Nuusbrief-header
20 November 2020
Geagte ouer / voog

Finale assesserings
Die graad 12 NSS eksamen sowel as graad 8 – 11 assesserings verloop vlot. Baie dankie aan alle ouers wat vroegtydig kommunikeer indien hul kinders afwesig of siek is. Ek herinner u dat alle kommunikasie rakende die assesserings gerig moet word aan Me Serrao (die eksamenhoof) by lserrao@janvanriebeeck.co.za.

Junior Taalbondeksamen
Baie geluk aan Lené Vorster (graad 10) wat vir die tweede agtereenvolgende jaar aangewys is as die wenner van die Junior Taalbond Tweetaligheidseksamen. Dit is ‘n nasionale kompetisie wat onderskryf word deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. Ons is besonder trots op haar.

Meegevoel
Ethan Pieterse (graad 9) se sussie is gister oorlede. Ons vra dat u in hierdie tyd aan hom en sy gesin dink.

16 Days of Activism Against Gender-Based Violence
Op 11 November het President Cyril Ramaphosa Suid-Afrikanners aangeraai om swart aan te trek as simbool vir die stryd teen geslagsgebaseerde geweld. As skool, en veral jong mans en jong vroue, steun ons graag hierdie veldtog.

Leerders trek op Vrydag 27 November swart aan, of dra ‘n swart bykomstigheid by hulle uniform.

Sonsondergangkonsert
Arno Carstens, in samewerking met Hoërskool Jan van Riebeeck, hou ‘n sonsondergangkonsert op die Boshoff-sportveld in De Hoopstraat, Tamboerskloof, op Donderdag, 3 Desember 2020.
Kom vier die einde van die eksamen vir die hoër- en laerskoolleerders saam met ons!
Bring jou eie piekniekmandjie en kom geniet die mooi van Kaapstad tussen 18:00 – 20:00.
Kaartjies is op Quicket beskikbaar. https://www.quicket.co.za/events/124205-arno-carstens-sonsondergangkonsert/

JvR Hoërskool-ouers en -leerders kry eerste opsie op kaartjies tot en met Vrydag 20 November 2020.
Hierna sal ons JvR Laerskool-ouers en -leerder ook uitnooi.

Covid-19-prosedures geld. Veilige parkering teen R10-kontant, betaalbaar by die boonste hek se veld.

Laai die uitnodiging hier af.

Lizette Visser
Waarnemende skoolhoof
facebook instagram custom 
MailPoet