|
|
|
|
Die graad 12 se Rekordeksamen is afgehandel. Vir die volgende twee weke behandel hulle vraestelle en werk aan aspekte wat swak beantwoord is tydens die eksamen. Ons verwag van alle graad 12’s om elke dag in die skool te wees sodat hul goed kan voorberei vir die NSS eksamen.
|
Leerders sal in die volgende twee weke hul toelatingsbriewe vir die NSS ontvang. Hulle sal ook die eksamenreëls en voorskrifte ontvang. Dis uiters belangrik dat hul hier is vir hierdie belangrike inligting sodat die eksamen glad kan verloop sonder enige ontwrigtings.
|
Graad 12’s skryf op Maandag 19 Oktober Lewensoriëntering: hul eerste NSS vraestel. Vir u gerief sluit ons die finale eksamenrooster weer hier in.
|
Alle graad 10 en 11 leerders woon vanaf Maandag 12 Oktober elke dag skool by. Graad 8 en 9 volg steeds die rotasiestelsel vir die res van die kwartaal.
|
Alle graad 10 en 11 LW-leerders skryf 'n formele toets Vrydag 16 Oktober periode 3 en 4 in die saal.
|
Rapporte Graad 8’s en 9’s in groep 1 ontvang Vrydag 16 Oktober hul rapporte. Groep 2 ontvang op Donderdag 22 Oktober hul rapporte.
|
Graad 10 – 12 ontvang almal Donderdag 22 Oktober, die laaste dag van die kwartaal, hul rapporte
|
Vakkeuses vir Graad 10 2021
|
Die sluitingsdatum vir graad 10’s om hul vakkeusevorm te voltooi is Donderdag 22 Oktober. Die skakel is op die dokument wat vir alle ouers gestuur is. Die dokument is ook op Google Classroom. Enige navrae kan u rig aan Me Steyn, die graadvoog, by huibrecht.steyn@janvanriebeeck.co.za
|
Die volgende leerders is deur na die volgende rondte van die WITS-Wiskundekompetisie: Peet Karsten, Gerard Snijders, Ethan Stevens, Stefan Turkstra en Edmund van Rooyen.
|
Die tweede rondte vind plaas die 13de Oktober in Me Serrao se klas tydens periodes 1 - 3.
|
Ons skaakklub het twee spanwedstryde in die afgelope week gespeel in die Maties Challenge aanlyn-skaaktoernooi op chess.com.
|
Vrydag, 2 Oktober om 19h00 het Jan van Riebeeck Deep Blue Chess B in ‘n japtrap kaf gedraf met 9-3. Braam, Gerard, Jan en Peet het albei hulle borde gewen.
|
Woensdag, 3 Oktober om 19h00 het ons teen Vosloosrus Chess Academy te staan gekom en hulle 7-5 gewen. Braam het een bord gewen en een gelykop gespeel. Katrien en Peet het albei hul wedstryde gewen!
|
Span: Braam van der Vyver, Francois Theron, Gerard Snijders, Kartrien du Preez, Lienke du Preez, Peet Karsten, Simon van den Berg (Reserwe)
|
Vrydag 16 Oktober is daar ‘n R250 Takealot geskenkbewys op die spel. Koop jou R5 lootjie op die Karri-toep of betaal kontant by die finansies toonbank.
|
|
|
|
|
|
|
|
|