Volg die onderskeie skakels vir die lys met die handboeke en skryfbehoeftes per graad vir 2024.

Let asseblief daarop dat u sekere handboeke self moet aankoop (aangedui in “aankoop” kolom) en dat die res van die boeke deur die skool voorsien word vir die akademiese jaar. Die JvR-Rekeningkunde werkboek (Graad 8 & 9) is by die skool beskikbaar. Die werkboeke vir Fisiese Wetenskappe en IGO moet op Karri betaal word. Kontak gerus vir mev. Turkstra (lize.turkstra@janvanriebeeck.co.za) indien u navrae het oor Fisiese Wetenskappe en vir mev. Reineke (carlie.reineke@janvanriebeeck.co.za) indien u navrae het oor IGO.

U kan die boeke aankoop via Snapplify (onthou asseblief om u kind se Google Classroom besonderhede daarvoor te gebruik). Die boeke sal so gou as moontlik aan die begin van die eerste kwartaal by die skool afgelewer word. U kan die boeke ook aankoop op Takealot. Boost (www.boostprocurement.co.za) of by Van Schaik. Die tak in die Stad het ons skool se boekelyste, dus sal hulle u vinnig kan help. U kan ook uitvind of leerders in ander grade nie dalk hul boeke wil verkoop nie en die boeke sodoende tweedehands aankoop.

Snapplify

Baie dankie vir u geduld die afgelope week met ons rakende Snapplify. Hierdie is die eerste jaar wat ons saam met hulle werk, dus leer ons baie uit hierdie proses.

Onthou asseblief dat u die leerder(s) se Google Classroom besonderhede moet gebruik om toegang tot Snapplify te verkry. Indien u die korrekte gebruikersnaam en wagwoord gebruik, maar steeds probleme ondervind, kontak asseblief vir Snapplify by help@snapplify.com. Hulle het ‘n span wat flink en vinnig help om enige probleme uit te stryk.

U sal sien dat sekere boeke as hardekopieë beskikbaar is, en/of as PDF-dokumente. Indien u kind(ers) hardekopieë van boeke gaan gebruik, hoef u slegs die hardkopie aan te koop van boeke wat sodanig op die handboeklys aangedui is. Indien u kind(ers) van e-boeke gebruik gaan maak, moet u asseblief die PDF-formaat aanskaf. U hoef dus nie die boeke wat deur die skool voorsien word aan te koop nie, tensy u kind(ers) van e-boeke gebruik gaan maak.

Indien sekere boeke nog nie hierdie naweek op die platform beskikbaar is nie, behoort dit wel teen Maandag beskikbaar te wees.

U is welkom om steeds bestellings op Snapplify te plaas. Die bestellings wat van nou af geplaas word, se boeke word vroeg in die eerste kwartaal by die skool afgelewer.

2023 Handboeke

Leerders moet asseblief alle handboeke wat deur die boekestoor aan hulle uitgereik is, inhandig gedurende die eksamen. Boeke word ingegee die dag na leerders ‘n vak se vraestel geskryf het. Indien ‘n leerder versuim om handboeke in te handig of boeke verloor het, vra die skool R300 per boek, sodat ons die boek(e) kan vervang. Ons vra asseblief u samewerking in hierdie verband sodat u nie onnodige uitgawes gedurende hierdie tyd van die jaar het nie.

0 Shares
X