|
|
|
|
Die graad 12’s begin op Donderdag 2 November met hul finale eksamen. Ons wens hulle voorspoed toe in hierdie belangrike eksamen wat vir hulle baie deure in die toekoms kan oopsluit.
|
Ons benadruk weer die belangrikheid van COVID protokolle, ook in leerders se privaatlewe. Graad 12’s wat tydens hierdie eksamen COVID positief toets, sal eers in Junie 2021 hul eksamen kan voltooi. Ons vra dus dat ouers in hierdie belangrike 6 weke wat voorlê, sal toesien dat matrieks te alle tye die nodige protokols nakom.
|
Die graad 12’s ontvang vandag hul rapporte. Baie geluk aan diegene wat deur die jaar, ten spyte van uitdagende omstandighede, hard gewerk het en baie goed presteer het. Vir sommige lê daar nog harde werk voor die finale eksamen. Ons vertrou dat hulle nou deursettingsvermoë en moed aan die dag gaan lê om te verseker dat hulle suksesvol is aan die einde van die jaar.
|
Sommige vakke soos Toerisme, Wiskundige Geletterdheid en Fisiese Wetenskap het geen kwartaal 2 punt nie omdat die gewigte en verspreiding van punte deur die WKOD verander is as gevolg van die COVID pandemie. In sommige vakke verskil die kwartaal 1 punt ook nou van wat aanvanklik aan die einde van die eerste kwartaal uitgestuur is.
|
Die kwartaal 4 punt op die rapport is die die leerders se SBA punt vir die vak.
|
Graad 10 en 11 het gister hul rapporte ontvang. Hulle meld almal weer Maandag 2 November by die skool aan vir die laaste kwartaal.
|
Alle graad 8 en 9 leerders keer op Maandag 2 November terug skool toe.
|
Ons is baie trots op Elzaan Daniels (graad 11) wat onder die top 12 van die ATKV Tienertoneel is.
|
Gaan stem asseblief vir haar by die volgende skakel om die wenner van die kykerskeuse aan te wys.
|
Die graad 11 leiers vir 2021 is aangewys. Die VRL vir Graad 9 – 12 word op 2 November aangekondig.
|
Die matriekleerders wat in 2021 die leisels in Hoërskool Jan van Riebeeck gaan neem, kan u hier aflaai.
|
Ons wens hulle geluk met hulle nuwe verantwoordelikhede en sien uit na hul bydrae tot die skoolgemeenskap.
|
Ons wens al ons ouers en leerders ‘n welverdiende ruskans toe.
|
|
|
|
|
|
|
|
|