Beurse
Hoërskool Jan van Riebeeck verbind ons tot kwaliteitonderrig in die klaskamer en bied ook talle geleenthede op die sportveld, die kultuurverhoog en as deel van ons verrykingsprogram. Dit is vir ons ’n voorreg om deur ons beursprogram aan besondere leerders, wat moontlik nie andersins die geleentheid sou gehad het om hul volle potensiaal te bereik nie, die geleentheid te bied om ’n Jan van Riebeecker te word.

Die volgende beurs is tans beskikbaar.
Merietebeurse
Hierdie beurse word slegs op meriete toegeken.
Omvang van beurs: 100% skoolfonds of 100% koshuisgelde, met moontlike finansiële bydraes tot ander skoolgerigte behoeftes. Die omvang van die beurs sal bekend gemaak word, na aanleiding van deeglike assessering van die gesin se omstandighede.
Kriteria:
- Akademies: 90% eksamenpunt in die Junie- en November eksamen van vorige jaar se graad OF
- Akademies: bogemiddeld, (70% en hoër) met in agneming ook van die volgende
-
- Sportprestasie: provinsiale of nasionale
- Bewese Kultuurprestasies
- Bewese leierskapsposisies in vorige skool
-
- Finansiële behoefte: indien die totale inkomste van die huisgesin, minder as R350 000 per jaar
Neem asb kennis dat die volgende dokumentasie benodig word om u aansoek te voltooi (Slegs aansoeke wat volledig voltooi is en alle stawende dokumente aangeheg is sal deur gaan na volgende fase van die aansoek proses.)
Dokumentasie:
- Vorige akademiese jaar se finale rapport,
- 1ste kwartaal van huidige akademiese jaar se rapport
- Geboortesertifikaat
- Bewys van provinsiale of nasionale deelname
- 350-woord opstel deur aansoeker oor watter verskil die beurs in sy/haar lewe sal maak en hoe hy/sy beplan om die geleentheid aan te gryp om terug te gee aan die skoolgemeenskap-moet leerder se eie werk wees en nie deur ouer of KI geskryf wees nie.
- Beide ouers/voogde se ID-dokumente
- Bewys van adres
- Indien een of meer ouer nie betrokke, ‘n beëdigde verklaring wat dit bevestig
- Doodsertifikaat van ouer, indien van toepassing
- Getuigskrif van vorige skoolhoof
- Bewys van huishoudelike inkomste
-
- Indien werksaam, heg nuutste 3 maande se salarisstrokie of nuutste 3 maande se bankstate aan. Indien u ’n eie onderneming bedryf, verskaf asseblief die afgelope 6 maande se bankstate.
- Bewys van SASSA-toelae, indien van toepassing
- Indien werkloos, verskaf asseblief ’n beëdigde verklaring
-
Neem asb kennis:
Slegs kandidate wat aan al die kriteria voldoen sal deur gaan na die volgende fase van die aansoek proses
Volg die skakel om aansoek te doen vir die beurs