Huis Jordaan, geleë op die skoolterrein, huisves sedert die begin van 2018 al ons seuns- en dogterkoshuisgangers.  Huis Van der Merwe, wat voorheen die seuns geakkommodeer het, is geleë teen die voet van Leeukop en is die tuiste van studente en ander inwoners wat tans die kamers by die skool huur.  Beide koshuise is opgegradeer en daar kan met ‘n moderne ontspanningsarea, eetsaal, studielokale en badkamers gespog word.

Laai gerus die Koshuisinligtingstuk en Inwonerdatavorm af indien jy ons koshuis jou tuiste gaan maak!

Inligtingstuk

Vorms

X