Nuusbrief-header
13 November 2020
Geagte ouer / voog

Die akademiese jaar staan einde se kant toe. Die graad 12’s se NSS eksamen is in volle swang en die res van die skool gee vanaf volgende week weer wat hulle in hierdie uitdagende jaar geleer het.

Graad 12 Prysuitdeling
Op Maandag 9 November is graad 12’s vereer vir hulle akademiese prestasies. Twaalf matrieks het merietetoekennings vir akademie ontvang, 10 het kleure vir akademie verwerf (‘n gemiddelde persentasie tussen 80% en 84.9%) en 4 matrieks het erekleure vir akademie verwerf met ‘n gemiddelde persentasie van 85% of hoër.

Jonadrie van Aardt is aangewys as die Nuusmaker van die Jaar nadat sy aangewys is as Sarie se eerste Nuwe Gesig.

Die toppresteerders in graad 12 was Louis Jordaan (derde klasposisie), Mia Stoffberg (tweede klasposisie) en Dylan Keyser is aangewys as die Dux leerling van 2020.

Baie geluk aan al die pryswenners wat nie toegelaat het dat 2020 hulle onderkry nie. Ons sien uit na hulle uitslae en weet dat hulle ons besonder trots gaan maak.

Reëlings in verband met die finale assesserings vir graad 8 - 11
  • Sifting begin soggens om 07:00. Leerders moet op die laatste 7:30 by die skool aanmeld.
  • Leerders gaan direk na hulle registerklas toe.
  • Leerders moet die nodige toerusting by hulle hê. Geen toerusting mag tussen leerders of personeel gedeel word nie.
  • Leerders dien handboeke tydens die registerperiode in. Let op dat leerders altyd die vorige dag se vak indien.
  • Leerders word per graad vanaf 12:15 verdaag.
  • Busse vertrek vanaf Maandag 16 November tot Woensdag 2 Desember om 12:30.
  • Leerders wat vir ‘n toets afwesig is, moet ‘n mediese sertifikaat indien. Ouers moet asseblief op die dag van die leerder se afwesigheid vir Me Serrao (eksamenhoof) ‘n e-pos stuur by lize.serrao@janvanriebeeck.co.za
Sport
Amptelike sportbedrywighede is gestaak vir die duur van die toetsreeks.

ATKV Tienertoneel

Ons hou duime vas vir Elzaan Daniels (graad 11) wat deurgedring het tot die Top 12 van die ATKV Tienertoneelkompetisie. Die wenners word Saterdag aangekondig.


Lizette Visser
Waarnemende skoolhoof
facebook instagram custom 
MailPoet