Op Donderdag, 31 Augustus, het die graad 12-gasvryheidstudieklas ‘n heerlike afsluitingsuitstappie na Stellenbosch gehad. Die leerders het die geleentheid gekry om ‘n wonderlike eetervaring by The Table @ da Maje Restaurant te geniet. Hier is hulle met ‘n heerlike driegang ete van hoogstaande gehalte bederf. Nie net was die kos uitstekend nie, maar hulle is met hartlikheid ontvang en het deurlopend net die beste diens gekry. Brandon, Leigh en die personeel het seker gemaak dat ons tevrede die pad huis toe kon aanpak. Dankie ook aan al die leerders wat die dag so aangenaam gemaak het.

0 Shares
X