Donderdagaand, 3 Augustus, het ons Akademiese Portefeulje ons jaarlikse Vasvra-aand gehou – en was dit opwindend!
Die aand het begin met ‘n ysbreeker Kahoot waar Luca Zulch en Carla Snijders (beide graad 9) se span,Flinkdinkers, voorgeloop het. Na afloop van nog twee Kahoot’s was Flinkdinkers al agt punte voor en was daar omtrent niks wat enige ander span sou kon doen om hulle punte telling hoër as agt te kry nie. Flinkdinkers was die wenners van ‘n R300 Shift geskenkbewys, en daar was ‘n gelykop vir 2de plek waar 2 spanne, onderskeidelik Giulia Nel en Lipumile Olifant, en Fredrich Erasmus en Daniel Wasserman beide geskenkmandjies ter waarde van R150 elk gekry het.
Baie geluk aan almal wat deelgeneem het, en veral aan dié voorloper graad 9 span.