Claudia Stipp het laasweek die voorreg gehad om die ATKV se kultuurkuier 2023 by te woon. Elke ATKV-tak van regoor die land het een afgevaardigde na die geleentheid gestuur en hulle het by Goudini-Spa saamgekuier. Takke kon idees met ander takke deel en so is almal verryk.

Verskeie werkswinkels is deur die ATKV aangebied. Die takke het die voorreg gehad om na ‘n tema-gesprek met Martelize Brink, Dave Pepler, Denise Stubbs en Johannes de Villiers te luister.

Die hoogtepunt van die prysuitdelingsfunksie was toe Hoërskool Jan van Riebeeck se Strepiestak ‘n toekenning vir ons Afrikaansweek vir ‘n projek van hoë gehalte met TAAL as fokus ontvang het.ydens hierdie funksie het dit veral opgeval hoeveel vrywilligerswerk deur die ATKV-takke gedoen word.

Die ATKV het dit reggekry om ‘n wonderlike netwerk van vrywilligers te vorm wat in hul gemeenskappe dienslewer. Die werk wat hierdie takke doen is merkwaardig.

Mag ons Strepiestak voortbou op hierdie suksesse.

0 Shares
X