Uitsonderlike Prestasies

Ons musiektrots!

Ons musiektrots!

Ons is ongelooflik trots op Gerhard Joubert wat op 12 Oktober aan die finaal van die National Youth Music Competition deelgeneem het. Hy het algeheel tweede gekom (Jordan Brooks, violis, stap weg met die eerste prys), maar is aangewys as kategoriewenner van klavier, beste uitvoering van ‘n klassieke werk en beste uitvoering van ‘n Suid-Afrikaanse werk. Daarbenewens is hy uitgenooi om in 2020 saam met die Namibiese Simfonieorkes te gaan optree. Gerhard is dus in effek die beste o.19-pianis in die land. Dit is voorwaar ‘n uitsonderlike prestasie! Baie geluk, Gerhard!

Emil van der Walt

Emil van der Walt

Emil van der Walt se bynaam is nie verniet “Wiskunde” nie! Hy was gedurende die Julie-vakansie vir die derde agtereenvolgende jaar deel van die SA-span wat ons land tydens die jaarlikse Internasionale Wiskunde Olimpiade verteenwoordig het. Ons span het vier brons medaljes verower.

Emil was ook net-net 2de in die jaarlikse Nasionale Burger Wiskunde-kompetisie. Hy het 100% vir die vraestel behaal, maar voltooi dit 40 sekondes na die eerste kandidaat.

X