Aansoeke
OORPLASINGS VIR GRAAD 9-11 VIR 2026
Kontak gerus vir Brigitte Sterrenberg (leerdersake) by admin@janvanriebeeck.co.za of skakel die skool by 021 423 6347
Let asseblief daarop dat alle aansoeke om toelating vergesel moet word van die volgende ondersteunende dokumentasie:
1. Leerder se oorplasingsvorm
2. Afskrif van leerder se mees onlangse skoolrapport
3. Afskrif van leerder se geboortesertifikaat of I.D.-dokument
4. I.D.-foto van leerder
5. Afskrifte van I.D.’s van beide ouers/voogde
6. Bewys van woonadres waar leerders woonagtig is
AANSOEKPROSEDURE VIR GRAAD 8 VIR 2027 EN VIR KOSHUIS
- Aansoeke open op 10 Maart 2026.
- Aansoeke sluit op 14 April 2026.
Alle aansoeke moet aanlyn ingedien word op die WKOD se aanlyn toelatingstelsel.
Klik hier om na die WKOD se webtuiste te gaan.
Ouers sal per e-pos / SMS vanaf 28 Mei 2026 tot 10 Junie 2026 deur die WKOD in kennis gestel word of hul aansoek suksesvol was.
Ouers bevestig aanvaarding aanlyn vanaf 28 Mei 2026 tot 15 Junie 2026.
Na 15 Junie 2026 het ouers / voogde 7 dae om gesertifiseerde afskrifte van die ondersteunende dokumente in te handig.
Koshuisvorms
Aansoeke en enige navrae vir die koshuis kontak gerus vir Nicky Hattingh by finansies@janvanriebeeck.co.za
Let asseblief daarop dat alle aansoeke om toelating vergesel moet word van die volgende ondersteunende dokumentasie:
1. Leerder se oorplasingsvorm indien van toepassing
2. Afskrif van leerder se mees onlangse skoolrapport
3. Afskrif van leerder se geboortesertifikaat of I.D.-dokument
4. I.D.-foto van leerder
5. Afskrifte van I.D.’s van beide ouers/voogde
6. Bewys van woonadres waar leerders woonagtig is
Vir enige navrae, skakel ons gerus by 021-423-6347.