Die WKOD het gedurende kwartaal 2 ‘n kunsprojek vir alle Graad 11-leerders, wat Visuele kuns en/of Ontwerp as vak neem, geloods. Die projek word in samewerking met die UCT Irma Stern Museum aangebied. Alle leerders se werke word digitaal ingestuur en ten toon gestel op ‘n virtuele platform. Dit word deur ‘n onafhanklike paneel van Kuns-en Ontwerp spesialiste beoordeel, waar die beste werke in die provinsie gekies word om by die UCT Irma Stern Museum uitgestal te word.
Ons is baie trots dat Amarissa Bouwer, een van Jan van Riebeeck se Graad 11-leerders, se werk vir hierdie uitstalling gekies is. Die opening van die uitstalling is op 16 September en kan tot 23 September besigtig word.
0 Shares
X