Die o.19-netbalmeisies het ons naels laat kou in ‘n spannende wedstryd teen Dirkie Uys tydens die jaarlikse interskole op 17 Augustus. Hulle het met 24 punte teenoor 23 gewen en daarmee saam die vierde trofee vir JvR in dié kragmeting ingepalm. Ons gholfspan, skaakspan en junior- en seniordebatspanne het ook met die louere weggestap. Ons is trots op als wat die Jan van Riebeeckers die naweek vermag het. Baie geluk!

Benewens ‘n paar netbalspanne wat vir uitspeelrondes moet oefen, is die wintersport is vir eers verby. Ons begin na ‘n kort blaaskans van ‘n week, weer fokus op die somersportsoorte.

0 Shares
X
Copy link
Powered by Social Snap