Ons nooi alle graad 12’s en hulle ouers/voogde om op 19 Januarie 2024 om 11:00 aan te meld by die saal om hulle matrieksertifikaat te ontvang. Daar sal ‘n kort saalbyeenkoms wees vanaf 11:00 – 11:45. Ons sien uit om u kind se uitslae te vier.
Let asb. daarop dat die uitslae van voltydse kandidate sal slegs by skole en op die internet beskikbaar wees, en sal NIE by die Wes-Kaapse Onderwysdepartement (WKOD) se Eksamen-kliёntedienssentrum uitgereik word NIE.
Neem asseblief kennis: Geen uitslae mag aan kandidate bekend gemaak word en geen inligting in hierdie verband mag vóór 11:00 op Vrydag, 19 Januarie 2024, aan die media verskaf word nie.
Hernasien en herkontrolering van November 2023 se NSS-antwoordskrifte
- Aansoeke om hernasien en herkontrolering moet via die aanlyn platform aan www.eservices.gov.za gerig word.
- Die sluitingsdatum vir aansoeke vir hernasien is Vrydag, 02 Februarie 2024.
- Die volgende gelde per vak is van toepassing:
- Hernasien: R116
- Herkontrolering: R29
- Besigtiging: R220