‘n Herinnnering aan die graad 12-Rekeningkundeleerders aan die verandering in Winterskool datums: Maandag 31 Julie, en Maandag 7 Augustus van 14:15 tot 15:45 in me. Meyer se klas.

Die volgende leerders kwalifiseer vir die tweede ronde van die Proverto Olimpiade:
Graad 10 – Anja Liebenberg vir Besigheidstudies
Graad 11 – Toby de Ruiter, Layla Eramus en Mia Nortje vir Rekeningkunde; Marianne Nel vir Rekeningkunde en Besigheidstudies
Graad 12 – Ethan Stevens vir Rekeningkunde.

Ons wens vir Layla Erasmus en Marianne Nel geluk wat beide 80%+ behaal het tydens die eerste ronde vir Rekeningkunde.

Die tweede en finale ronde vind Woensdag, 2 Augustus 2023, plaas om 14:15 in me. Meyer se klaskamer.

‘n Besonderse geluk aan die volgende leerders wat die beste individuele vordering getoon het in Rekeningkunde vir kwartaal 2. Hierdie leerders het hul punte met 10% verbeter vanaf kwartaal 1:
Graad 9 – Cuthanzario Winter, Amy Jacobs en Mekayla Michaels.
Graad 10 – Cameron Vermeulen.
Graad 11 – Lisa Schoeman en Xenia Massyn.
Dit wil gedoen wees.

0 Shares
X