Magies vol, ogies toe! Nie wanneer die oë met elke oogwink meer wil proe nie. Dan is die magie skielik dolleeg!
Op 25 Oktober het die Gr. 11-Gasvryheidstudente die geleentheid gehad om ‘n dag te beleef wat op geen ander manier beskryf kan word as merkwaardig en beslis onvergeetlik, nie. Ons leerders het hul dag begin by die Devon Valley Hotel waar hulle ‘n heerlike 3-gang ontbyt kon geniet. By hierdie 4-ster-hotel het die leerders bekendstelling aan die hotelbestuurindustrie en wat dit behels, ervaar. Daarna het hulle ‘n besoek afgelê by die ongelooflike Aaldering wynplaas in Stellenbosch waar hulle die proses van die vervaardiging van kwaliteit wyn eerstehands kon beleef. En wat sal ‘n Gasvryheidsuitstappie dan wees sonder ‘n lip-lek-lekker soethappie wat ‘n tandaartsafspraak in die nabye toekoms inhou? By die CTIA-sjefskool van Stellenbosch is daar bewys dat kuns nie slegs by ‘n canvas en verfkwaste lê nie, maar oorborrel by dié industrie. Beslis die hoogtepunt van die dag en so gou soos nou is elke leerder se mond propvol!
Moenier bekommer nie, ouers! Ons het darem ook gesorg dat u kind goed gevoed is met ‘n onbeskryflike toebroodjie by een van ons oudleerders se klein, maar beslis onvergeetlike restaurant- “Toebroodjie”. Kleure en geure soos geen ander. Definitief die moeite werd. En laaste, maar nie die minste nie kon ons leerders oor ‘n wye spektrum inligting kry oor hul studies na skool by die Internasionale Hotelskool waar hulle ingelig is oor die verskeie kursusse wat aangebeid word en watter kwalifikasies benodig word om in hierdie berdryf sukses te behaal. Wat n lip-lek-lekker dag! – Geskryf deur Michael Schoeman Gr. 11