Uitsonderlike Prestasies

Tafeltennis-finale 2026

Op Dinsdag,25 Augustus 2026, het die X-Arena Binnenshuise Sportsentrum (Milnerton) behoorlik gegons toe die finale wedstryde van die skole-tafeltennisseisoen gespeel is!
Spanne uit verskeie skole het in die “Girls’ 1st en 2nd Leagues”  en die “Boys’ Premier tot 6th Leagues”  sake uitgespook vir eerste, tweede en derde plekke. Dit was ’n dag van vinnige spel, goeie sportmangees en uitstekende tafeltennis.
Ons is besonder trots dat JvR ook in die finale rondes verteenwoordig was: JvR 1 het in die Seuns 2de Liga om derde plek meegeding, terwyl JvR 2 in die Seuns 4de Liga vir eerste en tweede plek kragte gemeet het.
Baie geluk aan al die spelers en skole wat die finaaldag gehaal het — ’n waardige afsluiting van ’n opwindende seisoen!
JvR se eerste span seuns verower die brons medalje deur hul opponente vinnig uit te skakel, terwyl JvR se tweede span seuns presteer deur n besonderse Goud te behaal. Ons nuwelingspan het hul opponente met slim, vaardige en tegniese spel oortuigend uitgeskakel. Veels geluk!
Die 𝟰𝟲𝘀𝘁𝗲 𝗙𝗜𝗗𝗘 𝗦𝗸𝗮𝗮𝗸𝗼𝗹𝗶𝗺𝗽𝗶𝗮𝗱𝗲 – 𝗱𝗶𝗲 𝗢𝗹𝗶𝗺𝗽𝗶𝗲𝘀𝗲 𝗦𝗽𝗲𝗹𝗲 𝘃𝗮𝗻 𝘀𝗸𝗮𝗮𝗸!

Die 𝟰𝟲𝘀𝘁𝗲 𝗙𝗜𝗗𝗘 𝗦𝗸𝗮𝗮𝗸𝗼𝗹𝗶𝗺𝗽𝗶𝗮𝗱𝗲 – 𝗱𝗶𝗲 𝗢𝗹𝗶𝗺𝗽𝗶𝗲𝘀𝗲 𝗦𝗽𝗲𝗹𝗲 𝘃𝗮𝗻 𝘀𝗸𝗮𝗮𝗸!

Ons is ongelooflik trots op 𝐉𝐚𝐧 𝐊𝐚𝐫𝐬𝐭𝐞𝐧, 𝗦𝘂𝗶𝗱-𝗔𝗳𝗿𝗶𝗸𝗮𝗮𝗻𝘀𝗲 𝗻𝗮𝘀𝗶𝗼𝗻𝗮𝗹𝗲 𝗸𝗮𝗺𝗽𝗶𝗼𝗲𝗻, 𝘄𝗮𝘁 𝗱𝗶𝗲 𝗷𝗼𝗻𝗴𝘀𝘁𝗲 𝗦𝘂𝗶𝗱-𝗔𝗳𝗿𝗶𝗸𝗮𝗮𝗻𝘀𝗲 𝗢𝗹𝗶𝗺𝗽𝗶𝗮𝗱𝗲𝘀𝗽𝗮𝗻 𝗻ó𝗴 𝗴𝗮𝗮𝗻 𝗹𝗲𝗶 en Suid-Afrika teen van die wêreld se beste skaakspelers verteenwoordig!
📍 Silk Road, Samarkand, Oesbekistan
Die 46ste FIDE Skaakolimpiade beloof om ’n geskiedkundige byeenkoms te wees, met ongeveer 400 spanne uit meer as 200 lande wat oor 11 rondes teen mekaar kragte meet.
Vir Jan is dit ’n besondere geleentheid om sy talent op die internasionale verhoog te toets en Suid-Afrika op die hoogste vlak van skaak te verteenwoordig.
Die toernooi val ook mooi tussen die Rekordeksamen en Eindeksamen, wat dit ’n besondere kombinasie van akademiese fokus, sport en internasionale ervaring maak.
Baie geluk, Jan! Ons is trots op jou en wens jou en die Suid-Afrikaanse span alle sterkte toe vir die Olimpiade!
Musiekprestasie

Musiekprestasie

Baie gelyk aan die Cathy Gravell (fluit), wat gekies is as een van 26 Wes-Kaapse verteenwoordigers in die Nasionale Hubert van der Spuy Musiekkompetisie.

Skaak: Camps Bay

Skaak: Camps Bay

Skaakentoesiaste van Jan van Riebeeck het ‘n vriendskaplike skaakwedstryde op Saterdag, 23 Mei 2026, teen Camps Bay High School in die rugbyklubhuis gespeel. Drie wenne en een gelykop dui daarop dat die Jan van Riebeeckers uitstekend gespeel het. Geluk aan Jan Karsten, Aiden Kruger, Sebastian Maree en Cuthan Winter.

Spelers na Wes-Kaap netbalproewe

Spelers na Wes-Kaap netbalproewe

Baie geluk aan ons netbalspelers wat deurgedring het na die finale ronde van Wes-Kaap proewe wat dié naweek van 22- 24 Mei in Riversdal plaasvind. Julle harde werk en deursettingsvermoë werp vrugte af. Ons is ongelooflik trots op julle en wens julle alles van die beste toe vir die komende naweek.

ATKV-redenaars

ATKV-redenaars

Vanjaar dring TWEE van ons leerders deur na die ATKV-redenaars semifinale ronde. Leah Lindeque (Gr. 9) en Karu Rademeyer (Gr. 9) het hul staal tydens die 60ste ATKV-redenaarskompetisie gewys. Dié prestige kompetisie bied elke jaar die geleentheid aan leerders om hul sê met mening te sê en soos altyd het die Jan van Riebeeckers hulle goed van dié taak gekwyt. Beide Leah en Karu neem aan die voorbereide afdeling deel.
Ons wens dié twee leerders alle sterkte toe waar hulle die 28ste Mei ons by die ATKV-Goudini Spa in  Rawsonville vir die semifinale gaan verteenwoordig.
Skaak:ligawedstryde

Skaak:ligawedstryde

Jan van Riebeeck se skaakspan het teen Garlandale High School op Maandag, 4 Mei 2026, gespeel. Hulle het 5-1 gewen. Die span was: Aiden Kruger (Kaptein), Kyle Meissenheimer, Emma Snijders, Sebastian Maree, Adriaan Bredenkamp en Nico Botes.

Skaak: Wes-Kaap Hoërskole Individuele Kampioenskappe

Skaak: Wes-Kaap Hoërskole Individuele Kampioenskappe

Kyle Meissenheimer het gedurende die naweek van 2 en 3 Mei aan die 2026 Wes-Kaap Hoërskole Individuele Skaak Kampioenskappe deelgeneem. Hy het in die o.15 seuns-katgegorie deelgeneem en het ‘n uitstekende vierde plek uit 84 spelers in hierdie provinsiale kompetisie behaal.

Bergfietsuitslae: 11 April 2026

Die span het uitstekend gevaar tydens die wedren wat op Saterdag, 11 April, by Bethlehem Plaas in die Banhoek plaasgevind het. Hier volg die ryers se besonderse uitslae:
  • Cara Swanepoel behaal ’n puik 4de plek in die dames 17-afdeling. Die eerste vier meisies was baie naby aan mekaar, wat vir ’n uiters opwindende resies gesorg het.
  • Altus van Niekerk eindig 21ste in die mans 17-afdeling.
  • In die mans 16-afdeling eindig Dino Burger 50ste, terwyl Sion Grobbelaar 48ste .
  • Luc de Villiers, in sy heel eerste resies, behaal 62ste plek. Hy en Sion het albei in die mans 15-afdeling deelgeneem.
Ons is trots op elkeen van hierdie ryers vir hul deursettingsvermoë, sportmangees en die tyd wat hulle Saterdag opgeoffer het.
Die volgende resies in die reeks is op 16 Mei by Rheebokskloof, Paarl.
Skaak: 7 & 8 Maart 2026

Skaak: 7 & 8 Maart 2026

Aiden Kruger en Kyle Meissenheimer was uitgenooi, nadat hul goed geplaas het in die eerste ronde, om in die volgende ronde van die CT Metro Schools Indivual Closed-toernooi wat op 7 en 8 Maart plaasgevind het, skaak te speel.  Hierdie toernooi trek die beste skolespelers uit die hele Kaapstadse Metropool. Kyle het ’n puik 10deplek in die o/15-kategorie uit 54 spelers behaal. Aiden het uitstekend gevaar deur in die o/18-kategorie ’n silwer medalje uit 100 spelers te verwerf .

Laaste swemgala van die kwartaal

Laaste swemgala van die kwartaal

Ons het die kwartaal met ‘n hoogtepunt afgesluit Donderdag, 5 Maart, met 10 deelnemende skole by Herzlia.
Omdat dit ’n groot interskolegala was, is daar nie individuele uitslae vir hierdie rondte gepubliseer nie. Die spanuitslae het egter soos volg gelyk:
Ek wil ’n spesiale woord van dank rig aan al ons swemmers. Vir die eerste keer sedert ek by swem betrokke is, was oop bane ’n uitsondering die seisoen. Dit getuig van ons entoesiasme as Jan van Riebeeck burgers en die ongelooflike positiewe spanatmosfeer. Julle gees, samehorigheid en bereidwilligheid om vir mekaar op te daag, het die verskil gemaak, al is baie van julle slegs deeltydse swemmers. Dit is regtig ’n voorreg om met hierdie groep Jan van Riebeeckers geassosieer te wees.
’n Groot dank gaan aan Mnr Bester vir sy toegewyde swemafrigting. Die feit dat soveel swemmers week na week die oefeninge getrou bygewoon het, weerspieël die vertroue wat hulle in hom as afrigter het. Sy kundigheid en aanmoediging lê die fondament vir ons span se groei.
Ons is ook baie dankbaar vir Juffrou Steyn, wat elke gala getrou tyd gehou of afgesit of gedoen het wat moes gedoen word. Mnr van Heerden en Wayne vir die reël van die busse en al die uitdagings wat daarmee gepaart gegaan het. Laastens en dalk die belangrikste, baie dankie vir al die ouers se volgehoue ondersteuning.

Cape Co-Ed Fees

Ter voorbereiding vir die 2026-hokkieseisoen het ons o.16- en o.19 seuns- en dogtershokkiespanne aan die Cape Co-Ed Hokkiefees deelgeneem. Die leerders het hulself uitstekend van hul taak gekwyt en deurgaans goeie sportmansgees tot die einde toe getoon.

’n Spesiale gelukwensing aan die volgende leerders wat deur die skeidsregters van die toernooi as spelers van die wedstryd aangewys is: Klara Maree, Jana Maree, Susan Burger, Daniel Wasserman, Francois Joubert en Chean-Roux Theunissen, wat hierdie toekenning selfs drie keer kon ontvang.

X