Die jaarlikse Merieteseremonie is op 17 Oktober gehou en dis tydens dié spoggeleentheid waar ons skool se uitblinkers en toppresteerders erkenning kry vir hulle harde werk. Die graad 12’s word ook tydens die plegtigheid vir akademiese uitnemendheid vereer, terwyl die res van die skool se akademiese prestasies eers in die eerste kwartaal van 2020 beloon sal word. Daar word ook elke jaar ‘n paar spesiale toekennings oorhandig. Hierdie jaar se waardige wenners is as volg:

Gerhard Joubert: Veelsydigste Kultuurprestasie en Kultuurnuusmaker van die Jaar
Lené Vorster: Kultuurpersoon van die Jaar

Braam van der Vyver: Veelsydigste Sportseun van die Jaar
Amieke Schumann: Veelsydigste Sportdogter van die Jaar
Stef Mostert: Sportseun van die Jaar
Lydia-Marie Erasmus: Sportdogter van die Jaar
Nadia van Antwerpen: Sportnuusmaker van die Jaar

Lané Beyer: VRL/MR/VRL-voorsitter Leierskaptrofees
Emil van der Walt: VRL & MR Leierskap
Dirk Maree: Leierskapontwikkeling

Dirk Maree: Veelsydigste presteerder (graad 12-seun)
Lané Beyer: Veelsydigste presteerder (graad 12-dogter)

Chelsea Smythe: Graad 12 – Derde graadposisie 90.4%
Dirk Maree: Graad 12- Tweede graadposisie 91.8%
Emil van der Walt: Graad 12 – Dux-leerder 92.4%

Emil van der Walt: Nuusmaker van die Jaar
Emil van der Walt: Jan van Riebeecker van die Jaar

Ons nuwe hoofleiers vir 2020 is ook aangekondig! Baie geluk aan Louis Jordaan (onderhoofseun), Betsy Wilke (onderhoofdogter), Lydia-Marie Erasmus (hoofdogter) en Dylan Keyser (hoofseun en VRL-voorsitter)

0 Shares
X
Copy link
Powered by Social Snap