Beurse
Hoërskool Jan van Riebeeck verbind ons tot kwaliteitonderrig in die klaskamer en bied ook talle geleenthede op die sportveld, die kultuurverhoog en as deel van ons verrykingsprogram. Dit is vir ons ’n voorreg om deur ons beursprogram aan besondere leerders, wat moontlik nie andersins die geleentheid sou gehad het om hul volle potensiaal te bereik nie, die geleentheid te bied om ’n Jan van Riebeecker te word.
Daar is tans drie tipe beurse beskikbaar.
1. Eeufeesbeurse (Koshuisbeurse) 2026
Ter viering van Hoërskool Jan van Riebeeck se 100ste bestaansjaar, sal daar in 2026 as ’n eenmalige inisiatief,‘n maksimum van 50 beurse toegeken word vir koshuisinwoning alleenlik. Die doelwit van hierdie beurs is om leerders die geleentheid te bied om koshuislewe in ‘n kosmopolitiese stad te beleef.
Omvang van beurs: 100% koshuisgelde vir die volle skoolloopbaan by Jan van Riebeeck Geen ander finansiële bydraes sal gemaak word nie.
Kriteria:
- Ouerhuis buite Kaapse Metropool
- Akademies: 75% eksamenpunt in die Junie- en Novembereksamen van vorige jaar se graad
of
- Akademies: bogemiddeld, met in agneming van ook die volgende
- Sportprestasie: provinsiale of nasionale
- Bewese Kultuurprestasies
- Bewese leierskapsposisies in vorige skool
- Die volle skoolfondsrekening van vorige jaar moet op datum wees.
Dokumentasie:
- Vorige akademiese jaar se finale rapport, 1ste kwartaal van huidige akademiese jaar se rapport
- Geboortesertifikaat
- Beide ouers/voogde se ID-dokumente
- Bewys van adres
- Getuigskrif van vorige skoolhoof
- 350-woord opstel deur aansoeker oor watter verskil die beurs in sy/haar lewe sal maak en hoe hy/sy beplan om die geleentheid aan te gryp om terug te gee aan die skoolgemeenskap
Volg die skakel om aansoek te doen vir die Eeufeesbeurse (Koshuisbeurse).
2. Merietebeurse
Hierdie beurse word uitsluitlik op meriete toegeken. Hierdie beurs word slegs vir een akademiese jaar aangebied, met die opsie vir hertoekenning, sou die beurshouer sy/haar bewese prestasie volhou.
Omvang van beurs: 100% skoolfonds of 100% koshuisgelde of beide. Geen ander finansiële bydraes sal gemaak word nie.
Kriteria:
- Akademies: 85% eksamenpunt in die Junie- en November eksamen van vorige jaar se graad
of
- Akademies: bogemiddeld, met in agneming ook van die volgende
- Sportprestasie: provinsiale of nasionale
- Bewese Kultuurprestasies
- Bewese leierskapsposisies in vorige skool
Dokumentasie:
- Vorige akademiese jaar se finale rapport, 1ste kwartaal van huidige akademiese jaar se rapport
- Geboortesertifikaat
- 350-woord opstel deur aansoeker oor watter verskil die beurs in sy/haar lewe sal maak en hoe hy/sy beplan om die geleentheid aan te gryp om terug te gee aan die skoolgemeenskap
- Beide ouers/voogde se ID-dokumente
- Bewys van adres
- Getuigskrif van vorige skoolhoof
Volg die skakel om aansoek te doen vir die beurs.
3. Merietebeurse, gepaard met moontlike bykomende finansiële hulp
Hierdie beurse word ook op meriete toegeken, maar bykomende finansiële hulp sou ook verleen kon word.
Omvang van beurs: 100% skoolfonds en 100% koshuisgelde, 100% skoolklere, met moontlike finansiële bydraes tot algemene skoolaktiwiteite
Kriteria:
- Akademies: 85% eksamenpunt in die Junie- en November eksamen van vorige jaar se graad
of
- Akademies: bogemiddeld, met in agneming ook van die volgende
- Sportprestasie: provinsiale of nasionale
- Bewese Kultuurprestasies
- Bewese leierskapsposisies in vorige skool
- Finansiële behoefte: indien die totale inkomste van die huisgesin, minder as R350 000 per jaar
Dokumentasie:
- Vorige akademiese jaar se finale rapport, 1ste kwartaal van huidige akademiese jaar se rapport
- Geboortesertifikaat
- 350-woord opstel deur aansoeker oor watter verskil die beurs in sy/haar lewe sal maak en hoe hy/sy beplan om die geleentheid aan te gryp om terug te gee aan die skoolgemeenskap
- Beide ouers/voogde se ID-dokumente
- Bewys van adres
- Indien een of meer ouer nie betrokke, ‘n beëdigde verklaring wat dit bevestig
- Doodsertifikaat van ouer, indien van toepassing
- Getuigskrif van vorige skoolhoof
- Bewys van huishoudelike inkomste
- Indien werksaam, heg nuutste 3 maande se salarisstrokie of nuutste 3 maande se bankstate aan. Indien u ’n eie onderneming bedryf, verskaf asseblief die afgelope 6 maande se bankstate.
- Bewys van SASSA-toelae, indien van toepassing
- Indien werkloos, verskaf asseblief ’n beëdigde verklaring