Die eindeksamen vir graad 8 – 11 skop Maandag, 13 November, af.  Die skool kom daagliks om 12:10 uit en busse vertrek om 12:25.  

Behalwe op Maandag, 13 November, verdaag die leerders om 14:05 (busse vertrek 14:20) en op Maandag, 27 November, verdaag die leerders om 13:00 (busse vertrek 13:15).

Vir u gerief is die eksamenrooster weer hier aangeheg.  Neem asseblief kennis dat die skryftye vir graad 10 Musiek verander het.

  • Ouers word daaraan herinner dat hul die eksamenhoof, Me Steyn, dadelik moet kontak by huibrecht.steyn@janvanriebeeck.co.za indien hul kind die dag nie ‘n eksamen kan bywoon nie.  Ouers moet so gou as moontlik ‘n mediese sertifikaat by Me. Sterrenberg indien. 
  • Leerders moet elke oggend tydens register hul handboeke van die vorige dag se eksamen inhandig.  Leerders wat nie handboeke ingee nie, sal vir die handboeke moet betaal.

Rig asseblief enige navrae in verband met die eksamen aan Me. Steyn, die eksamenhoof, by huibrecht.steyn@janvanriebeeck.co.za

0 Shares
X