|
|
|
|
|
Baie geluk aan ons matriekklas van 2020. Ten spyte van ‘n baie uitdagende jaar, het hulle uitstekend presteer en ons is besonder trots op hulle.
|
83.7% slaag met matrikulasievrystelling.
|
18% slaag met A gemiddeld (16 leerders).
|
23% slaag met B simbole (20 leerders).
|
3 leerders slaag met 7 A’s.
|
21% van die jaargroep verwerf 4 A’s of meer.
|
In totaal is daar 144 vak A’s.
|
Ons het eksamen afgelê in 21 vakke: 16 vakke se vakgemiddeldes is bo 60%. 8 vakke se vakgemiddeldes is bo 70%.
|
Uitsonderlike prestasies:
|
Leah Mascher: 99% vir Ontwerp en 98% vir Visuele Kuns
|
Mia Stoffberg: 97% vir Wiskunde
|
Leerders wat A gemiddeldes verwerf het:
|
- Dylan Keyser: 90,8 met 6 A’s
- Louis Jordaan: 89,5 met 7 A’s
- Mia Stoffberg: 87,8% met 7 A’s
Die akademiese jaar vir die huidige leerders is in volle swang. HIerdie kwartaal se toetsrooster is hier aangeheg.
|
Die SAMO vind plaas 11 Maart 2021, vanaf 12:30 - 13:30. Leerders kan die R20 inskrywingsfooi by die finansiële kantoor of op Karri betaal. Voltooi asb. die volgende skakel ( http://bit.ly/SAMOinskrywing2021 ) teen 3 Maart.
|
Graad 12 Wiskunde-intervensie vind elke Donderdagoggend plaas vanaf 7:00 - 7:40.
|
Sien aangeheg belangrike inligting vir leerders wat enkel busritte wil koop. Geen leerder sal sonder ‘n kaartjie op die bus toegelaat word nie. Besprekings moet die dag voor die tyd gemaak word. Lees verdere besonderhede hier.
|
Die klerewinkel is volgende week oop op Dinsdag en Woensdag vanaf 13:00 tot 14:15.
|
Die sport het hierdie week baie goed verloop. Die graad 8’s het by al die sporte aangesluit en saam deelgeneem.
|
Ons tennisafrigter was ongelukkig hierdie week ongesteld. Tennis oefeninge het egter steeds voort gegaan onder toesig van Juffrou Liezel Turkstra en Juffrou Milandre Bezuidenhout. Enige navrae kan aan Juffrou Bezuidenhout gerig word by milandre.pienaar@janvanriebeeck.co.za. Lesse vind steeds op Dinsdae en Donderdae na skool tot 15:30 plaas.
|
Die bergfietsryklub het hierdie week pragtig ontwerpte T-hemde ontvang. Hierdie hemde sal op 'n geskikte tyd oorhandig word. Huidiglik ontwikkel ons op Dinsdae ryersvaardighede saam met Me. Katja Steenkamp en Donderdae werk ons bietjie aan fiksheid. Ons begin gewoonlik rondom 16:00. Ons kyk na spasie by die skool waar ons moontlik die fietse kan stoor. Navrae kan ook aan Mnr Henning gerig word by die bogenoemde adres.
|
Daar is ook planne om 'n bergfietsbaan op die boonste sportgronde te bou. Dit sal ons die vermoë gee om op ons eie baan te oefen en selfs geleenthede daar aan te bied. Ons wil die weldoener opreg bedank vir die bydraes wat hy lewer en al die geleenthede wat hy moontlik maak.
|
Laastens sluit Mnr Pieter Rademeyer, die nuwe skoolhoof, Maandag 1 Maart by ons aan. Ons vertrou dat hy gou tuis sal voel as lid van die Jan van Riebeeck familie.
|
Op ‘n persoonlike noot, baie dankie aan elke ouer se ondersteuning die afgelope jaar.
|
|
|
|
|
|
|
|