Nuus

Indien u graag nuus oor oudleerders of huidige leerders met die skool wil deel, e-pos gerus nuusbrief@janvanriebeeck.co.za

Hoërskool Jan van Riebeeck maak ook gebruik van Facebook om daaglikse nuus te deel. Gaan “Like” ons Facebook-bladsy en bly op hoogte!

Volg ons ook hier:

    

Groepfoto’s: 7 Oktober 2026

Ons gaan op Woensdag, 7 Oktober, ons groepfoto's vir die jaar neem. Alle leerders word in hul winter-skooluniforms afgeneem. Die 1ste spanne moet asb. hul wedstryddrag saambring vir hul foto's. Vind hier die lys van foto's: ...

Engelse Olimpiade 2027

As jy van Engelse letterkunde hou en dit geniet om interessante nuwe literatuur te ontdek, oorweeg dit om vóór 16 Oktober 2026 vir die SA Nasionale Olimpiade in te skryf. Die Olimpiade vind op 2 Maart 2027 plaas en is oop vir leerders wat ...

Atletiekfees: 16 Oktober 2026

Ons sien baie uit na ons Atletiekfees op Vrydag, 16 Oktober, wat by UWK se atletiekbaan in Bellville aangebied word. Verskeie skole neem aan hierdie middag- en aandbyeenkoms deel, saam met ’n groot aantal van ons eie talentvolle atlete. Ons ...

Redenaars 2027 temas en opleidingsessie

Die 2027-temas vir ATKV-Redenaars is bekend! Nou is dit tyd om ’n tema te kies, ’n beredeneerbare onderwerp daaruit te formuleer, jou navorsing te doen, jou argumente te slyp en jou stem te laat hoor. Ons sal vroeg volgende jaar 'n ...

Graad 10 – 12 Prysuitdeling

Ons jaarlikse graad 12-prysuitdelingseremonie vir 2026 vind vanjaar op Donderdag 8 Oktober 2026 om 18:00-20:30 in die skoolsaal plaas. Alle graad 12-toekennings word tydens hierdie funksie gemaak, maar ook alle graad 10 en 11 sport-, kultuur- ...

Aan al ons sportouers

Baie dankie aan al ons sportouers vir julle ongelooflike ondersteuning gedurende hierdie wonderlike winterseisoen! Ons het saam soveel hoogtepunte beleef, mooi oomblikke gedeel en talle prestasies gevier. Dit is juis die ondersteuning van ons ...

Tafeltennisseisoen op ’n hoë noot afgesluit

HS Jan van Riebeeck se tafeltennisspelers het die 2026-seisoen in ’n gesellige atmosfeer afgesluit. Tussen informele wedstryde deur het spelers saam gekuier, musiek geluister en die hegte kameraderie geniet wat deur die seisoen tussen die ...

Gr. 12: NSS Visuele Kunste praktiese eksamen

Die Graad 12 - Visuele Kunste, praktiese eindeksamen datums is as volg: Donderdag, 8 Oktober van 7:30-14:00 Vrydag, 9 Oktober van 7:30-14:00 Maandag, 12 October van 7:30-14:00 Dinsdag, 13 Oktober van 7:30-14:00 Die finale Graad ...

Kooroefening: 21 September

Alle koorlede moet asseblief daarop let dat daar eerskomende Maandagmiddag, 21 September, vanaf 14:30 tot 16:00 'n baie belangrike oefening sal wees ter voorbereiding van die Feeskonsert vroeg volgende kwartaal. Hierdie oefening sal in Mnr. ...

2026: Graad 8-11 prestasies buite skoolverband

Alle GRAAD 10 tot 12-leerders wat vanjaar sport of kultuur prestasies buite skoolverband behaal het in aktiwiteite wat nie by die Hoërskool Jan van Riebeeck aangebied word nie, moet asseblief die onderstaande skakel teen Vrydag, 25 September ...

Tafeltennis-finale 2026

Op Dinsdag,25 Augustus 2026, het die X-Arena Binnenshuise Sportsentrum (Milnerton) behoorlik gegons toe die finale wedstryde van die skole-tafeltennisseisoen gespeel is! Spanne uit verskeie skole het in die "Girls’ 1st en 2nd Leagues"  en ...
X