Ons nuwe leiers het Donderdag, 7 September, koppe bymekaargesit en die rol van ‘n leier, die ware betekenis van leierskap en eienskappe van ‘n goeie leier bespreek.
Portefeuljes is uitgepak en daar is begin met beplanning aan ‘n splinternuwe termyn.
Ons benader leierskapontwikkeling by JvR op ‘n praktiese manier, maar lê ook klem op die waarde van kennis en opleiding. Ons nuwe leiers is kreatief en baie opgewonde om saam met hul maats en die hele skoolgemeenskap aan ons skool se visie en etos te bou. Hulle is oorgehaal om as ‘n eenheid die trotse skoolgees-ervaring te beleef – soos nooit te vore nie!
Die leiers kon ook tussendeur die harde werk lekker sosiaal verkeer. Vroeg Vrydagoggend is hul teen Tafelberg op en kon hul weer opnuut in waardering staan oor waar ons skool geleë is.
Dit was werklik ‘n genotvolle en leersame ervaring!