Gerhard Joubert (graad 12) het gisteraand (10 Oktober) uitgehaal en gewys en is aangewys as een van die ses finaliste in die landswye National Youth Music Competition vir jong klassieke musici tot die ouderdom 19 jaar. Hy en die ander finaliste speel môre-aand (12 Oktober) om 19:00 in die finale konsert by Hugo Lambrechts. FMR saai dit regstreeks uit en dit word ook ge-“livestream’ op hulle Facebook-bladsy. Gerhard gaan die Chopin Klavierkonsert in e-mineur (deel 1) saam met die orkes speel. Baie geluk, Gerhard! Ons hou duimvas vir die finale rondte!