|
|
|
|
Die WKOD het uiteindelik ons finale datums deurgestuur sodat ons kan beplan vir die res van die kwartaal.
|
Graad 8 – 11 se finale assesserings vind plaas vanaf 16 November tot 2 Desember. U kan die rooster hier aflaai. Die skool kom op hierdie dae reeds om 12:30 uit.
|
In opdrag van die WKOD, is die meeste van die assesserings se tydsduur verkort. Leerders sal ook slegs getoets word op werk wat in die klas behandel is.
|
Ons herinner u dat hierdie kwartaal se assesserings vir graad 8 en 9 20% van hulle finale punt vorm. Vir graad 10 en graad 11 vorm die finale assessering 40% van hulle finale punt.
|
Op 3 en 4 Desember het leerders die geleentheid om hulle antwoordskrifte en punte te kontroleer.
|
Leerders sal op 15 Desember hulle rapporte ontvang.
|
Alle leerders het reeds die afbakenings vir die finale assesserings skriftelik ontvang. Dit is ook op hulle Google Classrooms geplaas.
|
Leerkragte bied volgende week intervensieklasse aan vir leerders wat ekstra hulp verlang. U kan die rooster hier aflaai.
|
Graad 12 Akademiese prysuitdeling
|
Ons akademiese presteerders in Graad 12 ontvang op Maandagaand 9 November erkenning vir hulle harde werk in hierdie deurmekaar jaar. Die funksie vind in die NGK Tamboerskloof plaas. As gevolg van COVID protokols, word slegs pryswenners en hulle ouers uitgenooi. By dieselfde geleenheid word die nuwe leiers vir 2021 bekend gemaak.
|
Baie geluk aan ons Graad 8 en 9 deelnemers, sowel as ons uitstekende Wiskunde departement. Jan van Riebeeck behaal ‘n vierde plek in hierdie nasionale kompetisie. Voorwaar ‘n puik prestasie!
|
Jan van Riebeeck Skoolskaakklub het op 28 Oktober 2020 om 19:00 in die vakansie ‘n rondte gespeel in die Maties Challenge aanlyn-skaaktoernooi op chess.com. Ons het Gene Louw Laerskool geklop met 9 ½ teen 2 ½. Ons een speler het gesukkel om aanlyn deel te raak van die wedstryd en daarom die twee punte teen ons. Dankie aan al die spelers wat in die vakansie bereid was om te speel!
|
Ons het ook op 21 Oktober 2020 om 19:00 gespeel en ongelukkig verloor teen Deep Blue CC A met 3 ½ teen 8½. Peet Karsten was ons span se suksesvolste speler.
|
Alle bergfiets ryers (ervare of aspirant): Die JvR bergfiets klub is op die been. Ons ry een keer 'n week saam iewers teen ons omliggende berge se hange. Daar is deurgaans ervare toesig.
|
Sluit aan by ons Whatsapp groepie waar die weeklikse reëlings afgespreek word.
|
Kontak asseblief vir Mnr Jan Henning as jy belang stel.
|
Daar is geen kostes hieraan verbonde nie. 'n Valhelm is verpligtend.
|
Laastens wil ek ouers weer aanmoedig om direk met my te skakel indien hulle enige sorge of bekommernisse het. U kan my e-pos by lizette.visser@janvanriebeeck.co.za of ‘n skakel om ‘n afspraak met my te maak.
|
|
|
|
|
|
|
|
|