|
|
|
|
Ons het hierdie week die laaste groep leerders in graad 8 – 10 ontvang wat Maart laas in die skool was. Dit was regtig lekker om hul gesigte en stemme weer in ons skoolgebou te sien en hoor.
|
Ons vertrou dat die jaar uiteindelik sonder verdere onderbrekings sal verloop.
|
Ons wens ons Wiskunde departement hierdie week geluk met ‘n uitstekende prestasie: Hoërskool Jan van Riebeeck is aangewys as die topskool in die Universiteit van Pretoria se jaarlikse nasionale Wiskunde kompetisie.
|
Individuele leerders het ook uitstekend presteer: Peet Karsten en Layla Erasmus beklee gesamentlik die eerste plek in graad 8. Johann Jordaan het die vyfde plek in graad 9 behaal. Ons is besonder trots op hierdie leerders en ons Wiskunde departement.
|
U kan die volledige uitslae hier kry.
|
Die DBE het die finale rooster vir die NSS 2020 eksamen bekendgemaak. U kan dit hier aflaai. Sodra die Graad 12’s se rooster vir die Rekordeksamen gefinaliseer is, sal ons sal dit aan u kommunikeer.
|
Ons herinner u aan die volgende belangrike datums in kwartaal 3.
|
Graad 12 Rekordeksamen: 7 September – 2 Oktober
|
|
Graad 12 Visuele kuns praktiese eksamen: 13 – 16 Oktober
|
|
Graad 12 Afrikaans en Engels mondeling moderering: 17 Augustus
|
|
Graad 10 en 11 toetsweek: 14 September – 18 September
|
|
Graad 8 en 9 toetsweek: 21 September – 25 September
|
|
Reëlings in verband met die toetsweke sal begin September aan u deurgegee word.
|
Ons herinner ons ouers dat leerders vanaf Maandag weer skooluniform dra. Dit is tans nog wintersdrag. Die gewone voorkomsreëls in verband met hare en juweliersware geld soos in die gedragskode uiteengesit. Seuns moet ook geskeer wees.
|
Ouers moet asseblief nie uit hul motors klim en sonder maskers op die parkeerterrein beweeg nie. Toegang tot die skoolterrein is steeds beperk tot noodsaaklike dienste.
|
Ons herinnner u daaraan dat u u kind se graadvoog per e-pos of telefoon kan kontak indien u enige vrae het.
|
Pas uself en u gesin mooi op.
|
|
|
|
|
|
|
|
|