Uitsonderlike Prestasies
JANkuns uitstappie
JanKUNS-leerlinge was op ‘n opwindende gallery uitstappie by Everard Read en CIRCA gallery op Woensdag, 26 Maart. Die leerlinge het die kans gehad om die solo uitstallings van kunstenaars Sanelle Agenbach en Tafadzwa Tega te sien.
Interne redenaars 2025 uitslae
Baie geluk, aan ons bekkige redenaars wat op die 10de Maart ‘n hond uit ‘n bos gepraat het!
Hiermee volg die uitslae van vanjaar se redenaarskompetisie:
Juniors (voorbereid):
- 1ste: Isabella Marais
- 2de: Karu Rademeyer
Juniors (onvoorbereid):
- 1ste: Emma Snijders
- 2de: Isabella Marais
Seniors (voorbereid):
- 1ste: Stella Bojé
- 2de: Liela Simpson
Seniors (onvoorbereid):
- 1ste: Stella Bojé
- 2de: Cara Swanepoel
Baie geluk, aan al die deelnemers! Julle het bewys dat julle nie van dié is wat met ‘n mond vol tande sit nie! Ons sien uit na mooi uitslae tydens die ATKV-uitdunne wat op die 22ste en 23ste April afskop!
JvR – Waar almal net hulleself kan wees!
Kyk gerus na ons bemarkingsvideo!
Ons matriekgroep van 2019 vaar uitstekend!
Ons is ongelooflik trots op die Klas van 2019 met hul wonderlike punte! Baie geluk! Daar verskyn ook binnekort ‘n artikel in Die Burger wat meer van ons presteerders sal belig. Loer ook gerus by die skakel na ‘n artikel oor ons toppresteerder, Emil van der Walt.
2019 Jaarboek
Ons wens al ons leerders, ouers, personeel en die res van die Jan van Riebeeck-gemeenskap ‘n wonderlike en geseënde Kersfees en nuwe jaar toe. U kan op u eie tyd na die jaar se hoogtepunte gaan loer wat in ons jaarboek vervat is. Dis ‘n mooi herinnering van al die lekker dinge wat die jaar by die skool gebeur het.
Francois Joubert presteer op vele terreine
Baie geluk aan Francois Joubert (graad 10) wat vir die Wes-Kaapse Skole Swemspan verkies is! Hy gaan in die 2de week van Desember aan die SA Skole Swemkampioenskappe in Pretoria deelneem. Daarbenewens het hy ook tweede beste gevaar (91%) by die Two Oceans Akwarium se Young Biologist-kursus wat hy vroeër vanjaar voltooi het.
WP-Tweekamp
Braam vd Vyver (2de), Dylan Keyser (3de), Daniel Wiese (1ste) en Michael Massyn (4de) het ons trots gemaak by die WP-Tweekamp (liga 2) wat op 12 Oktober gehou is. Hulle het die eerste vier plekker losgeslaan!
Die volgende byeenkoms is Saterdag 3 Desember.
Baie geluk!
Ons musiektrots!
Ons is ongelooflik trots op Gerhard Joubert wat op 12 Oktober aan die finaal van die National Youth Music Competition deelgeneem het. Hy het algeheel tweede gekom (Jordan Brooks, violis, stap weg met die eerste prys), maar is aangewys as kategoriewenner van klavier, beste uitvoering van ‘n klassieke werk en beste uitvoering van ‘n Suid-Afrikaanse werk. Daarbenewens is hy uitgenooi om in 2020 saam met die Namibiese Simfonieorkes te gaan optree. Gerhard is dus in effek die beste o.19-pianis in die land. Dit is voorwaar ‘n uitsonderlike prestasie! Baie geluk, Gerhard!
Oudleerder maak naam
Ons is altyd trots op ons oudleerders wat presteer! Johannes le Roux (matriek 2007) is een van die baasbreine agter die Duchess-drankie wat tans gewildheid (en pryse) oorsee behaal! Lees meer hier:
https://www.fin24.com/…/an-sa-non-alcoholic-drink-is-winnin…
Emil van der Walt
Emil van der Walt se bynaam is nie verniet “Wiskunde” nie! Hy was gedurende die Julie-vakansie vir die derde agtereenvolgende jaar deel van die SA-span wat ons land tydens die jaarlikse Internasionale Wiskunde Olimpiade verteenwoordig het. Ons span het vier brons medaljes verower.
Emil was ook net-net 2de in die jaarlikse Nasionale Burger Wiskunde-kompetisie. Hy het 100% vir die vraestel behaal, maar voltooi dit 40 sekondes na die eerste kandidaat.