Leerders se rapporte is vroeër vandag aan elke ouer of voog via e-pos gestuur. Baie geluk met die leerders se puik prestasie. Ons is werklik trots op uitstaande uitslae die afgelope kwartaal.
Dit is tog belangrik dat u as ouer/voog kennis dra oor die volgende:
- Indien ’n leerder afwesig was vir ’n assessering, maar met ’n geldige rede, verwerk die WKOD die leerder se ander punte tot ’n finale kwartaalpunt sonder dat die leerder benadeel word.
- Indien ’n leerder egter sonder ’n geldige rede ’n assessering misloop, ken die WKOD ‘n punt van nul toe en word die res van die punte verwerk tot die leerder se finale kwartaalpunt.
- Let asb. daarop dat die graad 8 V Wiskunde-punt van kwartaal 2 opgedateer is.
Hierdie was ook nie ‘n eksamenkwartaal vir graad 8 – 11 leerders nie; die toetspunte is egter van groot belang as aanduiding waar ’n leerder staan met betrekking tot akademiese verwagtinge en vordering. Hierdie was ‘n eksamenkwartaal vir die graad 12 leerders en is ‘n goeie aanduiding van ’n leerder se akademiese vordering. Volg die skakel vir die graad 12 NSS-eksamenrooster.
Indien u enige verdere navrae rondom u kind se uitslae het, is u welkom om die graadhoof te kontak of u kan met ons akademiese hoof, me. Liza Serrao, gesels. Stuur gerus ’n e-pos na liza.serrao@janvanriebeeck.co.za.