Die proses is as volg:

U as ouer/voog voltooi die eerste gedeelte van die vorm en daarna moet u kind asb. sorg dat die huidige vakonderwyser, die beoogde vakonderwyser asook sy/haar graadhoof die vorm teken.  Daarna kan u kind die vorm by die akademiese hoof indien.  Die akademiese hoof sal vir u kind ‘n toestemmingsbrief gee sodra die WKOD die aansoek goedkeur het en eers daarna mag u kind van vak verander.  Kontak me. Liza Serrao (liza.serrao@janvanriebeeck.co.za) indien u nog vrae het.

  • Graad 12 – Aansoek deur ouer/voog/primêre versorger.  Slegs een verandering. Sperdatum is 6 Desember 2023. 
  • Graad 11 – Aansoek deur ouer/voog/primêre versorger. Twee veranderinge toegelaat.  Sperdatum is 29 Februarie 2024.
  • Graad 10 – Aansoek deur ouer/voog/primêre versorger. Twee veranderinge toegelaat.  Sperdatum is 7 Junie 2024.
0 Shares
X