As deel van ons Geskiedenis vakdag het ons vanjaar op 15 September ‘n Kahoot! vasvra gehou. Die vrae het gefokus op algemene kennis oor Suid-Afrikaanse kwessies. Leerders het individueel deelgeneem en moes 20 algemene kennis vrae oor Suid-Afrika op die Kahoot! Toep beantwoord.
Sommige vrae het die deelnemers behoorlik laat kopkrap, bv. Wat is Suid-Afrikaners se gunsteling tydverdryf? Die antwoord was lees en nie braai, soos wat die meeste deelnemers gedink het nie. Luca Zulch in graad 9 het as wenner uit die stryd getree.