die einde van die dag.

Skoolkwartale

Die WKOD het ook uiteindelik die amptelike datums vir 2020 deurgegee. Die res van die jaar verloop as volg:

Kwartaal 2: 1 Junie - 7 Augustus
Kwartaal 3: 12 Augustus - 23 September
Kwartaal 4: 5 Oktober - 15 Desember

Ons sal so gou moontlik die datums vir die graad 12-rekordeksamen met u kommunikeer.

Program vir Julie en Augustus

Ten einde u beplanning te vergemaklik, sluit ons die program vir die volgende 6 weke in.

Let daarop dat in week 3 en 4 slegs een jaargroep skool bywoon. Dit is om te verseker dat ons steeds die protokol vir sosiale afstand kan behou tydens amptelike assesserings.

Week 1 (20 – 24 Julie): Groep 1 vir alle grade; hele graad 12-groep.
Week 2 (27 – 31 Julie): Groep 2 vir alle grade; hele graad 12-groep.
Week 3 (3 – 7 Aug): Toetsweek vir graad 11 (alle ander grade bly by die huis).
Week 4 (12 – 14 Aug): Toetsweek vir graad 10 (alle ander grade bly by die huis).
Week 5 (17 – 21 Aug): Groep 1 vir alle grade; hele graad 12-groep.
Week 6 (24 – 28 Aug): Groep 2 vir alle grade; hele graad 12-groep.

Baie dankie vir elke ouer se ondersteuning in hierdie onsekere en abnormale tye.

Pas asseblief vir u en u gesin mooi op en bly gesond.

Vriendelike groete
Lizette Visser
facebook instagram custom 
MailPoet