Ons Visie
Hoërskool Jan van Riebeeck is ‘n skool:
- wat onderrig van hoogstaande gehalte bied;
- wat analitiese vermoë, kreatiewe denke, selfstandigheid, selfvertroue en empatie by elke leerder aanmoedig en ontwikkel;
- wat leerders toerus om die uitdagings van die toekoms vasberade en met vertroue aan te durf;
- wat die karakter van sy erfenis in die hart van Kaapstad weerspieël;
- waar ons mekaar ondersteun in eendersheid en andersheid en
- waar ons geesdriftig deelneem aan akademie, sport en kultuur omdat ons kán en wíl.
Ons Missie
Hoërskool Jan van Riebeeck strewe daarna om:
- ons Afrikaanse Moedertaal te handhaaf en goeie waardes uit te leef;
- eie kultuurskatte te waardeer, maar ook dié van ander te respekteer;
- ‘n weldeurdagte, goedgebalanseerde opvoeding aan jong wêreldburgers te bied en
- te alle tye aan ons integriteit, trots en uitnemendheid geken te word.
Ons Waardesisteem
- Daarstelling van waardegedrewe en professionele onderwys.
- Bevordering van akademiese prestasie en die skep van ‘n leerkultuur.
- Handhawing van dissipline.
- Effektiewe bestuur en leierskap.
- Bevordering van tradisies en kultuur binne ons erfenis en karakter.
- Kweek van lojaliteit en agting teenoor skool en medemens.
- Bevordering van kreatiwiteit.
- Kweek van ‘n gesonde kompetisiegees.
- Ontwikkeling van elke leerder se volle potensiaal.
- Bevordering van gelykheid en menswaardigheid.
- Handhawing en oordrag van gesag en respek.
Ons Kernwaardes
- Trots
- Respek
- Eerlikheid
- Verantwoordelikheid
- Regverdigheid
- Medemenslikheid
- Betroubaarheid
- Volharding