Aansoeke

Vanjaar se opedae het op 27 en 28 Februarie 2023 plaasgevind.

Laai gerus die beursaansoekvorm vir 2023 hier af.

Hoërskool Jan van Riebeeck se opedag het in 2021 aanlyn plaasgevind. Kyk gerus die onderstaande video as ‘n voorsmakie van wat jy by Hoërskool Jan van Riebeeck kan verwag.

Let asseblief daarop dat alle aansoeke om toelating vergesel moet word van die volgende dokumentasie:

1. Leerder se oorplasingsvorm indien van toepassing
2. Afskrif van leerder se mees onlangse skoolrapport
3. Afskrif van leerder se geboortesertifikaat of I.D.-dokument
4. I.D.-foto van leerder
5. Afskrifte van I.D.’s van beide ouers/voogde
6. Bewys van woonadres waar leerders woonagtig is

Alle aansoeke moet vanjaar aanlyn ingedien word op die WKOD se aanlyn toelatingstelsel.

Klik hier om na die WKOD se webtuiste te gaan.
Kyk gerus die onderstaande video om u met die proses te help.

Belangrike datums:
Aansoeke open:  13 Maart 2023
Aansoeke sluit: 14 April 2023

Vir enige navrae skakel ons gerus by 021-423-6347.

 

X