Ons kan ongelukkig niemand by die skool toelaat om handboeke uit sluitkassies te gaan haal nie. Vir die leerders wat dus met hulle hande in hulle hare sit omdat hulle handboeke by die skool is, wees gerus! Snapplify bied tot aan die einde van die jaar gratis toegang tot alle e-boeke. Volg bloot die onderstaande skakel en instruksies. (U kind se opvoeder kan bevestig watter handboeke hulle gebruik of u kan ‘n lys van handboeke vir die jaar hier vind)
* Gratis Suid-Afrikaanse e-handboeke vir die res van die jaar *
Snapplify het in vennootskap met top Suid-Afrikaanse onderwysuitgewers gegaan om * Free Access * van stapel te stuur.
* Free Access * verskaf meer as 5 000 e-boeke, EB- en CAPS e-boeke gratis aan almal wat dit vir afstandsonderrig benodig terwyl die skole gesluit is. Hierdie diens is tot 31 Desember beskikbaar.
1. Gaan na www.snapplify.com/freeaccess
2. Soek na die e-boek wat u benodig en voeg dit by u biblioteek
3. Installeer die Snapplify Reader om u e-boeke te lees
Baie dankie ook aan almal se geduld met Google Classroom. Ons hulplyn word oorval en ons vra u om asseblief geduldig te wees indien u nie onmiddellik ‘n antwoord kry nie. Ons waarborg u, u sal geholpe raak! Kontak vir Alan by help@janvanriebeeck.co.za en onthou om u kind se NAAM, VAN en GRAAD by die e-pos in te sluit. Dit maak die proses net heelwat vinniger aan ons kant.