Vyf leerders het begin Februarie aan die Highgate Interprovinsiale Tweekampkompetisie op Oudtshoorn vir die WP-span deelgeneem.
Daniël Wiese het skitterend presteer en het derde geëindig in ‘n baie sterk o.19-groep. Braam van der Vyver en Michael Massyn (afwesig) het ook heel skaflik gevaar in hierdie o.19-groep.
Die meisies van Jan van Riebeeck was verteenwoordig deur Mari Swanepoel en Mienke Herbst. Mienke het ‘n uitstekende punt van 2075 behaal in die o.15 meisie-groep en Mari het ‘n baie goeie 2012 punte uitgehardloop en swem in die o13s.
Baie geluk aan al die tweekampatlete!